Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

Dís wat fout is met iPhone 5

2012-09-20 08:44
Tweets Share Share line Print

Die vyfde iPhone is onlangs vrygestel. Ten spyte van louwarm resensies het meer as twee miljoen mense dit reeds bestel – iets wat 'n mens seker nie moet verbaas nie, aangesien gebruikers hierdie produk selde met hul verstande aanskaf.

Daar is nie juis iets slegs wat 'n mens oor die nuutste iterasie van Apple se selfoon kan sê nie. 'n Mens sou seker daarop kon wys dat die selfoon se skraler dikte 'n pseudo-prestasie is, aangesien dit ook hoër as vorige weergawes is (sekerlik is 'n dunner toestel slegs iets om oor huis toe te skryf as die res van die afmetings dieselfde gebly het?), maar dan sou 'n mens jouself ook moet herinner dat jy besig is om muggies te sif oor 'n paar millimeter staal.

Bowenal moet 'n mens toegee: die iPhone is 'n goeie selfoon. 'n Uitstekende een, selfs. Dit was van die begin af. Apple maak goeie hardeware en alles wat hulle ontwerp, is maklik om te gebruik. Dit is trouens so maklik dat 'n mens nie twee keer hoef te dink oor wat jy moet doen om vir die eerste keer daarmee te werk nie. "Dit werk net", was nog altyd die maatskappy se mantra en het hulle in staat gestel om produkte te maak wat selfs die grootste leke kan gebruik. In hul eie woorde: "when something exceeds your ability to understand how it works, it sort of becomes magical."

Oumas dwarsoor die wêreld weet dus nou intuïtief hoe om prentjies van katte op iProdukte te roteer. Dis seker goed en wel, maar 'n mens moet wonder of hierdie obsessie met gebruikersvriendelikheid (en die manier waarop Apple se aanhangers dit aanprys) geregverdig is.

Ten diepste is dit uiters minagtend, aangesien dit aanneem gebruikers is nie in staat daartoe om vir hulself te dink nie.

Niemand het immers die eerste maal by 'n kar ingeklim en "net geweet" hoe alles werk of leer lees en sommer "net geweet" wat om met al die karaktertjies op die flitskaarte te doen nie. Mense wat die eerste maal probeer om enigiets ingewikkelder as toebroodjies vir aandete voor te berei, weet ook nie "sommer net" hoe elke liewe kombuisimplement werk en wat hoe lank teen watter temperatuur warm gemaak moet word nie. In al hierdie gevalle moes mense die moeite doen om vir hulself dink.

Intuïsie kan 'n mens net so ver bring – daarna moet 'n mens jou brein inspan en kennis begin assimileer. Apple (en die generasie UX-kenners wat hulle help inspireer het) se klem op bruikbare sagteware is oordrewe. Uitmuntende interfaces is nie regtig so belangrik soos die vermyding van slegte interfaces nie. 'n Kar met 'n ongemaklike stuurwiel kan steeds bestuur word; 'n kar daarsonder is disfunksioneel.

As jy kan lees, kan jy waarskynlik enige toestel met 'n middelmatige interface bemeester – en dan verval die magiese waarde van intuïsie waarop Apple so dikwels steun heeltemal.

Apple-aanhangers mag dit dalk moeilik vind om te glo, maar contrary to popular belief is dit soms goed vir mense om nuwe dinge te leer. Gebruikers mag dalk glo hulle beleef iets magies, maar in realiteit geld die volgende: “when something exceeds your ability to understand how it works, you’re not smart enough.”

Daar is waarskynlik niks fout met die iPhone 5 nie – en dis dalk juis die probleem.

 – Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.