Johan Swarts

Die waan van 'n e-posveldtog

2010-03-11 07:53
Tweets Share Share line Print

Verbeel jou jy besit ‘n fabriek. (Niks uitspattig nie – sommer een wat  mieliemeel of rubber-eendjies vervaardig.)

As groot kokkedoor van ‘n industriële panasee is jy aan die stuur van ‘n legioen getroue fabriekswerkers wat verseker dat elke afdeling van jou geldmeul soos ‘n goed geoliede masjien funksioneer. Julle lewer klokslag elke dag ‘n rekord aantal mieliemeel (of eendjies) wat teen rekordpryse verkoop.

Sal daar ooit ‘n dag aanbreek dat jy aandring om elkeen van jou fabriekswerkers se dagtake namens hulle te verrig? Sal jy die meule wat die mieliemeel maal angsvallig vir krake inspekteer? Sal jy die vloere soggens self skoonskrop? Sal jy die mielies een vir een van die vragmotors aflaai en op jou skouers in die snikhete son na die fabriek dra? As ‘n vervoerband breek, sal jy die instandhoudingspan opsy stoot, jou gereedskapskis uitruk en dit vlytig begin regmaak?

Of: verbeel jou jy rig die nasionale rugbyspan af. Sal jy na afloop van elke aanslaan of hoogvat in ‘n wedstryd daarop aandring om in die aanslaner of hoogvatter se plek te speel, sodat jy dit foutloos kan doen? Sal jy elke verspilde poging om ‘n drie te vervyf as ‘n geleentheid sien om die res van die wedstryd se skopwerk self af te handel? Sal jy self die sand gaan haal om die bal op neer te sit? Sal jy altemit voor elke wedstryd die veld se gras sny? Die lyne kalk? Die spreiligte aansit? Die spelers se klere vir hulle was en hul waterbottels volmaak?

Of sê nou jy’s die gerespekteerde dirigent van ‘n simfonieorkes – sal jy elke orkeslid se instrument noukeurig op eie houtjie stem? Sal jy die houtblaasseksie se lopies vir hulle tydens uitvoerings speel? Sal jy die koperblasers se spoegkleppe vir hulle na elke beweging leegblaas? Sal jy daarop aandring om elke stryker se stok voor en na vertonings self met harpuis te bestryk? Sal jy stoele en musiekstaanders verhoog toe aandra, seker maak elke musikant se strikdas sit reg, hul hemde stryk en hul hare kam? Na afloop van elke concerto, sal jy na elke gehoorlid gaan en hul hande self herhaaldelik teen mekaar voeter?

Behalwe as jy aan ‘n oneweredige grootheidswaan ly - behalwe as jy so ydel is om te dink dat jou hipotetiese fabriek, rugbyspan of orkes se afsonderlike komponente, instrumente en rolspelers nie sonder jou insette op alle vlakke kan funksioneer nie, is jou antwoord op al hierdie vrae waarskynlik: “nee”.

Geen mens kan dit doen nie.

Hoekom, dan, is mense onder die indruk dat hulle die groei, vertakking en ontwikkeling van ‘n taal soos Afrikaans tot in die fynste besonderhede kan beheer? Hoekom reken hulle dat die taal se voortbestaan afhanklik is van die taalbeleid van ‘n Bolandse universiteit? En hoekom op aarde het ek die afgelope twee weke talle e-posse van bekommerde Maties ontvang wat my aanraai om tog net vir die regte, Afrikaansgesinde kandidate in die US-raadsverkiesing te stem?

Kan ‘n mens werklik so naïef wees om te dink dat die doen en late van ‘n paar honderd akademici binne ‘n paar dosyn geboue die lot van ‘n immergroeiende taal - wat letterlik in die uithoeke van die aarde gepraat word - kan bepaal?

‘n Universiteit hou sigself immers besig met wetenskap – ‘n dissipline wat die werklikheid beskryf en uitpluis, nie voorskryf en fabriseer nie. Taalwetenskaplikes “bou” nie ‘n taal nie – hulle omskryf en sistematiseer dit wat in die volksmond waargeneem kan word. Afrikaans (soos enige ander lewende taal) is nie staties nie, maar deurgaans besig om te ontwikkel en te vertak. Hierdie ontwikkeling vind daagliks in en op honderdeduisende huise, strate, kantore, kerke, supermarkte, restaurante, skole, kampusse en verskeie ander terreine plaas. Soos die samelewing verander, so groei en verander Afrikaans.

Soos ‘n fabriek is ons daagliks besig om Afrikaans uit te karring, met ons ervarings en omstandighede as roumateriaal. Soos ‘n kolossale rugbyspan is ons besig om aan verskillende taalspele in derduisende kontekste deel te neem en konstant nuwe betekenis daarmee te skep. Soos ‘n simfonieorkes is ons besig om saam – elkeen op ons eie, idiosinkratiese manier – deel te neem aan iets beeldskoon wat menslike emosies tot in die fynste besonderhede kan verwoord.

As dit dan absurd is om vingeralleen elke detail van "geslote" sisteme soos fabrieke, simfonie-uitvoerings en rugbywedstryde te wil beheer, hoeveel te meer is dit nie onmoontlik om die ontwikkeling van ‘n "oop" sisteem – soos ‘n taal – onder jou vingerpunte te probeer hou nie? Hoe waanwys, hoe arrogant, hoe naïef moet ‘n mens nie wees nie om te dink jy selfs ‘n jota hiervan kontroleer en in ‘n bepaalde rigting stuur nie?
 
Met ‘n e-posveldtog?

You have got to be kidding me.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Group Internal Auditor

Cape Town, South Africa
MBA Service Holdings Pty Ltd
R500000

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.