Johan Swarts

Die feit is...

2010-03-04 09:44
Tweets Share Share line Print

Ek het onlangs op 'n gerespekteerde joernalis se blog afgekom, waarop sy 'n analis se toptien "tendense" vir 2010 gelys het. Nadat ek die betrokke inskrywing gelees het, was ek egter ietwat teleurgesteld – die “tendense” wat die analis vir 2010 voorspel het, was na my mening nie slegs in vele gevalle ou nuus nie, maar plek-plek nie eers oorspronklik nie.

Spesifiek Seth Godin se konsep van permission marketing aan stamme ("tribes"), oop gesprekke met verbruikers en die derduisende nisse wat die internet die afgelope dekade geaksentueer het, het aan bod gekom.

Só het ek dit toe ook via kommentaar op die gerespekteerde joernalis se inskrywing te kenne gegee: ek sou graag wou sien dat daar ten minste 'n bronverwysing na, byvoorbeeld, Godin is wat erkenning aan die betrokke idees gee, eerder as dat daar bloot daarna verwys word en die persepsie ontstaan dat die idees die analis s'n is.

Die joernalis het spoedig 'n e-pos aan my teruggestuur waarin sy die analis versoek het om my "beskuldiging" van plagiaat op te klaar. Die individu het gereageer en laat weet dat hy nie tyd wil afstaan aan 'n antwoord nie. Een van sy redes was dat, hoewel ék bewus is van Godin se idees, baie ander mense nie is nie en dat daar boonop iets soos 'n "kollektiewe bewussyn" is. (Hoe 'n kollektiewe bewussyn onder baie mense wat nié van ‘n idee bewus is nie kan bestaan, is vir my onduidelik.)

My reaksie was dat min mense wat bewus is van 'n idee nie iemand vrystel van die verantwoordelikheid om 'n bronverwysing na die betrokke idee te hê wanneer dit gepubliseer word nie.

Skaars 'n dag later het ek die volgende repliek van die joernalis, wat deurgaans in die e-posgesprek betrokke was, ontvang (name verwyder):

"Dear Johan and [Analyst]

I have discussed the matter of Johan’s assertions with [Person X], the founder of [Person X's website] and [Person X's magazine] who is a well established journalist in his own right.

I have also done research to assess the validity of Johan’s claims or criticisms against the article in question [...] My and [Person X's] viewpoint is Johan’s accusation of plagiarism is groundless and without merit."

Lees dit weer.

"Research".

Minder as ‘n dag later.

O, wee.

Daar is nie werklik 'n manier waarop enigiemand navorsing oor die betrokke onderwerp kan doen en nié ontdek dat konsepte soos permission marketing, stamme en nismarke niks nuut is nie. Godin se hele Tribes (2008), sowel as verskeie van sy ander publikasies en talle van sy bloginskrywings, maak dikwels melding hiervan. Trouens, die idee dat die samelewing na afloop van die modernisme gefragmenteerd is in verskillende "stamme" is 'n narratief wat sigself al vir dekades bekend is.

Hoe dit ookal sy: die joernalis se "navorsing" het, volgens haar e-pos, bestaan uit die opinie (!) van een enkele persoon, sowel as (so vermoed ek, hoewel dit onregverdig sal wees om dit aan te voer sonder bewyse) 'n paar Google-soektogte. Aldus: sy het haar stellings op hoorsê berus.

Neem 'n oomblik en verteer dit.

Iemand het iets gesê en, bloot omdat die joernalis die betrokke persoon vertrou het, het sy geglo dis die waarheid. And here’s the clincher: sou die bogenoemde verhaaltjie nie slegs 'n e-pos behels het nie, maar 'n volbloed nuusberig in 'n dagblad, sou derduisende mense die "feite" wat vir hulle opgedis is as geverifieerd aanvaar, omdat hulle onder die indruk is dat koerante hulle data nagaan vir foute. ‘n Kenner of twee uit ‘n paar duisend mense mag dalk die foute optel en ‘n brief daaroor skryf om te kla (daar mag selfs ‘n erratum verskyn), maar vir die res van die koerant se lesers sal die foute gekonstateer wees as feite.

Omdat iemand geluister het na iemand anders wat ‘n opinie gehad het.

'n Groot bohaai is al die afgelope paar jaar opgeskop oor koerante wat besig is om uit te sterf. Dit is inderdaad al ou nuus dat mediamaatskappye se inkomstemodelle verouderd is en nie werklik met die internet se bykans gratis vloei van inligting kan kompeteer nie. Almal weet joernaliste kry swaar. Almal weet Rupert Murdoch sanik en dreig om die internet toe te maak. Almal weet die New York Times het onlangs 'n paywall vir hulle webtuiste afgekondig.

Wat almal skynbaar nie besef nie, is dat die einste koerante wat sommige so dringend wil beskerm, in sommige gevalle nie eers noodwendig beskerming verdien nie. Al wat nodig is vir 'n storie om die waarheid te verdraai, is 'n joernalis (dikwels met goeie bedoelinge) wat onkundig oor 'n spesifieke veld is, maar opdrag gekry het om ‘n storie daaroor te skryf.

Dis immers een ding om 'n binneband in die pad buite 'n plakkerskamp te sien brand en af te lei die inwoners betoog teen slegte dienslewering. Dis 'n heel ander storie om oor spesialisvelde, waarvan jy duidelik niks weet nie, verslag te lewer.

As gerespekteerde joernaliste begin om navorsing met opinie te verwar, is dit dalk tyd om die lof wat so dikwels deur voorstaanders van die sogenaamde "tradisionele media" aan joernalistiek toegedig word, te heroorweeg.

– Johan Swarts is 'n skrywer, vervaardiger en sosiale mediakenner. Hy is 'n behendige fabriseerder van digitale media, lief vir filosofie en verknog aan musiek. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bfn: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Legal Counsel

Randburg, South Africa
MultiChoice Africa
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.