Johan Swarts

'Debat' oor taal net 'n rookskerm?

2011-11-22 07:26
Tweets Share Share line Print

Seks, godsdiens en politiek, lui ’n gesegde, is drie dinge waaroor beskaafde mense hulself eerder nie in die openbaar moet uitlaat nie. In Afrikaners se geval, lyk dit my, is daar dalk net ’n vierde onderwerp wat by hierdie lys hoort: “Afrikaans by Maties”.

Dis waarskynlik ’n kontensieuse onderwerp vir enige Suid-Afrikaner, maar in my ervaring is dit veral moeilik om gesprekke met Afrikaners hieroor te voer sonder dat emosies die oorhand kry. Die diskoers is verwikkeld en verweef met soveel verskillende kwessies dat dit moeilik is om ’n enkele vraagstuk uit te lig vir bespreking.

Deelnemers aan die taaldebat het dikwels nie eens self konsensus waaroor hulle debatteer nie. Toets dit gerus: speel duiwelsadvokaat tydens ’n braai en stel voor dat Stellenbosch nie Afrikaans moet bly nie. Jy sal ’n hele boel reaksies kry wat wissel van die behoud van Afrikaans as akademiese taal tot standpunte oor moedertaalonderrig en die grondwet. Jy sal woorde hoor soos: “maar dan gaan alles stelselmatig verengels!”, “daar’s klaar twee ander Engelse universiteite in die provinsie!” en: “wie benefit al weer? Die ryk Engelse wittes!”
   
By 2011 se jaarlikse konvokasievergadering op Stellenbosch het ’n man selfs arrogant die standpunt gemaak dat “hulle” nou al weer by “ons plek – ons universiteit!” kom indring.

Almal vergeet gerieflikheidshalwe dat “Afrikaans” baie soos “God” is: dis ’n bedrieglike vae begrip waarvan die betekenis selde uitgeklaar word.

Waarna word daar immers verwys wanneer mense van “Afrikaans” praat? Dis sekerlik nie goed genoeg om bloot “die taal” te antwoord nie. Wat beteken dit? Na watter “Afrikaans” verwys “die taal”? Algemeen Beskaafde Afrikaans? Kaapse Afrikaans? Oranjerivierafrikaans? Oorlams? Tienerkaaps? Sabela? Namibiese Afrikaans? (Wat sou Wambüseun oor hierdie hele affêre te sê gehad het?)

Is Afrikaans die abstrakte raamwerk waarin werkwoorde in onderskikkende sinsverband aan die einde van 'n klous geplaas word, ontkenning meestal deur ’n ontkenningspartikel gemarkeer word en die verlede vorm van die werkwoord wat “bestaan” aandui dieselfde is as die teenwoordige vorm van die een wat aandui dat jy jouself met ’n spons vryf?

Het dit bloot te make met ’n sekere woordeskat, ’n bepaalde stel kulturele norme, ’n voorkeuruitspraak? Is “Afrikaans” die ding wat maak dat mense aandring op “suiwer” taalgebruik en Engelse invloede teen alle koste uit die weg probeer ruim?

Is dit die taal van Etienne Leroux of Abu Bakr Effendi?

Wat beteken dit as mense sê hulle praat nie van “eksklusiewe Afrikaans” nie, maar eerder van “inklusiewe Afrikaans”? Wie se Afrikaans is dit wat so inklusief is? Wie is die mense wat so verskriklik ingeslote voel in hierdie Afrikaans? Hoe lyk die onderskeie skoolstelsels waaruit hulle kom? Hoe lyk hulle koopkrag? Wat is hulle aspirasies? Kan een groep mense se verklaring dat hulle inklusief dink ander se gevoelens en vooroordele wat oor dekades opgebou is, ongedaan maak?

(Dieselfde vaagheid geld ook vir die begrip “moedertaalonderrig” wat dikwels met fanfare ingespan word en waarop ’n strydros soos Marié Heese haarself onlangs weer beroep het. Wie se moedertaal, nogal, Marié? September s’n? Mohamed s’n? Du Preez s’n? Nangombe s’n?)

Hoe vaer ’n begrip, hoe beter kan dit as ’n rookskerm misbruik word. Voor daar nie ordentlik uitsluitsel gegee word oor wat presies “Afrikaans” veronderstel is om te beteken nie,  kan die taalstryders en hul opponente sê wat hulle wil – hulle “debat” is dan niks anders as die dryf van ’n teenstrydige klomp agendas nie.

Nes kreasionisme en pierewaaierige dominees weinig met “God” te make het, twyfel ek of die taaldebat al ooit werklik enigiets met Afrikaans te doen gehad het. Voeg hierby die feit dat miljoene jong mense tans sonder werk sit in ’n land waar die meerderheid van hulle nie enige vorm van “Afrikaans” onder die knie het nie en die “debat” begin alte veel te lyk na voortgesette pogings om ekonomies eerste viool te probeer speel terwyl Rome in vlamme opgaan.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Negotiable

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

SharePoint Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.