Johan Swarts

Botter sal nie in ons monde smelt nie

2011-08-30 07:20
Tweets Share Share line Print

Kerke is soms maar lekker ingat.

Die meeste lidmate is raakvatlidmate. Hulle is barmhartig en diensbaar en so aan – hulle speel in die orkes, woon eredienswerkgroepe by en vleg blommerangskikkings met lintrosies in bypassende motiewe vir die oggenddienste.

Hulle organiseer uitreikaksies in hul vrye tyd, rits op eie onkoste rond om kospakkies aan behoeftiges uit te deel en bied wiskundelesse vir kinders in arm woonbuurte aan. Kom bazaar-tyd, ken die meeste van hulle se toffie-appels geen gelyke nie. Hulle is bobase by die pannekoektafel. Had hulle die toestemming (en die kerk se sleutels), het hulle waarskynlik elke Sondag tougestaan om die klok te lui sodat die koster 'n uurtjie later kan slaap. Uit die goedheid van hul harte.

Van hulle soek die kerk egter steeds geld.

Hulle kan die moederskamers se kussings pof tot hulle blou raak, maar hul maandelikse tiende sal die ondankbare kerk steeds van hulle verwag.

Dis ook nie iets wat ’n mens in wiskundelesse of pannekoeksweet kan afbetaal nie – hulle soek dit in harde kontant.

’n Mens sou tog dink dat al hierdie raakvatlidmate een of ander vorm van afslag moet kry vir die arbeid wat hulle verrig. Tyd is tog geld in vandag se samelewing en kitare, klankversterkers, blompotte en petrol is ook nou nie juis perde koop nie. (Om nie van die vaardighede te praat wat kitaardrukke en kleurkoördinasie verg nie!) Helaas: vir hulle sal daar gefrons word as hulle hierdie monetêre las probeer ontwyk.
Op hierdie manier het tiendes eintlik verbasend baie in gemeen met welvaartsbelasting vir wit mense.

Dis ’n welbekende feit dat alle wit mense in Suid-Afrika veel meer doen as wat van hulle verwag word. Die laaste een van ons is immers raakvatburgers wat woeker agter die land se spreekwoordelike pannekoektafels en fondse vir die behoeftiges insamel. Nie ’n enkele een van ons kruip ooit agter diefwering weg en wys smalend na die letsels en misstappe wat daagliks begaan word nie. Ons doen veel meer as om net geld na SARS te gooi en te hoop die res kom vanself reg: ons is aktief betrokke by elke sektor van die samelewing.

Ons pof die kussings in Manenberg, in Blikkiesdorp, in Diepsloot. Ons maak toffie-appels vir die kinders van Nyanga en Boipatong. Ons lui die klok in Mamelodi en rits op eie onkoste in Vosloorus en Mitchell’s Plain rond om kospakkies uit te deel, wiskundeklasse aan straatkinders te gee en bendes te bekeer. Ons is die sout van die aarde wat lintrosies in blommerangskikkings regoor Suid-Afrika se probleme vleg. Raakvatburgers, ons.

Schadenfreude is vir ons Grieks. Ons kla nooit nie, is nie paranoïes nie, wys nooit vinger nie en wil onder alle omstandighede ons beste vir Suid-Afrika en al haar mense gee. Nie omdat ons wetlik daartoe verplig is nie, maar omdat ons dit na die beste van ons medewete graag uit eie oortuiging wil doen – omdat dit vir ons moreel reg is.

Botter sal nie in ons monde smelt nie, so verskoon ons asseblief as ons ’n opregte pleidooi om finansiële hulp van ’n eerbare godsman summier van die hand wys.

Ons doen reeds so baie.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.