Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Johan Swarts

'Afrika-oplossings' bloot vir witvoetjie soek

2012-11-08 07:44
Tweets Share Share line Print

Ek dink nie 'n mens kan Jacob Zuma se aanspraak dat "African problems should be solved the African way" ernstig opneem nie.

'n Mens kan lank debatteer oor wat iets (of iemand) "African" sou maak. Ek het self in 'n stadium geglo dat ek hierdie etiket om my nek kan hang, maar ek is nie regtig meer so oortuig hiervan nie. Ek vind die begrip vaag en oorgebruik deur sowel Afrika-nasionaliste as liberale opportuniste.

Identiteite is vloeibaar en my onvermoë om tans na myself as 'n Afrikaan te verwys, beteken uiteraard nie dis onmoontlik vir ander mense om dit te doen nie. 'n Mens sou hierdie mense wel teen die geslepe politieke retoriek van iemand soos Zuma wou waarsku – retoriek wat hulle ophemel, maar waarin hulle heimlik submense is.

Dis duidelik dat ons president homself tans vir Mangaung posisioneer. Soos Verwoerd dit eertyds met Afrikaners reggekry het, hou Zuma sy stemvee tans soos klei in sy hande. Hulle sal hom bly steun, want: "hy dink soos ons! Hy glo soos ons! Hy't dieselfde probleme as ons - hy verstaan ons!"

Zuma verkondig waarskynlik Afrika-oplossings vir Afrika-probleme omdat etniese steun in Suid-Afrika baie politieke punte tydens verkiesings tel. Dit is nou maar eens hoe politici rol. Was Zuma Amerikaans, het hy tans babas gesoen. Was hy 'n SPQR-senator, het hy nou tenders vir collosseums uitgesit.

'n Raaiskoot oor sy motiewe tersyde is dit belangrik om te besef dat 'n Afrika-oplossing (of 'n Europese of 'n Asiatiese oplossing, vir wat dit werd is) nie juis 'n verskriklik sinvolle idee is nie. Dit is naamlik te betwyfel of etniese beskrywings 'n goeie maatstaf vir effektiwiteit is.

Die eerste gebruik van metaal vir wapens was byvoorbeeld vindingryk nie omdat dit deur iemand van 'n spesifieke herkoms ontwikkel is nie, maar omdat dit in sigself 'n eleganter oplossing vir die probleem: "hoe maak ek meer mense vinniger dood" was.

'n Oplossing is "goed" omdat dit 'n probleem beter uit die weg ruim as vorige oplossings. Meriete is al wat werklik kan geld binne hierdie konteks.

Die oomblik wat 'n oplossing vertroebel word met politieke retoriek en dit as komend van "Afrika" of "Europa" geklassifiseer word, verval enige sinvolle evaluering daarvan. Afhangende van jou politieke oortuigings, sal jy dan altyd enigiets binne die grense van enigeen van hierdie landmassas as goed of sleg moet beskou – maak nie saak hoe lomp of vernuftig hulle is nie.

Wat Zuma besig is om te doen wanneer hy "die wit man" se oplossings teenoor "Afrika se oplossings" plaas (in hierdie geval vir 'n juridiese sisteem), is om dieselfde valse tweedeling tussen Afrika en die Weste te propageer waarin enigiets wat van Europa af kom meerderwaardig is bloot omdat dit Europees is. Zuma swaai dit natuurlik om. Die reaktiewe boodskap in sy toespraak is: "die hel met Europa – Afrika se oplossings is die ware Jakob!"

Dit bly dieselfde denkfout.

Wanneer Zuma sy ondersteuners opsweep met sulke uitsprake is hy heimlik maar besig om hul intelligensie te beledig. Hy hanteer hulle as submense wat nie 'n idee op meriete kan beoordeel nie, maar etniese gebrabbel en die perke van 'n enkele kultuur kortkom om hoegenaamd te kan besluit of iets sinvol is of nie.

Vir Zuma is dit natuurlik 'n uitmuntende oplossing vir sy herverkiesingsprobleem. Vir sy aanhangers is dit niks meer as "the soft bigotry of low expectations" nie.

– Johan Swarts is 'n skrywer en vervaardiger. Sy blog is te vinde by http://gormendizer.co.za, en jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Johan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Crown - 09:21 AM
    Road name: Main Reef Road Eastbound
    DELAYS approaching Church Street
  • Tuesday Nooitgedacht - 09:20 AM
    Road name: Malibongwe Drive Westbound
    DELAYS can be expected approaching the R114 Lion Park crossing
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Senior Java Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Intermediate Java Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.