Jan-Jan Joubert

Wapens: Die regering moet sê

2009-08-24 09:48
Tweets Share Share line Print

Daar is drie redes waarom alle Suid-Afrikaners mnr. David Maynier, DA-LP, se pogings om vas te stel aan watter lande Suid-Afrika wapens en ammunisie verkoop, heelhartig moet steun en hom moet verdedig teen die vuige, trouens skandalige aanslae van die ANC.

Die eerste is ’n regstreeks wetlike rede, die tweede gaan om die grondbeginsels van ons demokrasie en die derde is baie, baie menslik en lewensbelangrik: Waarvoor gaan daardie wapens gebruik word deur die regimes aan wie ons dit verkoop?

Maynier is die man wat vra of dit waar is dat ons wapens en/of ammunisie verkoop of wil verkoop aan onderdrukkende regimes soos Zimbabwe, Noord-Korea, Birma en Sirië, en wat trouens beweer dit is wel so.

As hy reg is, sou dit nie net vir Suid-Afrika ’n reuse-verleentheid wees nie, maar dit sou om twee redes behoort te beteken die nasionale komitee oor beheer oor konvensionele wapens (NCACC) oortree die wet alte gruwelik.

Die eerste rede is juis wat Maynier noodsaak om sy navorsing tans as bewerings te moet hanteer. Ten spyte van die uitdruklike bepalings van die NCACC-wet dat ’n lys van wapenverkope jaarliks ter openbare kennisname by die parlement ingedien moet word, is die afgelope paar jaar s’n as “vertroulike” dokumentasie by die parlement ingelewer. Dis nie moontlik om dit te bekom nie – die wet is dus duidelik oortree.

Tweedens vereis die wet dat geen wapens verkoop word waar dit konfliksituasies kan aanblaas nie. Dink bietjie of veral Zimbabwe se konfliksituasie aangeblaas sal word deur die verkoop van miljoene patrone? Indien wel is die wet oortree.

Tot sover die duidelike wetsbepalings. Die tweede rede waarom ons Maynier moet steun is omdat ons veronderstel is om ’n deelnemende demokrasie te wees. Waarom wil die regering vir ons wegsteek aan wie hierdie wapens verkoop word? Mens het alle rede om te glo hulle is skaam daaroor, maar mens kan sowaar nie simpatie hê nie. Donkerwerk is konkelwerk; ons het die reg om te weet.

Die derde rede hoekom ons almal Maynier moet steun, is om die vraag wat met daardie aankope gaan gebeur.

Waarom wil Zimbabwe soveel ammunisie koop? Op wie gaan daardie patrone afgevuur word? Daardie besluit sal berus by die Mugabe-regime, wie se soldate se vingers die snellers sal trek. En soos in die verlede sal dit, so seker as wat die son skyn, die arme lydende inwoners van Zimbabwe wees in wie se vlees daardie dodelike patrone sal inploeg.

Dit sal gesinne wees wat geliefdes verloor sodat ons land kan geld maak. Dis bloedgeld, en dit sal drup van die hande van elke NCACC-lid wat ja sê om ammunisie te gee aan regimes soos Zimbabwe en die Mianmar-regime in Birma. Waarvoor anders gaan hulle dit gebruik?

Mens hoop almal wat dink pres. Jacob Zuma se eerste honderd dae was voortreflik kyk wat doen die ANC hieroor.

Senior ministers in sy kabinet (mnr. Jeff Radebe en mev. Naledi Pandor) weier om te erken of ontken dat die wapens en ammunisie verkoop is (geen pryse vir raai hoekom nie). En Zuma is oudergewoonte doodstil oor iets belangriks. Siende blind, horende doof of takties slim?

In die kabinet word die energie van ANC-LP’s op die portefeuljekomitee oor verdediging, wat veronderstel is om hieroor toesig te hou, nou grootliks verspil deur Maynier aan te val eerder as om die waarheid van sy bewerings na te gaan.

Die ANC-leier in die komitee, mnr. Mnyami Booi, het jou werklikwaar die land se spioene gevra om Maynier se bronne uit te snuffel – vir inligting wat, volgens die wet, openbaar moet wees. En Booi beweer hy het ’n regsmening dat Maynier onwettig opgetree het, maar hy gaan dit nie nou al aan Maynier of enigiemand anders wys nie. Baie volwasse en intelligent.

Een goeie ding wat hierdie gruwelike verloop vir enige politieke waarnemer moet wys, is dat die stryd van Helen Suzman nie volstry is nie. Ook sy is in haar soeke na waarheid uitgeskel en ondergrawe, al was haar feite oor ongeregtigheid reg. Dis in haar spore dat David Maynier stap, en alle denkende Suid-Afrikaners moet sy hande sterk. 

– Oorspronklik verskyn in Rapport 

Stuur jou kommentaar aan Jan-Jan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

SQL DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.