Jan-Jan Joubert

Kommissie van agterdog

2011-09-16 07:20
Tweets Share Share line Print

Pres. Jacob Zuma het gister op die oog af ’n taktiese meesterskuif gemaak met die aankondiging dat hy ’n kommissie gaan aanstel om die regering se omstrede wapentransaksie te ondersoek.

Dit is waarskynlik die belangrikste nuus van die jaar en as die ondersoek behoorlik gedoen word, kan dit ons jong demokrasie verlos van miskien die grootste albatros om sy nek.

Uiteraard is daar egter ’n paar vrae wat oor die besluit huiwer.

Die eerste is hoekom die kommissie, ná al die jare, nou skielik gebeur. Die tweede is die stel vrae wat Zuma in die lug laat bly hang het: Wie gaan in die kommissie dien en watter vrae gaan die kommissie stel?
Kom ons begin by die twee groot vrae oor die samestelling en verwysingsraamwerk.

Eerstens is dit politiek ongelooflik dwaas om nie daardie vrae by die aanvanklike aankondiging van die kommissie te beantwoord nie.

Wat op dees aarde word bereik met die tydsverloop voordat ons gaan weet wie dien in die kommissie en wat presies die kommissie mag ondersoek – of, selfs belangriker, wat die kommissie nié mag ondersoek nie?

Al wat bereik word, is dat elke Jan Rap en sy maat nou ’n eier gaan lê oor wie daarin moet dien en wie nie en wat alles ondersoek moet word. Hier kom ’n moddergooiery soos min.

Dit laat ’n mens vir die soveelste keer wonder wie taktiese beplanning in die presidensie hanteer en wanneer daardie persoon afgedank gaan word. Of was dit ’n oorhaastige besluit, afgedwing deur omstandighede eerder as oortuiging?

Zuma sal hom voorts ’n groot guns doen om die kommissie se net so wyd as moontlik te gooi en ’n regter aan te stel wat nie naby aan hom staan nie en wat werklik doelgerig na misdrywe sal soek. Anders kan hy dit maar los.

En waarom gebeur hierdie gesindheidsverandering so skielik?

Wat voer Zuma in die mou?

Dit kan ook seker wees dat hy skielik besluit het die waarheid sal jou vry maak. Dalk, maar ai, dis onwaarskynlik, veral ná sy powere vertoning in die parlement toe ’n paar taai etiese vrae in sy rigting gegooi is en hy geen aptyt vir reguit antwoorde getoon het nie.

Miskien is dit raadsaam om liewer te vra watter politieke munt hy daaruit kan slaan. En ja, dít is veel makliker te verklaar. ’n Mens hoop net vir sy part hy weet sy hande is skoon, anders het hy pas die grootste politieke boemerang van alle tye afgestuur – veral as hy self geroep gaan word om te getuig.

Dit is mos sy handtekening wat pryk onder die opdrag van die regering aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge om, in Januarie 2001, hul ondersoek na korrupsie met die wapentransaksie te staak.

Wat ’n mens hier in die rigting van siniese interpretasies dwing, is dat die Kaapse kruisvaarder teen die wapentransaksie, mnr. Terry Crawford-Browne, se hofstryd nou die punt bereik het waar die regering redes aan die konstitusionele hof sou moes verskaf oor die mate waartoe die transaksie reeds ondersoek is. Dit sou die ANC-regering se pligsversuim duidelik laat blyk.

Indien Zuma se hande skoon is, het die aanstel van die kommissie voorts alles te doen met die ANC-leierstryd volgende jaar in Bloemfontein teen die trawante van die jeugleier, mnr. Julius Malema.

Die besluit sal Zuma se steun in die SAKP en Cosatu – wat nog altyd om ’n ondersoek gevra het – versterk. Dit kan Zuma se hande baie skoon laat lyk.

Maar totdat die teendeel bewys word, is ek bevrees die ware rede lê by Crawford-Browne se hofsaak en ’n benoude regerende party wat benoude spronge maak in ’n poging om ’n potensieel skadelike proses te beheer.

Opwinding oor die besluit as ’n nuwe begin sal lekker wees, maar ’n mens moenie te gou bly raak nie. 

- Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Jan-Jan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SharePoint Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Senior Java Developer/ Java Team leader

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.