Jan-Jan Joubert

Gasrubriekskrywers Afrikaans in die politiek

2011-11-11 07:19
Tweets Share Share line Print

Min dinge is mooier as Afrikaans wat tot sy reg kom, hetsy in skryfwerk of die gesproke woord. Dat die taal in sekere forums onder druk verkeer en uitgeskuif word, is ’n feit. Almal wat vir ons taal lief is, moet verseker dat dit nie gebeur nie en dat Afrikaans bly floreer.

Die bewering wat die meeste gebruik word om Afrikaans uit te skuif, is dat die taal op eksklusiewe wyse gebruik word om nie-Afrikaanssprekendes uit magstrukture uit te sluit. Soveel van ons wat Afrikaans se belange op die hart dra, versoek diegene wat sulke bewerings maak om die verlede te vergeet en die taal as ’n inklusiewe medium te sien.

Tydens die DA se pas afgelope leierstryd het sommige Afrikaanse DA-LP’s se gedrag my laat wonder of diegene wat beweer ons taal word eksklusief aangewend nie dalk soms reg is nie.

Reeds vroeg in die wedloop is die gerug deur sommige Afrikaans­sprekende opponente van me. Lindiwe Mazibuko versprei dat sy sogenaamd “teen Afrikaans” is en nie Afrikaans kan praat nie.

Later is hierdie bewering uitgebrei tot ’n standpunt dat Afrikaanssprekendes nie vir die DA sal kan stem as die leier van die party nie Afrikaans kan praat nie.

Daar is drie redes waarom hierdie bewerings, en die wyse waarop dit gemaak en hanteer is, verdien om deur Afrikaanssprekendes deurdink te word, al is die leiersverkiesing nou verby.

Eerstens is die bewerings onwaar. Mazibuko is Afrikaans magtig en verstaan die taal baie goed. Dis haar derde taal, en sy praat Zoeloe en Engels beter. Sy kort miskien selfvertroue om die taal in die openbaar te gebruik, maar ek kan persoonlik getuig dat wanneer ek haar reaksie op ’n berig moet kry, sy verkies dat ek die berig in Afrikaans aan haar teruglees eerder as om dit te vertaal. Dan wys sy boonop my tegniese foute vir my uit voordat sy reageer.

Tweedens is daar iets fout met die logika dat Afrikaanse mense net vir iemand kan stem wat Afrikaans praat. Wat beteken dit in ’n wyer Suid-Afrikaanse konteks, en veral vir die politieke stryd teen korrupsie en wanbestuur?

As voorbeeld: In vanjaar se munisipale verkiesing het die DA die Frischgewaagd-gebied in Noordwes by die ANC afgeneem.

Al die kiesers in daardie wyk is Tswana-­sprekend. Me. Helen Zille, leier van die DA, is sover ek weet nie ’n woord Tswana magtig nie. Was hul keuse dus mal, ongeldig of onlogies?

Uiteraard nie. As politieke lojaliteit slegs deur taalvoorkeur bepaal word, kan ons mos ’n taalsensus hou eerder as ’n verkiesing. Gelukkig dink verreweg die meeste Afrikaanse mense darem wyer as dit. Vaardigheid, intelligensie en beginselvastheid moet rigtend wees.

Die derde punt is dat mense wat dink hierdie soort aanwending van Afrikaans tot uitsluiting van ander is in Afrikaans se belang, sit die pot heeltemal mis.

Afrikaans is tog sekerlik ’n bate vir almal. Nou was daar ’n poging om daardie bate te gebruik om iemand te verhinder om haar volle potensiaal te bereik.

My oupa het altyd gesê as ’n mens ’n bate aanwend as ’n wapen teen ander, verloor daardie bate sy waarde. Diegene wat Afrikaans eksklusief probeer aanwend het, het bepaald die taal benadeel.

Gelukkig het hulle ook misluk. Afrikaanse LP’s soos me. Anchen Dreyer, me. Juanita Terblanche, mnr. Niekie van den Berg, me. Patty Duncan, mnr. Pieter van Dalen, en Afrikaanse partyleiers soos mnr. Theuns Botha (Wes-Kaap), me. Desiree van der Walt (Limpopo) en mnr. Roy Jankielsohn (Vrystaat) het die eksklusiewe argumente vervang met inklusiewe Afrikaanse argumente. Afrikaans is hierdie mense, en vele ander, dank verskuldig.

En wat diegene betref wat Afrikaans as struikelblok wil gebruik: Met vriende soos daardie het die taal nie eintlik vyande nodig nie.

- Oorspronklik verskyn in Beeld
 

Stuur jou kommentaar aan Jan-Jan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.