Jan-Jan Joubert

Dié drankwet ’n nonnekleed

2011-01-17 07:28
Tweets Share Share line Print

Onder ons neuse is ’n proses aan die gang wat die Moederstad in die Moederowerste-stad kan help verander.

Daar is veral twee redes waarom mense lief is vir Kaapstad. Die eerste is die natuurskoon en die tweede is ’n sekere leef-en-laat-leef-houding wat die stad kenmerk.

In Kaapstad is daar ’n wonderlike geneigdheid om mense hulself te laat uitleef en vryheid te gun, ’n gemaklikheid dat jy kan doen net wat jy wil solank dit nie op my regte inbreuk maak nie. Die graffiti twee strate van my huis af som dit op: “This city lights up my life.”

Maar nou het die Kaapse stadsraad besluit dit moet teen die wet wees om ná 02:00 drank te verkoop. Ja-nee, koop of verkoop ’n knertsie ná daardie arbitrêre uur en jy is ’n misdadiger.

Praat jy met lede van die stadsraad daaroor, word dieselfde mantra deurgaans herhaal: Alkohol is ’n groot Wes-Kaapse probleem. Dit lei onder meer tot huishoudelike geweld en fetale alkoholsindroom. Enige stap om minder daarvan in omloop te plaas is ’n stap in die regte rigting.

Nou is jy veronderstel om instemmend te knik en druipstert in die hoek te gaan sit voor hierdie triomf van moralistiese logika, want wie kan nou stry teen enigiets wat tot minder huishoudelike geweld en fetale alkoholsindroom sal lei?

Dis nou natuurlik totdat jy besef dat om Kaapstad se nagklub-eienaars wat om 01:59 drank verkoop as ’n inspuiting vir die ekonomie op die hande te dra, net om hulle om 02:01 te beboet of met dieselfde selle te dreig as ander misdadige uitvaagsels, dalk nie die stad gaan red van huishoudelike geweld of fetale alkoholsindroom nie.

Ek woon stapafstand van Langstraat af, en hoewel ek self deesdae nie meer so laat drank kan koop nie (die ouerwordende lyf skree lank voor dit al hokaai), was die kroeë daar nog nooit, sover ek kan onthou, juis bevolk deur swanger vroue nie.

Wat betref huishoudelike of ander geweld wat deur alkohol veroorsaak word, kan mens die hele dag drank koop. As jy wil, kan jy dit dan bêre en drink net wanneer jy wil, soos byvoorbeeld by die huis, waar huishoudelike geweld plaasvind.

Dat ek bogenoemde inligting taamlik lig probeer afhandel, beteken glad nie dat mens dit ligtelik opneem nie. Dis bloot soms die beste om breedsprakige gebrek aan logika taamlik kortom en padlangs af te skiet.

So, wat sal die stad Kaapstad werklik bereik as hierdie maatreël in werking gestel word?

Taamlik min, wil mens raai, behalwe om sy welverdiende status as gewilde bestemming vir partytjie-toeriste op te offer, en te beskik oor verskeie stadsraadslede wat sal beweer hulle tree op teen alkoholmisbruik. Party sal dit selfs oor hulself glo, en trots voel.

Daarmee kan mens min simpatie hê, want wat die DA-beheerde stadsraad in die proses onderskryf, is dat die staat die individu se gedrag kan voorskryf, ook waar dit nie inbreuk maak op die regte van ’n ander nie. Na die maan met die oop deel van die oopgeleentheidsamelewing, en dit in ruil vir voorskriftelike moralisme.

Nugter weet wat gaan word van die mooi Kaapse tradisie: die sjampanje-ontbyt.

Waar dronk mense ander verontrief en in gevaar stel, moet hulle daarvoor aangekeer word; as hulle lawaaierig is, dronk bestuur of dergelike gedrag. Nie vir die uiterse sonde om ná ’n spesifieke uur van die dag drank te koop nie. Dis wat sal gebeur as hierdie munisipale voorskrif aanvaar word.

Ja, ás dit aanvaar word, want die Kaapse stadsraad se onbeholpe gespartel om die besluite te promulgeer is lagwekkend om dop te hou. Dit moes Nuwejaar gebeur, maar daar was te veel verwarring.

Toe sou dit die afgelope week gebeur, maar dit het nie. Dalk moet die stadsraad besef onsinnige wetgewing gee maar altyd probleme, dit laat vaar en huidige wette eerder strenger toepas.

Dalk werk dit nie om ’n nonnekleed te wil gooi oor ’n stad geliefd daarvoor dat sy graag ’n bietjie been wys nie.

- Oorspronklik verskyn in Rapport

Stuur jou kommentaar aan Jan-Jan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.