Jan-Jan Joubert

Die belang van die derde

2011-11-25 07:24
Tweets Share Share line Print

Dinsdag was vir baie van ons ’n slegte dag, want dis die begin van die hervatting van ’n bevrydingstryd.

Dwarsoor die land het ons as gewone Suid-Afrikaners onsself in swart geklee omdat ons weet watter roudag dit vir Suid-Afrika is dat die ANC die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting deur die Nasionale Vergadering gedwing het. Swart Dinsdag, inderdaad!

Diktatorskap, so lui die gesegde, kondig homself nie aan nie. Diktatorskap neem ’n veelheid vorme aan en verrys wanneer demokrasie ondermyn word.

Demokrasie is nie net meerderheidsregering nie; dis waarom eenpartystate nie demokrasieë is nie. Demokrasie vereis vryheid van oortuiging, geloof en baie ander dinge. As die meerderheid, veral in die parlement, daardie demokratiese regte wil inperk, skaad dit die demokrasie, al word dit ook demokraties gedoen.

Laat ons byvoorbeeld nie vergeet nie dat Adolf Hitler sy diktatoriale magte demokraties verkry het
met die bemagtigingswet wat die Reichs­tag met die vereiste meerderheidstem aanvaar het.

In Suid-Afrika kan daar geen twyfel wees dat die demokrasie geskaad sal word as hierdie wetsontwerp in die wetboek verskyn nie, al is dit ook deur ’n parlementêre meerderheid goedgekeur.

Peiling ná peiling en bevinding ná bevinding wys Suid-Afrika word onder die ANC-regering algaande meer korrup. Die ouditeur-generaal kan nie voorbly om dit te probeer bekamp nie.

Daarom kan ons nie toelaat dat dit al hoe moeiliker gemaak word om by inligting uit te kom wat magtiges se korrupsie kan aantoon nie.

Die hele wêreld, en spesifiek baie lande op ons kontinent, is vol korrupte regimes wat geheimhoudingswetgewing gebruik om hul konkelwerk weg te steek. In sulke lande word die een of ander verbeelde bedreiging van landsveiligheid, en gesiglose spioene of beweerde “duistere magte” (die ANC-hoofsweep, dr. Mathole Motshekga, het wrintiewaar gister daardie term teenoor die parlementêre media gebruik!) altyd as rede vir groter geheimhouding en groter wegsteek van die waarheid gebruik.

Suid-Afrika word nou deur die ANC in daardie werklikheid gedompel, om redes wat al baie in hierdie koerant verduidelik is.

Daarom is dit belangrik dat die parlementêre opposisiepartye en ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse publiek Dinsdag opgestaan en verklaar het: Tot hier toe en nie verder nie. Hieroor moet ons bly wees, nie so swaarmoedig soos sommige ná die stemmery was nie.

Wat het diesulkes verwag: Dat die ANC tot inkeer sou kom? Dit was altyd uiters onwaarskynlik.

Nee, vir die swaarmoediges is ’n kopskuif nodig. Dis die begin van die stryd, nie die einde nie, en daar is reeds bemoedigende tekens.

Vir die eerste keer staan die parlementêre opposisie verenig teen die ANC. Elkeen wat in 2009 ure lank in rye gestaan, vir die opposisie gestem en die ANC ’n twee­derdemeerderheid ontsê het, se moeite was nie verniet nie.

Die hele opposisie het onderneem om die wetsontwerp na die konstitusionele hof te verwys en omdat hulle meer as ’n derde is, kan hulle dit doen. Die ANC kan dus nié net doen wat hy wil nie.
Sommige ANC-LP’s het redes gevind om nie op te daag vir die stemmery nie; partydissipline wankel.

Boonop kom ’n mens agter dat daar ’n beter gees van samewerking onder opposisiepartye is oor kwessies wat saak maak. Dinsdag se gesamentlike opposisie deur partye so verskillend soos die DA en Azapo is nie gereël nie; dit was spontane protes teen ANC-skelmstreke. Volgende keer is dit makliker.

Die stryd word nie in een dag gewen of verloor nie, en elkeen wat protes aangeteken het, laat die druk op die ANC oplaai. Daar sal verdere geleenthede wees; laat jou stem hoor. Moenie moed opgee nie! Stry die goeie stryd! Aluta continua!

- Oorspronklik verskyn in Beeld
 

Stuur jou kommentaar aan Jan-Jan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.