Jan-Jan Joubert

Die DA en die rassevraagstuk

2012-01-18 07:32
Tweets Share Share line Print

Ras en hoe om dit te hanteer is ’n kernaspek van Suid-Afrika se verlede, is ’n verdelingslyn in die hede en kan bepalend wees vir die toekoms.

Kyk ’n mens na Suid-Afrika se verlede, is dit duidelik dat te veel klem op ras gelê is.

Eeue lank in die aanloop tot 1994 en formeel as regeringsbeleid van die tyd van die Boererepublieke is die beleid van “geen gelykheid in kerk en staat” ’n foutlyn, en ’n fout-lyn, van sentrale aard.

Een van die gevolge is dat ras en klas oorvleuel geraak het: Die meeste wit mense was en is veel welvarender as die meeste swart mense, hoewel daar deesdae al hoe meer arm wit mense en al hoe meer welvarende swart mense is.

Met die skryf van die Grondwet is besluit die ongelykhede van die verlede moet reggestel word vir ’n regverdige toekoms.

Dis ’n edel strewe, maar uiters moeilik om in die praktyk te verwesenlik.

Die amptelike opposisie, die DA, wors­tel soos elke denkende Suid-Afrikaner met hierdie kwessie en dit lyk of twee denkstrome aan’t ontstaan is: nie-rassigheid teenoor rasgerigtheid.

Die wyse waarop die party die kwessie hanteer, kan, teen die agtergrond van die powere stand van ander opposisiepartye wat weinig alternatiewe bied, bepalend wees vir die land se toekoms.

Nie-rassigheid word ten beste verwoord in die Amerikaanse burgerregteleier dr. Martin Luther King jr. se ideaal dat mense nie beoordeel moet word op grond van hul velkleur nie, maar op grond van hul karakter.

In mindere of meerdere mate is dit die kern van die Suid-Afrikaanse liberale tradisie, van die dae van Saul Solomon, Morris Alexander en Jan Hofmeyr tot Helen Suzman en Tony Leon.

Hulle het geglo jou velkleur moenie die verloop van jou lewe bepaal, ’n plafon vir die bereiking van jou potensiaal plaas of jou inkennig maak nie.

Dis die ideaal: om niemand op grond van ras te bevoordeel nie en dus (moeiliker uitvoerbaar) niemand op grond van ras te benadeel nie.

Dit beteken om uiters bewus te wees van die strukturalistiese rassisme van die verlede en dit nie te laat herleef in dieselfde of veranderde vorm nie.

Saam met die uitleef van die beginsels van eerlike, skoon regering en die tekortkominge van sowel die ANC as ander opposisiepartye is dit die faktore wat DA-kiesers in lang stemtoue laat staan.

Daar is myns insiens ’n gevaarlike denkskool by ’n minderheid DA-lede dat nie-rassigheid vervang moet word deur rasgerigtheid, gewoonlik in kodetaal.

“Meriete”, “kundigheid” en “ervaring” word as kodewoorde teen swart mense gebruik, net soos “nuwe kiesers”, “die toekoms” en “groei teen die ANC” teen wit mense.

En dan is daar die ongelukkige frase “fitness for purpose” as regverdiging vir doodgewone eie voorkeur – ’n frase waarop enige denkende mens moet vra “according to whom?”

DA-lede en die party se leierskorps moet hulself ten sterkste afvra wat die party van die algaande meer ras-nasionalistiese ANC onderskei.

Miskien sal pynlike selfondersoek toon dat beginsels versaak word deur diegene wat demografiese onveranderlikes soos ras, taal, af- koms, woonbuurt, inkomste of geslag gebruik om steun te laat groei, hetsy in of buite die party, as interne rangorde of vir DA-steun in ’n spesifieke kiesersgemeenskap.

Solank dit waar bly dat die DA nastreef dat jou ras nie jou lot bepaal nie en skoner as die ANC bly regeer, vorm hy ’n waardige teenpool tot die regering.

Me. Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het die voorbeeld gestel toe sy mense laas jaar pertinent versoek het om haar nie te steun of teen te staan op grond van haar ras of taal nie.

DA-lede is dit aan hul party se verlede en toekoms verskuldig om waaksaam te wees en enige afwyking van Mazibuko se nie-rassigheid te bestry, onbevrees uit te wys en uit te roei, in watter oord dit ook al ontstaan.

- Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Jan-Jan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.