Jan-Jan Joubert

Afspraak met die toekoms

2011-10-07 07:33
Tweets Share Share line Print

Op die 27ste van hierdie maand het die DA se parlementêre koukus ’n afspraak met die toekoms wat die party se lot sal help bepaal.

Daardie Donderdag is ’n D-dag vir die DA. ’n Geleentheid tot groei bestaan vir die DA as opposisieparty, want ontevredenheid met die ANC-regering was nog nooit so sterk soos nou nie.

As emeritus aartsbiskop Desmond Tutu sê hy sal dalk eendag bid vir die val van die huidige regering, as prof. Njabulo Ndebele in twee koerantartikels waarsku dinge loop skeef en as die een studenteraad ná die ander in opposisiehande val, staan die opposisie-koring groener as ooit tevore op die land.

Maar dié metafoor geld nie volkome nie: Kiesers is nie koring nie.

Anders as gerwe kan kiesers besluit of hulle geoes wil word. Kiesers moet op stemdag besluit of hulle gaan stem, eerder as braai of krieket kyk of brei of wat ook al.

’n Inspirerende leier speel ’n groot rol om kiesers oor te haal om in toue te staan.

Me. Helen Zille sê openlik haar uittrede kom nader.

Dit is dus duidelik waarom soveel van die meer as 3 miljoen kiesers van die DA en die OD, en die groeien­de getal Suid-Afrikaners wat ’n alternatief tot die ANC soek, 27 Oktober sien as ’n referendum oor die DA as toekomstige opsie.

Die Suid-Afrikaanse geskiedenis lê besaai met voorbeelde waar groot partye ten gronde gegaan het met middelmatige leiers.

Die VP het 22 jaar van stadige agteruitgang beleef onder die goedige leiding van sir De Villiers Graaff, al het die party voortgedobber as grootste alternatief tot die NP.

Die VP, vanaf 1934 ’n kolos in die politiek, was in 1974 nog die amptelike opposisie, maar was teen 1977 dood omdat hy nie die kiesers kon inspireer nie.

Die magtige NP het onder mnr. Marthinus van Schalkwyk die 1999-verkiesing met 82 setels ingegaan.

Teen 2004 was sewe van hulle oor; teen 2005 was die NP dood.

Die lot van die VP en die NP was ’n ondenkbare skok vir baie party­lojaliste wat die kiesersmening misgekyk het, en nie kon sien hoe belangrik is leiers wat die verbeelding aangryp om kiesers te inspireer nie.

Voorbeelde is die Progs se Jong Turke, soos dr. Van Zyl Slabbert as doodskoot vir die VP, en die DP se mnr. Tony Leon as doodskoot vir die NP.

Mnr. Athol Trollip sê herhaaldelik sy enigste openbare kommentaar sal in reaksie op sy opponent wees.

Sy taktiek is duidelik, konvensioneel en veilig, en ’n mens re­spekteer sy wens om privaatheid.

Me. Lindiwe Mazibuko het haarself ook beskikbaar gestel.

Die land wonder hoe sy gaan vaar, want sy neem die publiek in haar vertroue en ons weet wat sy beoog.

Wat beoog sy?

Om die ANC deurdag en kliphard te takel, soos toe sy vas gestaan het teen mnr. Julius Malema se seksistiese beledigings op TV en dr. Blade Nzimande se verkleinerende rasverwysings in die parlement. Sy kan dit vat.

In die taai parlementêre portefeuljekomitee oor grondhervorming was dit sy wat met goed nagevorste feite en helder formulering minister Gugile Nkwinti vasgetrap het oor sy gebrekkige groenskrif.

Die menseregtestryder Rhoda Kadalie, ’n kritiese denker met ’n skerp tong, beskryf Mazibuko as post-rassig en briljant.

Téén haar word aangevoer sy het op 31 nie lewenservaring nie. Dit het my ook bekommer, maar my 88-jarige ouma vertel my Saterdag ongevraagd my siening is gebrekkig.

Sy wys uit dat mense van Mazibuko se agtergrond soveel grense moes oorkom en soveel deursettingsvermoë moes toon dat hulle meer lewenservaring opdoen in 31 jaar as baie van ons in ’n leeftyd.

Sy vind Mazibuko inspirerend, sy wil die uitgestrekte hand vat, oor ou grense heen. Ander sal verskil; ek dink Ouma kyk diep.

Die DA-koukus moet weet Suid-Afrika kyk baie mooi wie wen – en wie verloor.

’n Fout sal die party duur te staan kom, waarsku die geskiedenis ons duidelik.

- Oorspronklik verskyn in Beeld
 

Stuur jou kommentaar aan Jan-Jan

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.