Herman Eloff

O, Gits! Dit is Frits!

2010-09-02 07:57
Tweets Share Share line Print

Vir Frits ken ek al jare.

Ons twee het saam al lang paaie gestap.

As jy so deur die foto-album van my studentejare blaai, sal jy sommer vinnig agterkom dat ons twee onafskeidbaar is.

Daar is foto’s van my en Frits op pad na Mosambiek. Ek en Frits iewers buite ‘n Wimpy langs die N1 duskant Kimberley. Frits met sononder iewers in die Karoo. Frits, ek, Tafelberg.

Ja, oor een ding is ek seker. Ek het ‘n baie spesiale plek vir Frits in my hart. Maar so is dit maar met enige man en sy eerste motor.

Frits, my bloedrooi Citi Golf, kom al sedert matriek saam met my. Van daardie eerste dag wat ek agter die stuurwiel ingeklim het, het ek geweet ons twee gaan nog heelwat avonture beleef. En so was dit ook.

Vandag, byna tien jaar later, is ons twee steeds saam. Ek noem hom Frits, want hy is so vinnig soos blits.

Intussen het Frits al ‘n paar skrape en stampe opgedoen, sy helder Ferrari-rooi het ietwat kleur verloor en sy linker-voorlig sukkel soms om helder genoeg te skyn in die aand.

Wat egter lol is Frits se nuutste streek. Iets waaroor ek baie bekommerd is.

Sien, dit het alles ‘n paar maande gelede begin. Ek het een aand laat by die huis gekom. Ek moes Frits buite op die sypaadjie in Vredehoek parkeer. Dit was reeds baie donker en Vredehoek se winde het weer soos ‘n warrelwind aan die voet van Tafelberg getol.

Seker so 'n uur of wat later lui die voordeurklokkie. Ek is half aan die slaap en loer agter die gordyn by die venster uit. Danksy die dowwerige lig van die straatlamp kan ek uitmaak dat dit ‘n polisieman is wat so op die klokkie lê.

Bekommerd maak ek die voordeur dadelik oop en groet die konstabel in my slaapklere, terwyl ek vinnig probeer om my hare netjies te kam met my vingers.

“Naand,” groet ek so vriendelik as wat ek kan.

“Waar is jou kar?” wil hy ietwat ongeskik van my weet.

Ek wou nog met my vinger wys na die sypaadjie waar ek Frits etlike ure gelede gelaat het, toe skok skielik yskoud aan my hart kom gryp.

Waar Frits vroeër gestaan het, is nou net ‘n leë sypaadjie en ‘n ou melkbottel sonder ‘n prop.

“Frits? Iemand het my kar gesteel!” forseer ek die woorde uit my keel wat voel of dit besig is om toe te trek soos daardie keer wat ek gedink het ek kry ‘n asma-aanval.

“Nee,” sê die polisieman bot.

“Ekskuus?”

Dan wys hy met ‘n lang, dik, snellervinger in die straat af.

Ek skuif vinnig twee tree na vore en loer in die kronkelpaadjie af. Daar staan Frits.

Doer onder is hy parralel geparkeer in Exnerstraat, besig om al die verkeer op te hou. Geen kind of kraai kan die straat gebruik nie want Frits staan soos ‘n wafferse Hyundai die hele plek vol.

“Was jy dronk toe jy jou kar parkeer het?” wil die polisieman weet.

“Is jy mal,” antwoord ek terwyl ek in werklikheid self vir ‘n oomblik twyfel. Nee, ek was beslis nie dronk nie. Nie eers alkohol oor my lippe gehad nie. Maar hoe het Frits dan daar doer onder in die straat beland?

“Hoe het jou motor dan daar doer onder in die straat gekom?” wil die konstabel weet.

“Wil ek ook weet,” antwoord ek hom terwyl ek kaalvoet in my slaapklere na Frits hardloop. Ek loer deur die venster. Die handrem in plek. Vreemd.

Ek het nooit uitgevind hoe Frits daardie aand onder in Exnerstraat sy staan gekry het nie. Ek het die hele gedoente maar afgeskryf as een van daardie vreemde dinge wat eens in ‘n leeftyd gebeur.

Maar nou Dinsdagaand word ek wakker van ‘n helse geraas. Ek spring uit die bed en vlieg tot by die venster, ruk die gordyne oop en loer nuuskierig na die stilstraatjie wat skielik ‘n warboel van gebeure is. Ek sien hoe motors uitswaai en bestuurders woedend op hul toeters lê.

Dan vang my oog die rooi Golf.  Dit is Frits. Hy is besig om in die straat af te ry. Op sy eie! Op pad Kloofnek se kant toe! Genade!

“Stop hom!” gil ek benoud.

*Frits is nie in een van bogenoemde gevalle beseer nie. Hy slaap steeds in die aande op die sypaadjie maar kry nou ‘n baksteen agter elkeen van sy voorwiele.

– Herman Eloff is 'n inhoudsvervaardiger vir Nuus24.com. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Herman

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Herman Eloff-kommentaar

Poshpris sê... Literere versadiging, is al wat ek kan se. Pure plesier. My uitgeskeurde resepte le en ophoop in 'n leer. . Dankie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.