Henry Jeffreys

’n Instink vir oorlewing

2010-09-01 08:35
Tweets Share Share line Print

Sowat ’n maand gelede staan ek voor Luthuli-huis in Johannesburg se Sauerstraat en kyk na die spektakel van pres. Jacob Zuma en sy kabinetslede se weeklikse besoek aan die ANC-hoofkwartier vir partypolitieke aktiwiteite.

Die paaie is afgesper vir die konvooi swart, bloulig-gedrapeerde amptelike voertuie. Die verkeer hoop blokke ver op. ’n Oormag polisie- en verkeersbeamptes probeer orde handhaaf. Hulle geniet die aksie duidelik. Baie beter as om misdadigers te jag.

Die lyfwagte in swart staar rond en fluister in hul gewrigte. Dis alles irriterend en mense mor, maar drom nietemin saam. Magsvertoon het sy eie betowering.

Die sirenes begin skielik loei.

Die vergadering is verby en die president en sy ministers gereed om die pad te vat. ’n Ouerige tannie gekleed in ’n tipiese huishulp-uitrusting (soos wat mev. Zanele Mbeki tot ikoniese modestatus verhef het) kom staan langs my en wil weet: “Is dit Msholozi?” Ek bevestig kopknikkend en sy wil weer weet: “Rêrig?” Ek bevestig weer.

“Joe!” roep sy uit met ’n breë glimlag, draai om en buig die knieë effentjies asof vir ’n koninklike, terwyl sy prewel “Msholozi, Msholozi ... ”

Dit sal dié van ons wat deesdae so gretig is om Zuma se politieke dood te voorspel goed doen om hierdie staaltjie in die agterkop te hou.

Zuma het nog nooit werklik die ongekwalifiseerde steun van die land se elite geniet nie – ook nie in sy eie party en alliansie nie. Sy steun was nog altyd sterk onder die gewone mense soos die tannie in Sauerstraat. Elke keer wanneer dit lyk of hy in die moeilikheid is, dan slaag hy daarin om sy tradisionele steunbasis op te kommandeer.

Zuma is ’n enigma wat die idee van politieke oorlewing tot ’n kuns vervolmaak het. Ek weet nie van enige leier – wit of swart – met soveel afbrekende omstredenheid en persoonlike skandes om sy nek wat die hoogste sport in die politieke spel bereik het nie.

Min leiers se einde is al so baie voorspel. En tog het hy oorleef om die storie te vertel uit die einste gestoeltes van mag wat so baie meen hy nie verdien nie.

Dink ’n oomblik daaraan. In 2005 het oudpres. Thabo Mbeki vir Zuma as adjunkpresident van die land ontslaan. In 2007 het Zuma se ondersteuners Mbeki as ANC-leier uitgeskop en nog later as staatshoof “herroep”. Mbeki se vernedering vir sy maneuvers teen Zuma het hom duur te staan gekom.

Voeg hierby al Zuma se skandes: ’n Verkragtingsaak met ’n MIV-positiewe vrou; sy daaropvolgende gewraakte stort-opmerking oor MIV se oordraagbaarheid; ernstige aanklagte van korrupsie wat net-net op tegniese gronde afgeweer is; poligamie; vaderskap van meer as 20 kinders by vele vroue. Dis genoeg om enig­een se loopbaan te kelder.

Daar was vroeër vanjaar in meningspeilings inderdaad tekens dat gewone Suid-Afrikaners nie vir lief neem met Zuma se persoonlike manewales nie. Sy persoonlike gewildheid het ’n erge knou gekry.

Tog het ’n onlangse peiling oor sy gewildheid onder kiesers in metropolitaanse woongebiede (die stemme wat tel) daarop gedui die kat is terug. Dit behoort nie te verras nie.

Is hierdie ’n ode aan Jacob Zuma? Allermins.

Ek is allesbehalwe ’n Zuma-ondersteuner. Ek het al menigmaal die punt gemaak dat hy ’n uitermate onverdienstelike kandidaat en bekleër van die land se hoogste politieke gesagsposisie is en ek glo dit steeds.

Tog moet ’n mens sy instink vir politieke oorlewing bewonder. Dit sal ’n fout wees om hom goedsmoeds af te skryf – al dui die heersende omstandighede nogmaals daarop dat sy dae getel is.

Vir dié wat so graag Zuma se politieke dood voorspel, net dit: Hy is ’n uitgeslape kalant wat daarvan hou om die teendeel te weerspieël. Hý, nie Mbeki nie, is die eintlike Machiavelli van die ANC.

– Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Henry

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Business Analyst

Western Cape, South Africa
Ayanda Mbanga Communications
Market Related

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i E46 AT
2003
R 109,990.00

MERCEDES

CLK 430 Cabriolet AT
2000
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2004
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.