Henry Jeffreys

Los die ‘ons’ en ‘hulle’ van ’n nasie de moer in

2010-02-08 08:32
Tweets Share Share line Print

Johan was baie reguit. Hoe durf Sandra Laing apartheid die skuld gee vir wat met haar gebeur het, vra hy Vrydagoggend aan Freek Robinson op RSG.

Sy veroordeling van Laing het soos batterysuur oor die lugweë gespoel en selfs die normaalweg vlugvoetige Robinson gegooi.

Sandra Laing se verhaal is ’n skandvlek van skandvlekke. En om haar in haar duidelik pynlike manier te hoor praat van haar tragedie was pynlik meesleurend. Sy hoop mense soos Johan kan haar vergewe. Hoekom moet sy vergewe word?

Baie van ons weet van apartheid se pyn en lyding. Bitter min van ons kom naby wat hierdie merkwaardige vrou moes deurmaak bloot omdat haar velkleur ’n aks of wat donkerder is as dié van haar bloedfamilie. ’n Fliek het weer eens die fokus geplaas op die vergryp wat apartheid was en waarom dit tereg op die ashoop van die geskiedenis hoort – saam met die ander groot ideologiese misdade van ons tyd – Naziisme, Stalinisme en Maoïsme.

Afrika self het sy kwota van dodelike magsvergrypers – Idi Amin, Mobutu Sese Seko, Sani Abacha en Robert Mugabe. Dis ’n moeilike pil vir mense soos Johan om te sluk, maar apartheid is baie tuis in die galery van menseregtevergrype.

Tog is Suid-Afrika anders. Ons is nie almal so ongenaakbaar soos Johan nie. Dit is bevestig deur Robinson en byna elke ander luisteraar se onmiddellike skerp veroordeling van Johan se, wel, gewetenloosheid.

Dit is hierdie land se redding, hoe moeilik dinge ook mag lyk op die pad wat ons loop (trek?) na die land wat FW de Klerk en Nelson Mandela min of meer in hierdie tyd twintig jaar gelede vir ons in die vooruitsig gestel het.

In die (wit) Afrikaanse gemeenskap het ’n Beeld-peiling gedui op nog ’n Afrikaner-trek – hierdie keer klaarblyklik na ’n fisieke en geestelike plek van afsondering. Klaarblyklik weens die vele dinge wat verkeerd loop onder die ANC. Daar word gepraat van ’n verskuiwing van Afrikaners se gesindhede – ek reken na ’n soort psigiese Orania. ’n Gatvol-faktor, soos wat dit was met die Groot Trek. Ons kan dit nie meer vat nie, so ons trek!

Die vraag is waarheen?

Die ding omtrent Johan is dat hy en ander soos hy ’n boeiende dog brutale eerlikheid weerspieël oor wie en wat hulle is. Dis ’n rou en afstootlike onbegrip van wat apartheid werklik was. Maar hulle is nie “die Afrikaners” nie. Hul vorm van rassisme (dis eenvoudig wat dit is) is ook nie uniek nie.

Oral in die wêreld is daar soortgelyke mense. Dit is belangrik dat ons die onderskeid tref tussen hulle en diegene wat inkoop in die idee van ’n nie-rassige menswaardigheid.

Nie met armbande soos wat die Nazi’s met die Jode gedoen het nie, maar met die oortuiging van die waardes wat ons as ’n geheel deel – of ons Afrikaners, Afrikane of wat ook al is. Dis die plek waar ek glo, nee weet, die meerderheid van Suid-Afrikaners van Afrikaner-herkoms se harte klop. Hulle is ons en ons is hulle.

En geen onverkwiklike radikale randakkers kan dit verander nie. Ook nie die heersende maghebbers nie.

Ons s’n is ’n land van groot kompleksiteit en problematiek. En ons in die Afrikaanse leefwêreld het ’n groot en selfs leidende rol om te speel om dit te help verwerk. Nie in belang van ’n uitgediende oorlewingsdrang nie, maar in die belang van ’n wonderlike land.

Juis daarom is die indrukke wat ’n mens kry uit Beeld se peiling so ontnugterend en ontoereikend. Dit dui op ’n versugting om terug te trek na die bekende “ons is op ons eie”, eerder as ons is deel van die geheel wat eweneens swaar trek weens misplaaste optrede van die verkose regering.

Glo my, ons is nie alleen nie! Die ANC se sukkelende vermoë om gestalte te gee aan ’n “beter lewe vir almal” tref alle Suid-Afrikaners – met die uitsondering van die blink opkomende en gevestigde elite – dieselfde.

Gans die hele nasie is de moer in. En dit is waar ons heil lê – agitasie deur hande te vat met die res van ons landgenote, want ons is almal aan die ontvangkant en elders gaan dit erger...

Dus, veroordeel en isoleer die Johans en hul meer gesofistikeerde Machiavelli’s in ons leefwêreld en vat hande met Suid-Afrikaners wat die welstand van die land as prioriteit het en nie skroom om die regering die stryd aan te sê nie.

Dit is ons historiese missie – vir mense soos Sandra Laing en haar en ons eie toekomsgeslagte.

- Oorspronklik verskyn in Die Burger
 

Stuur jou kommentaar aan Henry

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Henry Jeffreys-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.