Henry Jeffreys

Hier kom Polokwane II, die ANC-opvolgfliek

2011-10-19 07:19
Tweets Share Share line Print

Daar blyk ’n groeiende konsensus te wees dat pres. Jacob Zuma in Desember aanstaande jaar tog om die leierskap van die ANC uitgedaag gaan word wanneer die party in Mangaung vir sy vyfjaarlikse verkiesingskonferensie saamtrek.

Sommige ingeligte waarnemers het hul voorspelling oor of Zuma – wat nie so lank gelede nie onaantasbaar gelyk het – wel teengestaan gaan word, van “dalk” na “beslis” aangepas.

Toenemend word verwag dat hy nou goed op koers is na dieselfde lot as dié wat hy en sy juigkommando in 2007 op die Polokwane-konferensie vir oudpres. Thabo Mbeki georkestreer het.

Al male sonder tal is gesê en geskryf dat Polokwane ’n slegte presedent geskep het en reperkussies vir die ANC sal hê. Polokwane was politiek op sy hardhandigste – netjies voltrek binne die ANC se eie demokratiese voorskrifte. Dit was ’n magsvertoon deur Zuma en sy koddige alliansie, onder wie Julius Malema en sy jong Turke, en Zwelinzima Vavi en sy rooigetooide vakbond-stormtroepe.

Dit het Mbeki, wat seker daarna gevra het met sy misplaaste poging tot ’n derde termyn as ANC-leier – dít bloot om Zuma in sy ambisie te stuit – verslae en verwese op die verhoog gelaat.

Die vrugte van dié oorwinning was egter nie so soet soos Zuma se Polokwane-bendes verwag het nie. Vandag is daar byna niks oor nie van die dienstige alliansie wat net een doel gemeen gehad het – om Mbeki deur Zuma te vervang. Van idees en ’n duidelike visie vir die ANC en die land was daar byna geen sprake nie.

Die idees wat wel geopper is, was populisties en selfs vreesaanjaend – nasionalisering, die regulering van die media en ’n aanslag op die onafhanklikheid van die howe.

In die hitte van Polokwane het min hulle hieraan gesteur, maar vandag is dit ongemaklik deel van die hoofstroom van politieke die diskoers.

Die redes hiervoor moet by ­Zuma gesoek word. Dit is steeds nie duidelik wat sy visie vir die ANC of die land is nie. In die nadraai van Polokwane was hy onder druk om sy skuld te delg. Dit het neerslag gevind in die vreemde aanstellings wat hy in sy eerste kabinet gedoen het en die nuwe departemente wat hy gevestig het.

Mnr. Trevor Manuel – deesdae ’n openlike teiken van Zuma se nou verbrokkelde Polokwane-bende – is byvoorbeeld as beplanningsminister in die presidensie. Teoreties is dit nie ’n slegte idee nie. Tog, sonder ’n werklike mandaat om dinge gedoen te kry, sou dit altyd ’n moeilike taak wees, indien nie onmoontlik nie, om ’n erg verdeelde kabinet en regerende alliansie in te span agter ’n uitvoerbare visie en plan gerig op die ontsluiting van die land se volle potensiaal. Dit gaan nie oor Manuel nie, maar oor sy leier, sy party en sy alliansievennote.

En nou is Zuma in die visier.

Dis nog glad nie duidelik wie hom sal uitdaag nie. Sy opponente lê laag, ’n funksie van die ANC se beheptheid met geslotenheid.

Nou en dan beland sappige stukkies skinder oor die woelinge binne die regerende party in die media, wat dit dikwels onnadenkend vir soetkoek opeet en die wêreld instuur.

Ongelukkig doen dit nie veel om die publiek en selfs die ANC behoorlik ingelig te hou nie. Dit skep eerder verwarring of lei tot ’n nuttelose gekekkel.

Ons voorland tussen nou en Desember 2012 gaan dus ’n ANC-proses wees wat weer hoofsaaklik deur interne magspeletjies gedryf gaan word, eerder as deur die land se toekoms. Maak dus gereed vir Polokwane II, die vervolgfliek. En die geskiedenis leer mos dat vervolgflieks meestal swakker as die oorspronklike is.

Ironies genoeg: Die ANC het in vanjaar se plaaslike verkiesings die aanwys van kandidate deursigtiger probeer maak, met ’n groter mate van deelname. Dit het nie heeltemal gewerk nie, grotendeels weens die magshonger en opportunisme van nuttelose dienende raadslede en politieke kommissars wat glo hulle weet beter.

Tog was dit ’n innovasie wat die ANC gerus kan afstof en verfyn, en wat hy weer kan probeer. Verbeel jou ’n situasie waar Zuma en sy skimagtige teenstanders in openbare forums ANC-kiesers moet probeer oortuig van hul planne vir die land en waarom hulle die beste kandidate vir die taak is.

Dit sal mos ’n ware revolusie wees!

- Henry Jeffreys is ’n onafhanklike politieke rubriekskrywer en kommentator.

- Oorspronklik verskyn in Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Henry

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.