Henry Cloete

Lied van die alleenloper

2010-09-08 07:50
Tweets Share Share line Print

04:47 voormiddag, op ‘n Woensdag. Nog ‘n koppie goedkoop kitskoffie sluimer, nog ‘n sigaret sluier rook voor die oë, en Edith Piaf sing vir my.

“Non! Rien de rien, Non! Je ne regrette rien,” bulder sy. Losweg vertaal (dankie, o internet): “No, nothing of nothing, No! I don't feel sorry about anything.”

‘n Mens moet seker een of ander tyd gaan slaap. Maar dan, wie sal daar wees om 04:48 voormiddag op ‘n Woensdag saam te neurie met Edith Piaf?

As hier nou iemand in die bed agter my geslaap het, sou sy sekerlik al geskel het dat ek nou verdomp moet ophou neurie. As dit ‘n strelende geneurie was, sou dit seker ‘n ander geval wees, maar “neurie” is in hierdie geval eintlik maar bloot ‘n eufemisme vir “Sing kliphard saam in ‘n taal wat ek nie verstaan of kan praat nie”.

Dis eintlik baie nuttig om alleen te wees. Miskien sal dit die titel van my outobiografie wees.

Uit nuuskierigheid blaai ek nou net deur my Pharos-tweetalige woordeboek (want dit is wat alleenlopende slaaploses doen vir pret) en soek die Afrikaanse vertaling vir “solitude” op. Pharos reken dit is “Eensaamheid”.

A nee a! Eensaamheid en “solitude” is nie wedersyds uitsluitlik nie, maar beslis nie sinonieme nie. Eensaamheid impliseer ‘n verlange na geselskap. Solitude is veel eerder… afgesonderdheid. Ek het Pharos probeer bel, maar dit is 04:49 op ‘n Woensdag en hulle is nie op kantoor nie.

“Balayées les amours / Et tous leurs trémolos…”

(Broomed away my love stories / And all their tremble…)

Alleenlopende slaaploses hou ook van lysies maak.

Nadele van alleenlopendheid:

(1) Jy lyk stupid as jy alleen sokkie

(2) Niemand om jou interpretasies van interessante natuurverskynsels, flieks of musiek mee te deel nie

(3) Ernstige risiko van ‘n eentonige lewe

(4) Frustrasie

(5) Uiteindelike waarskynlikheid dat genepoel sal voortleef kwyn

Voordele van alleenlopendheid:

(1) Jy lyk in elk geval stupid as jy sokkie

(2) Niemand wat jou interpretasies van interessante natuurverskynsels, flieks of musiek sal misinterpreteer nie

(3) Vermy ernstiger risiko van ‘n eentonige lewe

(4) Vermy cliché-agtige gesprekke oor gedeelde frustrasies om braaivleisvure

(5) Uiteindelike waarskynlikheid dat genepoel sal voortleef kwyn

Ag, die lysie moet eintlik geskrap word, moontlike meriete ten spyt.

Alleenlopenheid en samelopenheid is nie teenpole nie. Hierdie “liefde”-affêre waaroor almal so praat is bloot ‘n lang eksperiment in die konsep van Samelopende Alleenlopendheid.

Samelopende Alleenlopendheid is in essensie ‘n gedoemde eksperiment, maar ook ‘n wonderlike een. Die soort eksperiment wat só ‘n gesprek onder wetenskaplikes kan ontlok:

“Doktor Steenkamp! Kom kyk net hier, wat maak hierdie mense!”

“Wat is dit, doktor Engelbrecht? Het u ‘n resultaat?”

“Nee, ek dink nie ‘n resultaat is in sig nie. Maar kyk net hoe gaan hulle te werk, hoe verander hulle, hoe bars en breek en bou en bevroetel hulle!”

“Jissie. Cool.”

Ons is van nature onvoorspelbaar, wild en wispelturig. Dis wat die Samelopende Alleenlopendheid so aardskuddend kief maak. Baie misinterpreteer hierdie verskynsel en beëindig die eksperiment by die eerste teken van ‘n gebrek aan uiteindelike resultaat. En met uiteindelike resultaat bedoel ek kategoriseerbare, klassifiseerbare stempels wat op die spulletjie gedruk moet word – ‘n terugkykende “vandag in die geskiedenis”-tipe insetsel.

Uiteindelike resultate is irrelevant. Deelname aan Samelopende Alleenlopendheid is fantasties interessant.

Maar dalk sê ek dit net omdat Edith dit hier langs my sit en sing, 05:00 op ‘n koue Woensdagoggend in Kaapstad:

“Car ma vie, car mes joies / Aujourd'hui, ça commence avec toi”

(Because my life, my joys / Today, they begin with you.)

– Henry Cloete is 'n inhoudsvervaardiger vir Nuus24.com.

Stuur jou kommentaar aan Henry

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Henry Cloete-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

System Administrator

Centurion, South Africa
Reel Recruit Solutions CC
R15000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.