Heinz Oldewage

Woorde is nie genoeg nie

2010-11-23 08:01
Tweets Share Share line Print

Ek speel elke dag met woorde. Van vroeg soggens, wanneer ek op Twitter kuier en op blogs kommentaar lewer, tot laat in die aand, wanneer ek sweet oor rubrieke soos dié.

Soos ‘n gladdebek advokaat in ‘n moordsaak weeg ek hulle een vir een op vir maksimum effek in die hoop dat die regte sinsnede hier, of ‘n goeie kwinkslag daar, my standpunt op ‘n vars manier sal oordra.

Maar soms – net soms – het  ek geen woorde nie. 

Want partykeer is die waarheid so skrikwekkend, so ontstellend, so onverwags, dat ek stik in die adjektiewe, en my slim sêgoed bloot belaglik lyk. Partykeer is woorde oorbodig, onvanpas, onbenullig.

Só voel ek gister terwyl ek ietwat onentoesiasties deur ‘n nuwe verslag van die wêreldgesondheidsorganisasie lees. Die onderwerp van dié verslag: gesondheidsorg. Dis een van daardie vervelige persverklarings wat ongemerk verbygaan sonder dat enigiemand eintlik daaraan aandag gee. Maar die bevindings van dié verslag laat my behoorlik regop sit.

Die feite word een vir een gestel. Saaklik. Klinies:

Van die $5.3 triljoen wat die wêreld elke jaar op gesondheidsorg spandeer, gaan sowat $300 miljard (ietwat meer as R2 triljoen) verlore weens korrupsie en wanbestuur, lui die verslag.

Sowat ‘n kwart van die geld wat regerings gebruik “om medisyne te koop” verdwyn in die agtersakke van korrupte amptenare of word vermors op ander aankope.

En weereens is dit die armste onder armes wat die swaarste trek: Ten minste die helfte van mediese toerusting in arm lande is onbruikbaar – en soms staan die toerusting heeltemal ongebruik, hoofsaaklik weens ‘n tekort aan personeel. Die meeste van die mediese toerusting wat byvoorbeeld ná 2009 na die Gaza-strook versend is, staan vandag en stof vergaar in pakhuise.

Kortweg gestel: Grootskaalse korrupsie en apatie op ‘n globale vlak ontneem miljoene (die wat dit die heel nodigste het) van goeie gesondheidsorg en die kans op ‘n goeie lewensgehalte.

Ek het nie woorde nie.

Wat sê ‘n mens in elk geval in antwoord op dié realiteit? Hoe reageer jy op ‘n sinvolle manier op die feit dat selfsug en inhaligheid só ‘n groot stempel afdruk op die een bedryf in die wêreld wat die welstand van miljoene mense bepaal?

Is dit ‘n leierskapprobleem? Seker. Everything rises and falls on leadership, sê die leierskap-ghoeroe John Maxwell gereeld, en dié sinsnede is duidelik hier van pas. Want dié gesondheidsverslag is ‘n sprekende voorbeeld van wat gebeur wanneer oneerlike en integriteitlose leiers amok maak, of bloot agteroor sit.

Maar dié probleem het ook dieper wortels. Want is dié verslag nie maar net ‘n kommentaar op die menslike toestand nie? Is die paar ekstra sent wat ek onregmatig by die belastingman eis en die miljoene wat die staatsamptenaar in die DRK in sy agtersak steek nie een en dieselfde nie? Dis immers net ons vlak van invloed wat verskil.

Ek weet nie. Ek weet eerlikwaar nie.

Want wanneer ek verslae soos dié lees, het ek eenvoudig nie woorde nie.

Nie eers ‘n slim kwinkslag of twee vir my slotsin nie.


Heinz Oldewage is gemeenskapsredakteur van Nuus24. Volg hom hier op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Heinz

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.