Heinz Oldewage

Wat weet ons regtig?

2010-09-01 08:21
Tweets Share Share line Print

Miskien is jy oud genoeg om die jaar 1960 te onthou.

Jy onthou dit moontlik as die jaar wat Hendrik Verwoerd so byna-byna doodgeskiet is. Of as die geboortejaar van die Beatles. Die eerste CERN-deeltjieversneller het in werking getree in Switserland. Ben Hur het ‘n rekord-hoeveelheid Oscars ingepalm. 

Maar ‘n ander geskiedkundige gebeurtenis het in 1960 plaasgevind – een wat min mense vandag onthou.
   
In dié jaar het die Trieste, ‘n Switsers vervaardigde duikboot, met ‘n bemanning van twee, in vier uur en 48 minute tot ‘n diepte van 11 kilometer gedaal tot op die bodem van Challenger Deep, die diepste punt in die see, in die Stille Oseaan se Mariana-trog.

Die bemanning, Don Walsh en Jacques Piccard, het skaars 20 minute op die seebodem spandeer voor hulle weer die lang tog na die oppervlak aangepak het.

Dit was ‘n historiese oomblik; nog ‘n mylpaal in die mens se geskiedenis.

Vandag vier ons egter nie dié oomblik as ‘n triomf vir die mensdom nie. Die rede? Want dit was die laaste keer wat ‘n mens ooit die diepste punt van ons oseaan bereik het.

In die vyftig jaar sedert dié historiese poging kon niemand weer daarin slaag om Challenger Deep met ‘n bemande vaartuig te bereik nie.

Kortweg gestel  – daar was al veel meer mense in die ruimte as op die diepste bodem van ons eie see.

Dié feit is ‘n ongelooflike en byna ondenkbare werklikheid. Want in ‘n era wat as’t ware gebou is op menslike kennis is die Trieste-sending ‘n pynvolle herinnering aan die realiteit dat ons, ten spyte van al ons insig en ontdekkings, nog nie eens behoorlik weet wat op ons eie planeet aangaan nie.

Ja, ons wens onsself gereeld geluk met die diepte en breedte van ons kennis en die tegnologiese vooruitgang wat dit moontlik maak. Ons genereer vyf eksagrepe data elke twee dae – ‘n ongelooflike hoeveelheid inligting. Ons rekenaars se breinkrag groei eksponensiëel. Ons span mikroskopiese nanotegnologie in en bou mega-vliegtuie. Ons stuur satelliete die ruimte in en gebruik teleskope om die geheime van die kosmos bloot te lê. Ons is inderdaad die meesters van die heelal.

Maar dis maklik om so opgewonde te raak oor alles wat ons weet, dat ons vergeet dat ons kennis op soveel terreine nog ver tekort skiet:

Ons het die menslike genoom ontsyfer, maar ons kan nie ‘n gewone verkoue keer nie.

Ons het die makro-wêreld van astrofisika en die kwantum-wêreld van partikels onder die knie, maar selfs ons grootste denkers kry nog hoofpyn wanneer hulle hierdie twee wêrelde met mekaar moet versoen.

Ons kan die ontwikkeling van die heelal terugvolg tot by die oorsprong van tyd, maar die donker materie en energie waaruit tot 95% van die kosmos bestaan bly steeds ‘n onoplosbare raaisel vir die slimstes onder die slimmes.

Ons kan die weer voorspel, maar ons kan nie die natuur tem of teen haar aanslae bly staan nie.

Ons kan met ons slimfone in kontak bly met vriende aan die ander kant van die wêreld, maar is oënskynlik nie slim genoeg om ‘n wenresep vir menslike verhoudings neer te pen nie.

Ons is slim, maar ons is dom.

So nou en dan, wanneer ek vasgevang raak in die euforie van tegnologiese voortuigang en myself verwonder aan die mens se wetenskaplike kennis, lees ek weer die storie van die Trieste en Challenger Deep. En dan onthou ek: Ons onkunde strek verder as wat ons besef.

Ja, ons sal in die toekoms nog baie raaisels oplos en ontdekkings maak. Maar die geskiedenis leer ons dat elke vraag wat ons beantwoord, ‘n string nuwe vrae na vore bring.

En dis goed so. Want daar is ‘n skoonheid opgesluit in die misterie van die wêreld om ons.

Laat ons nie vergeet van ons beperkinge nie. Want daar’s niemand so dom soos iemand wat dink hy’s slim nie.

– Heinz Oldewage is gemeenskapsredakteur van Nuus24.com. Lees hier meer van sy rubrieke, of volg hom op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Heinz

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Heinz Oldewage-kommentaar

Poshpris sê... Literere versadiging, is al wat ek kan se. Pure plesier. My uitgeskeurde resepte le en ophoop in 'n leer. . Dankie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.