Heinz Oldewage

Tot hier toe en nie verder nie

2010-03-16 08:09
Tweets Share Share line Print

Elke rubriekskrywer kry dan en wan ‘n gier om af te wyk van sy gewone tema. Vandag is my beurt, het ek sopas besluit. Dus deel ek met julle ‘n briefie wat ek verlede week aanmekaargeslaan het. Ek is nog nie seker waar om dit af te lewer nie.  


Vir wie dit mag aangaan:

Hiermee dien ek amptelik my bedanking in as Afrikaner.

Ja, net so. Tot hier toe en nie verder nie.

Ek het lank probeer inpas. Die vrede probeer bewaar. My mond gehou en gedweë geglimlag. Maar ‘n mens kan net soveel doen. Hier is dit nou. Dis tyd vir uittree.

Want as ek nog ‘n week as Afrikaner moet deurmaak spring ek dalk net kop-eerste van die koeksister-monument in Orania af.

Verstaan tog, dis nie ‘n besluit wat ek oornag geneem het nie. Dit was ook nie ‘n maklike een nie. Ons Afrikaners is immers ‘n gerekende lot. Gesog in die arbeidsmark (goed dan, ten minste in die buitelandse arbeidsmark). Innoveerders. Ons het die wilde, woeste Afrika getem en Noot vir Noot uitgedink. Ons het wêreldrugby tot nuwe hoogtes gevoer en die resep vir melktert vervolmaak. Was dit nie vir die een of ander oorywerige Mesopotamiër ‘n paar duisend jaar gelede nie, het ons nog die wiel ook uitgevind.  

In die lig hiervan is dit seker moeilik om te verstaan wat die bron van my frustrasie is. Maar ek het my redes. En julle het seker rede om te vra waar dié besluit skielik vandaan kom. Laat ek dus verduidelik:

Dis nie die gedagte aan nog ‘n Kurt Darren-treffer wat my uiteindelik laat handdoek ingooi het nie (hoewel Loslappie my destyds permanent getraumatiseer het, en ek nou nog in ‘n koue sweet uitbreek wanneer ek Kaptein span die seile hoor).

Dis nie die taaldebat by die US, of die spelpeil van die Sharks wat my my Afrikanerskap wil laat prysgee nie.    

Nie eers Steve se los tong of die hemelhoë prys van biltong het ‘n rol gespeel nie.

Nee. Die rede waarom ek vandag my bedanking indien is omdat ek eenvoudig nie meer met die deursnee-Afrikaner se lewensuitkyk assosieer nie. Meer spesifiek: die deursnee-Afrikaner se negatiewe lewensuitkyk.

Want ons Afrikaners het in die laaste paar jaar ‘n besonderse bitter lot geword. Bitterrrrr met vyf r’e.

Wanneer ons nie kla nie, braak ons gal. En wanneer ons nie gal braak nie, kla ons. Die res van die tyd is ons sarkasties. Of pessimisties. Of terneergedruk. Of leedvermakerig.

Ons gryp gulsig na elke brokkie negatiewe nuus wat moontlik kan bewys Suid-Afrika is ‘n mislukking. Ons wíl hê die wêreldbekertoernooi – en enige ander soortgelyke inisiatief – moet misluk. Ons kou en herkou aan nuus van Praag se webblad, en plak Dan Roodt-aanhalings teen die yskas. “Ons is die volgende Zim, ou boet,” sê ‘n wyse (lees: wysneus) ou oom vir my nou die dag. Ons sluit in ons duisende aan by Facebook-groepe met onnosel titels soos Die ou Suid-Afrika, en verwed geld op hoe lank dit gaan neem vir die nuwe Suid-Afrika om te brand. En wanneer die doemprofete se voorspellings nie waar word nie, grynslag ons en vou die arms asof ons iets weet wat die ander 45 miljoen Suid-Afrikaners nie weet nie. “Jy sal sien, ou boet. Eendag word ons nog met messe die see in gejaag.”

Is daar elders ter wêreld so ‘n swartgallige lot onder een sambreel? Ek twyfel.

Ek is bevoorreg om ‘n redelik wye vriendekring te hê. Ek kuier, werk, en hou kerk saam met Afrikaners, Engelse Suid-Afrikaners, Britte, Aussies, Amerikaners, Duitsers, Kanadese, Zimbabwiërs, en meer (terloops, al dié mense bly uit vrye wil hier in ons land). En wie dink julle is die negatiefste onder die lot? Sonder twyfel die Afrikaners. Nie eers die Zimbabwiërs – met die onsterflike Oom Bob aan die stuur – vind soveel rede om te kerm en kla soos ons lot nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek is lief vir my Afrikaner-mense. Maar ek het beter dinge om te doen as kla oor die staatsdiens met ‘n bier om ‘n braaivleisvuur. Ek het beter dinge om te doen as om gal te braak oor F.W. My verwysingsraamwerk strek verder as die ons-teen-hulle-houding wat ek elke dag in veral die Afrikaanse media sien.

Verstaan my mooi: ek het geen illusies oor die probleme in ons land nie. JZ en sy girls is vir my net so ‘n verleentheid soos vir jou. Ek sou ook graag wou sien dat Malema met sy Range Rover in ‘n mynskag afry. Ek moet ook ‘n bottel kalmeerpille sluk wanneer ek kyk na die toestand van staatshospitale. Misdaad is vir my geen grap nie.

Maar so aanloklik soos die gedagte klink van ‘n Afrikaner-utopie waar die braaivleisvure 24 uur per dag brand, die koeksisters aan bome groei, en slaggate in mikrosekondes reggetoor word, besef ek ook dat ek deel is van ‘n groter geheel. Ek besef dat die “orde” wat pre-’94 geheers het, grotendeels ‘n kunsmatige orde was. Nee my vriend, Suid-Afrika was nié voor ’94 ‘n eerstewêreldland nie. Wys my ‘n eerstewêreldland waar 80% van die bevolking in armoede leef.

Vandag betaal ons die prys vir ons verlede. Ons pluk die vrugte. Almal van ons. Of ons dit verdien of nie. En totdat ons eendag vrede kan maak met die feit dat ons deel is (en nog altyd deel was) van ‘n minderheidsgroep in dié land, gaan ons swaar trek.

Intussen kan ons kies hoe ons wil reageer. Ons kan kies om op te bou, eerder as om semi-histeries in sirkels te hardloop en anti-Afrika-slagspreuke uit te roep. Daarvoor het ek beslis nie meer krag nie.
 
Noem my ‘n post-Afrikaner. ‘n Hensopper. Kommunis. Watookal. Ek gee nie regtig om nie.

Hiermee dus my bedanking. Waar kry ek my gratis sak biltong vir amper 30 jaar diens?

Of is ‘n volksverraaier nie geregtig op ‘n goue handdruk nie?

Die uwe

– Heinz Oldewage is gemeenskapsredakteur vir Nuus24.com

Stuur jou kommentaar aan Heinz

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
79 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.