Heinz Oldewage

Só word die bose kringloop gebreek

2011-08-04 07:59
Tweets Share Share line Print

Hoe breek ‘n mens die sirkel van haat?

Op watter punt tree ons uit die bose kringloop van ongeregtigheid?

Watter vergeldingsdaad is die een wat uiteindelik die skaal van wraaksug na die kant van genoegdoening laat oorhel?

Dis met dié vrae wat ek die afgelope week worstel terwyl ek die bohaai oor “wit skuld” ná die omstrede skrywe deur Samantha Vice volg. Terwyl ek na die soveelste haatvolle uitspraak deur Julius Malema luister en die herrie rondom Eric Miyeni se rubriek oor Ferial Haffajee gade slaan. Terwyl ek die soveelste brokkie snedige kommentaar onder ‘n aanlyn-berig raaklees.

Waar kom dit alles tot ‘n einde? Wanneer is genoeg genoeg? Wanneer bereik ons daardie stadium wat die belofte van ‘n blink toekoms swaarder weeg as die klad van ‘n ongelyke verlede?

Tyd is die antwoord, meen party. Dit is die minutehand wat uiteindelik die nodige skeiding bring tussen hede en verlede. Wat die afstand skep wat nodig is vir vergifnis en heling.

Maar wanneer kom dié punt? Die meeste van ons sou saamstem dat ons dit in 20 jaar nie bereik het nie. Is dit realisties om te verwag dat ons dit in 30 jaar gaan bereik? In 40? In 200?

Ja, tyd heel die wonde, sê ek ook. Tyd help ons vergeet van seer; van die ongeregtigheid. Maar dit neem net een insident om die lelike ou wonde oop te krap. Net een onsensitiewe aanmerking of ongemaklike situasie, en die sweer wat al die jare nog onder die oppervlak lê, bars weer oop net soos 100 jaar gelede. Of 1 000. Vra die Israeli’s en Palestyne. Vra Christene en Moslems in Egipte. Vra die mense van Indië en Pakistan; die Ethiopiërs en die Oromo-bevrydingsfront; die Hutu’s en die Tutsi’s.

Wat van vergelding? Is die werklikheid van soete wraak die mag wat die pendulum van pyn en ongeregtigheid na die kant van vrede en geregtigheid laat swaai? Is dít die finale antwoord – om die onderdrukker te onderdruk? Om terug te neem wat jou toekom?  

Ek probeer my bes om aan ‘n situasie te dink waar vergelding vrede en geregtigheid tot gevolg gehad het. Op papier maak dit sekerlik sin om ‘n oog vir ‘n oog te neem. Maar wanneer jy in die praktyk vuur met vuur beveg, verbrand albei partye hul hande. 

Hoe dan gemaak?

Eergisteraand ontvang ons in die nuuskantoor van een van ons nuusagentskappe ‘n treffende storie oor ‘n besonderse vrou. Dis ‘n unieke verhaal van ongekende lyding – een van daardie stories wat jou laat stil word en dink.

Dis die verhaal van ene Ameneh Bahrami van Iran. 'n Kennis van Ameneh het, toe sy ‘n paar jaar gelede geweier het om met hom te trou, uit woede suur oor haar gesig uitgegooi. Haar oë is weggebrand, en wat oor is van haar misvormde gesig vertel van die pyn wat sy die laaste paar jaar moes verduur.

Ameneh se hele lewe het verander. Sy kan die laaste paar maande glad nie meer sien nie. Sy het afgryslike brandwonde aan haar kopvel, gesig en lyf opgedoen. Sy moes 18 operasies ondergaan. Sy is lank nie meer ‘n vreemdeling in hospitaalgange nie.

Maar dis nie hoe haar storie eindig nie.

Glo dit of nie – ‘n hof het beslis dat sy daarop geregtig is om wraak te neem vir die leed wat dié man haar aangedoen het. ‘n Regter het beslis dat ‘n dokter op ‘n voorafbepaalde dag ‘n paar druppels in een van die oë van haar aanvaller mag gooi, wat hom van die sig in sy een oog sou ontneem.

Daardie dag het uiteindelik eergister aangebreek.

Maar met haar aanvaller in trane op sy knieë voor haar, en die dokter wat gereed staan om die oogdruppels toe te dien, het sy ‘n besluit geneem wat die wêreld verstom het.

Ameneh het die dokter beveel om haar aanvaller onaangeraak te laat. Die man wat haar sig geneem het – wat haar lewe vir altyd verander het en haar ongekende pyn gekos het – was vry om te gaan.

Sy het die mag, die rede en die reg gehad om hom leed aan te doen. Maar sy het nie.

Hoe breek ‘n mens die sirkel van haat? 

Op watter punt tree ons uit die bose kringloop van ongeregtigheid?

Wanneer genoeg tyd verloop het? Wanneer die party wat te na gekom is uiteindelik soete wraak smaak?

Of wanneer iemand ‘n lyn trek en uitroep: “Tot hier toe en nie verder nie!”

– Heinz Oldewage is nuusredakteur van Nuus24. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Heinz

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

J2EE Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.