Heinz Oldewage

Só maak jy 'n verskil met R50 en vier croissants

2011-03-18 08:54
Tweets Share Share line Print

Presies 'n week gelede ruk ‘n aardbewing Japan en skud die mensdom uit ‘n diep slaap wakker.

Niks soos ‘n natuurramp op ‘n reuseskaal om jou te herinner dat die wêreld eintlik nie om jou eie klein bestaan draai nie, en wanneer mense in hul duisende in ellende vergaan het dit immers ‘n manier om jou vir ‘n slag verby die grense van jou eie beperkte wêreldjie te laat kyk ander se nood raak te sien.

“Hoe kan ons help?” verwoord iemand vroeër in die week talle mense se gedagtes in ‘n brief aan Nuus24. En teen Dinsdag begin die eerste berigte instroom van mense en organisasies wat uit hul pad gaan om uit te help. Spesiale trustrekenings. Noodsendings. Boodskappe van medelye. Liefdadigheids-webwerwe.

Terwyl die wêreld grootse planne maak om in te gryp en uit te help, voel ek toenemend magteloos. Hierdie maand se begroting laat nie toe vir 'n reuse-skenking nie. Die maatskappy gaan my beslis nie stuur om vir 'n maand in Japan te gaan reddingswerk doen nie. En ek het eenvoudig nie die tyd om 'n red-Japan-webwerf op die been te bring nie.

Dis tóé wat ek onwillekeurig aan ‘n goeie vriend van my dink. 

Met 'n Blackberry in die linkerhand en gebruikte U2-kaartjies in sy jeans se regtersak sal jy hom waarskynlik nie tussen 'n duisend voorstedelike juppies kan uitken nie. Maar Brad is alles behalwe jou gemiddelde twintiger.

Só besef ek weer 'n paar weke gelede toe ek en Brad voor werk 'n vinnige koffie gaan afsluk by 'n kuierplek met 'n uitsig langs Muizenberg se strand. Dié tyd van die oggend is dit moeilik om té vêr te kom sonder om gepla te word deur ‘n bergie op die uitkyk vir ‘n handout, maar ons maak dit nietemin gou tot by die koffiewinkel en kuier lekker.

Na 'n driekwartuur of so se gesels oor ons planne vir die jaar betaal ons die rekening vir ons cappucinno’s en begin aanstaltes maak. Die werk wag, en ons het albei 'n vol dag wat voorlê.

By die toonbank naby die uitgang steek Brad egter vas. Dit neem my 'n sekonde of twee, maar toe ek die varsgebakte croissants in die rak voor die venster sien – sulke knewels met gesmelte sjokolade wat daaruit drup – besef ek hoekom hy soos 'n steeks donkie vasskop.

Met doelgerigte vasberadenheid kies hy vier van die grootstes uit, en die dame agter die toonbank stapel dit met ‘n glimlag in 'n klein wit kartondoos. Ek wil nog aanbied om te betaal, maar Brad beklink die transaksie met 'n vinnige swiep van sy bankkaart. R50.

Ek maak my gereed om hom hartlik te bedank vir sy goedhartige bydrae tot my Vrydagoggend, en kan al die sjokolade in my keel voel afgly – maar dis eers toe ons in die straat na ons motors afstap wat ek besef Brad het ander planne met die croissants.

Halfpad op pad na die parkeerterrein steek hy vas. ‘n Bergie en ‘n tandlose boemelaar verskyn asof uit die niet.

Brad roep hulle nader, en oorhandig die kartondoos met croissants sonder seremonie.
 
Die bergie glimlag van oor tot oor. Die boemelaar lek sy lippe af. In ‘n paar sekondes is die hele affêre verby.

‘n Mooi gebaar, dink jy dalk. Oulik, selfs. Dis nie aldag wat iemand na ander uitreik nie.

Maar Brad is 'n bietjie anders as die gewone barmhartige Samaritaan. Vir Brad is dié soort ding 'n lewenstyl.

Sien, dis nie die eerste keer wat Brad dié truuk trek nie. Inteendeel, ek ken min mense wat só graag na hulle medemens uitreik soos hy.

Só word ons byvoorbeeld ‘n ruk gelede na sy verjaardagpartytjie uitgenooi. Moenie ‘n geskenk bring nie, vra Brad in die uitnodiging. Doen of gee eerder iets spesiaals vir ‘n vreemdeling, en skryf in ‘n verjaardagkaartjie wat jy gedoen het.

Die aand by die partytjie word een kaartjie na die ander voorgelees, en ek staan stilweg verstom oor die manier wat ‘n gewone groep jongmense uit hul pad gegaan het om uit te reik na ander.

Daardie aand glip ek op pad huis toe ‘n Switchfoot-album in die CD-speler. Jon Foreman se stem dring tussen die brullende kitare tot my deur:

I wanna live and die for bigger things.
I’m tired of fighting for just me. 

Wat kos dit om die wêreld te verander? Om vir meer te lewe as net jouself? ‘n Kaartjie na Japan? ‘n Ruim bydrae tot ‘n reddingsfonds? ‘n Jaar se diens in die Rooi Kruis?

Vir Brad kos dit R50 en vier croissants. Of 'n sak groente vir iemand wat nie het nie. Of 'n saamrygeleentheid vir 'n vreemdeling.

'n Lewensuitkyk wat deurentyd fokus op ander eerder kos nie te veel nie.

Ek dink aan Brad, en skielik lyk dit nie meer so moeilik om 'n verskil te maak nie.

– Heinz Oldewage is die nuusredakteur van Nuus24. Volg hom hier op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Heinz

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SharePoint Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Senior Java Developer/ Java Team leader

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.