Heinz Oldewage

Dít bly die grootste raaisel...

2011-06-22 07:43
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die afgelope naweek verruil ek en 'n paar vriende die gemak van ons voorstedelike McMansions vir 'n oggend in die plaaslike township.

Die plekkie, 'n deurmekaar mengelmoes geboutjies met 'n onuitspreekbare naam, is so te sê in ons agterplaas – 'n jammerlike buurt pondokke 'n hanetree van die strandfront se paleise.

Die rede vir ons uitstappie? 'n Vriendin het 'n paar weke gelede 'n besending poppe (ja, poppe) van 'n weldoener in Aus ontvang, en 'n paar van ons het besluit om 'n paar rand by te las vir klere en 'n paar lekkernye, wat ons daardie oggend aan 'n klein groepie kinders by 'n skuiling wou uitdeel.

Ons ry ‘n goeie vyftien minute en soek na ons eerste kuierplek. 'n Enkele teerpad maak hier en daar plek vir 'n triestige modderpaadjie wat lei na nêrens. Kinders, hoenders en honde hardloop die wêreld vol.

By ons eerste stilhouplek raak dit sommer gou duidelik: ons het nie naastenby genoeg gebring vir die tientalle kinders wat om die motor saamdrom nie. In ons naïwiteit het ons die reaksie op ons gebaar van welwillendheid heeltemal onderskat. Ons besluit later om 'n paar van dié wat die slegste lyk eenkant toe te roep, en deel die pakkies onder hulle uit.

‘n Driejarige wat duidelik ‘n slagoffer van fetale alkoholsindroom is gryp haar pakkie gulsig, maar verstaan nie mooi wat om met die kosblik te doen nie. Sy glimlag, maar haar oë is leeg.

‘n Ander meisie, ‘n klein asem in ‘n gehawende pers sweetpak, pas dadelik haar pienk top aan. Dis eers toe sy na haar nuwe pop wys met ‘n groen wysvinger wat ons twee keer kyk. Gangreen. Dié vinger sal beslis afgesit moet word. Ons vra haar ma hoe lank haar vinger al so lyk. “Van gister af,” antwoord sy. Van gister af. As jy so sê, mevrou.

So deel ons een vir een ons pakkies aan ‘n paar van die gelukkiges uit. Een het nie genoeg klere aan om die koue buite te hou nie. 'n Ander ly duidelik aan wanvoeding. Nog 'n ander het al maande nie 'n vaste blyplek nie.

Die reaksie op die pakkies wissel van uitbundige vreugde tot teruggetrokke dankbaarheid.
 
Neem 'n paar foto's, vervlaks, beduie die vrou in my lewe ná 'n ruk se rondstaan.

Maar ek kan nie. Want ek voel sleg.

Ek voel sleg omdat ek weet dié realiteit – om 'n bestaan uit te krap tussen die modder en rook – is vir die meerderheid van ons bevolking 'n daaglikse realiteit.

Ek voel sleg omdat ek vanmiddag weer na my piepklein wêreldjie van voorregte en weelde terugkeer.

Maar die meeste van alles voel ek sleg omdat ek nie my blinkmooi iPhone soos 'n wafferse Chinese toeris wil uitpluk om 'n paar kinders se swaarkry te verewig nie.

Later, met die meeste kinders uit die oog, neem ek tog een of twee foto's. Maar die gevoel van ongemak, selfs magteloosheid, verlaat my nie.

Toe ons die middag daar wegry besluit ons sonder aarseling om so gou as moontlik terug te keer met meer. Hoe dan anders? Dis ‘n normale reaksie. Noem dit naief. Noem dit ondeurdag en idealisties. Maar wanneer jy met swaarkry gekonfronteer word, wil jy iets daaraan doen.

Dis eers later die middag, terug in my eie wêreld, wat ek op 'n nuuswebwerf gekonfronteer word met 'n tragedie van 'n ander aard – 'n raaisel wat my daagliks met meer wrewel en afgryse vul. 

Die raaisel van die hot shot-politikus wat met 'n blouligbrigade en een van sy twee blinknuwe miljoenrand-BMW's in dié strate afgly sonder om 'n tikkie ongemak te voel.

Wat sonder aarseling die nuwe mags en leersitplekke bestel bloot omdat hy mag, terwyl die mense wat hy 'dien' op aalmoese leef.

In my lewe het ek al heelwat gesien en geleer. Maar dít, my vriend, bly vir my 'n raaisel.

– Heinz Oldewage is nuusredakteur van Nuus24. Volg hom hier op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Heinz

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.