Heindrich Wyngaard

’n Gesprek met Madiba oor sy nalatenskap

2010-10-14 07:55
Tweets Share Share line Print

Onlangs kom iemand weer aangehardloop met die storie dat oudpres. Nelson Mandela pas gesterf het. My navrae het egter bevestig dat dit net nóg ’n gerug was; die skok was dus onnodig.

Maar ons almal weet een ding, en dit is dat Madiba, soos elke ander mens, die een of ander tyd móét doodgaan.

En dalk sal dit wys wees, met respek gesê, as ons dit eens en vir altyd aanvaar – juis noudat hy so bitter oud en baie broos is.

Dit sal vir my op ’n persoonlike vlak seker nie so erg wees soos toe my eie pa my ontval het toe ek nege jaar oud was nie – hoewel ek nie kan sê dat ek my pa in daardie stadium van my lewe al goed genoeg geken het of aangehang het op dieselfde wyse as wat ek met Madiba doen nie.

Nogtans, op ’n breër vlak, sal die “vader van die nasie” se onvermydelike dood ook vir my die impak hê wat die dood van openbare figure en ikone soos moeder Teresa en Michael Jackson op die wêreldgemeenskap gehad het.

En nou lees ek hoe Madiba in sy nuutste boek, Conversations with Myself, skryf:

“One issue that deeply worried me in prison was the false image I unwittingly projected to the outside world; of being regarded as a saint. I never was one, even on the basis of an earthly definition of a saint as a sinner who keeps ­trying.”

Tog is dit presies hoe baie van ons hom beskou – as ’n heilige.

Dit is immers hy wat ons van versoening kom leer het nadat hy byna drie dekades lank deur die apartheidsregeerders in die tronk opgesluit was. En hoe sukkel ander nie steeds om te vergewe nie – selfs al het hulle nie naastenby soveel soos Madiba deurgemaak nie.

Maar terselfdertyd word op sy vergewensgesindheid getrap deur ander wat al die dividende daarvan deel sonder dat hulle self ooit ’n (versoenings)belegging gemaak het.

Dit is egter ook Madiba wat ons daarop wys dat daar goeie mans en goeie vroue in elke gemeenskap is – al vind baie dit soms moeilik om te glo, omdat hulle beïnvloed word deur die ervarings wat (in die woorde van Adam Small) elke dag, nee, elke oomblik van elke dag, soos ’n rasper pynlik oor hul gevoelens skraap.

Eweneens is dit Madiba wat die belangrikheid daarvan by ons benadruk om beskeie en eenvoudig te bly – en respek te betoon teenoor (en vertroue te hê in) ander mense, ongeag wat hul sosiale status in die samelewing is.

“Hy neem elke persoon ernstig op, en alle dinge vloei daaruit,” sê prof. Jakes Gerwel in die nuutste uitgawe van Kuier oor die man wat hom as die eerste kabinetsekretaris in die nuwe bedeling aangestel het.

Ek onthou hoe die einste Madiba my (skrywers)hand styf vasgedruk het toe hy Die Burger se kantore in Augustus 1998 besoek het.

My destydse redakteur, Ebbe Dommisse, het hom toe vertel dat ek ’n lid van die koerant se politieke redaksie en een van die skrywers van die rubriek Van Alle Kante is. Dat ek in albei hoedanighede die enigste bruin teenwoordigheid was, was seker nie nodig om te sê nie, maar Madiba het geglimlag asof hy dit geweet het.

Die gedagte kom maak hom tuis by my dat Conversations with Myself dalk uiteindelik bedoel is as ’n laaste gesprek wat Madiba nie met homself voer nie, maar met ons wat sy nalatenskap moet voortsit en uitbou.

’n Handleiding wat ons moet help om koers te hou, ’n motiveringsboek wat ons van tyd tot tyd kan uithaal en lees, proe-proe soos poësie.

Mans en vroue die wêreld oor, oor die eeue heen, kom en gaan, skryf hy ook in Conversations with Myself. Sommige laat niks na nie, nie eens hul naam nie, asof hulle nooit bestaan het nie. Ander het wel ’n nalatenskap, soos herinneringe aan wrede dade. Daar is vryheidsvegters wat weens gierigheid die armes besteel. Óf daar is ’n nalatenskap van vredespogings en prestasies wat tot ná mense se dood onthou word, oor landsgrense heen. Hulle wat soos Madiba, moeder Teresa en Michael Jackson as onsterflik beskou word.

Maar ek het lank reeds aanvaar – skokkend soos dit steeds sal wees die dag waarop die nuus oor sy dood nié ’n “valse alarm” is nie – dat ook Madiba die een of ander tyd die tydelike met die ewige sal verwissel.

– Oorspronklik verskyn in Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Heindrich

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

SQL DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Negotiable

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.