Heindrich Wyngaard

Oor Obama en Osama en ’n oog vir ’n oog

2011-05-05 07:52
Tweets Share Share line Print

Dit tref my nou dat my (aanvanklike) reaksie op die dramatiese gebeure van 11 September 2001 dieselfde was as die dramatiese gebeure van 2 Mei 2011. Dit het my koud gelaat.

Ek was in 2001 die politieke nuusredakteur van Die Burger en het my nie veel daaraan gesteur toe ’n kollega, Jacques Dommisse, die nuus met ons gedeel het dat twee vliegtuie pas in die New Yorkse World Trade Center vasgevlieg het nie.

Dit het te doen gehad met my afsku in wat ek beskou as ’n obsessie by baie van ons oor alles wat in die Weste gebeur; en ons dikwelse ongeërgdheid oor menselyding wat in Afrika geskied.

Nou weet ek my reaksie was misplaas. Dat duisende onskuldige mense daardie dag in hartseer en skokkende beelde aan die einde van hul lewe gekom het, was geen geringe gebeurtenis nie.

My vooroordeel moes dus vir iets anders plek maak. Die aanval, kompleet asof dit uit ’n sci-fi movie kom, het van almal wat dit gadegeslaan het, van naby of van so ver soos die voetenent van Afrika, vereis om simpatie te toon; en dit moes terselfdertyd (al twyfel ek of dit gebeur het) ons almal noop tot nabetragting oor hoekom die boosdoeners so ’n aanval van stapel sou stuur.

Osama bin Laden was die gesig van die monster. Maar toe verdwyn hy in die stofwolke van 9/11 en verskyn net van tyd tot tyd in video’s waarin hy die Weste en Amerika in die besonder pak en oor verdere aanvalle waarsku.

Teen die tyd toe hy weer persoonlik sy “opwagting” gemaak het, was dit byna’n dekade later – en dit was Maandag (Suid-Afrikaanse tyd) met die aankondiging deur pres. Barack Obama dat Bin Laden deur Amerikaanse magte doodgeskiet is.

Ook in hierdie geval was my onmiddellike reaksie: “So what?”

Naïef soos dit dalk voorkom, wou ek amper vra: Watter verskil maak dit werklik? Dit is tog nie asof Bin Laden se dood ’n einde aan terreur sou bring nie.

En wat, het ek die saak verder beredeneer, is die mees aanvaarbare definisie van “terreur” in elk geval? Sou dit Amerika en die Weste se definisie wees van mense wat teen hedendaagse imperialisme in opstand kom? Of dalk die definisie wat sogenaamde terroriste, soos Bin Laden, aan die “terreur-aksies” van lande soos Amerika gee?

Of sou terreur ook gedefinieer kon word as die inval van soewereine state, soos Amerika gedoen het toe hy Bin Laden in Pakistan gaan doodskiet het?

En wat van die berugte behandeling van “terroriste” in Amerikaanse plekke van aanhouding, soos Guantánamo-baai?

Dit is ondenkbaar dat Obama aan hierdie “naïewe” vrae sou dink toe hy, adjunkpres. Joe Biden en me. Hillary Clinton saam met lede van sy nasionale veiligheidspan na regstreekse beelde van die Bin Laden-aanval gesit en kyk het.

Terselfdertyd is dit moeilik om te bepaal met watter emosies hy ten tyde van daardie “videosessie” gevul was. Dit is makliker met sy minister van buitelandse sake, Clinton: Sy hou haar hand voor haar mond, en haar oë is gerek – ’n uitdrukking van skok? Of iemand wat hard konsentreer op wat sy sien?

Obama lyk amper kwaad (omdat die aanval langer geduur het as wat hy wou hê?) Hy lyk ook gespanne (oor die wyse waarop dit gedoen is, veral omdat Bin Laden, na berig word, nie gewapen was nie?) Of probeer hy emosieloos voorkom (ofskoon hy dalk toe al gesien het hoe sy gewildheid plaaslik toeneem onderweg na ’n potensiële tweede ampstermyn?)

Die antwoord sal ons waarskynlik bly ontwyk totdat Obama ’n boek oor sy presidentsjare skryf.

Maar terwyl ek na die genoemde foto kyk – tesame met die beelde van Amerikaners se feesviering buite die Withuis – sal ek bly wonder of Obama steeds as ’n verdienstelike ontvanger van die Nobel-vredesprys beskou kan word.

En sal dit onvanpas wees om hom te herinner aan die volgende woorde van een van sy eie ikone, dr. Martin Luther King jr.?

“I mourn the loss of thousands of precious lives, but I will not rejoice in the death of one, not even an enemy,” het King, ’n (verdienstelike) vroeëre Nobelpryswenner, gesê. En bygevoeg: “Returning hate for hate multiplies hate, adding deeper darkness to a night already devoid of stars.”

- Wyngaard is ’n skrywer en direkteur van kommunikasie by die visserye-tak van die departement van landbou.

- Oorspronklik verskyn in Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Heindrich

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Network IT Bruma
R25000 - R29000

SAGE CRM Consultant

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

DAIHATSU

Gran Max 1.5 PU
2009
R 89,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 55,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.