Heindrich Wyngaard

Gibbs se boek het wel waarde

2010-11-04 07:49
Tweets Share Share line Print

Herschelle Gibbs moet voel asof hy voor die paaltjies staan en opslagballe, goëlballe, streepballe, foutballe, inswaai- en wegswaaiballe alles op een slag moet trotseer; dat hy ná die verskyning van sy outobiografie,To the Point, sy paaltjies met al sy mag moet beskerm.

Dit sou hom sekerlik ná 20 jaar as ’n professionele sportman nie verbaas nie. Dit is immers hoe dit gaan met ’n sportman wat dapper – of dom – genoeg is om anders te wees.

Hierdie keer het hy ’n doodsonde begaan. Hy het “uit die huis uit gepraat”.

Sportmanskap vereis in die eerste plek lojaliteit teenoor die span, oftewel die boys, amper soos die Broeders van ouds of die Vrymesselaars of Al-Kaïda, en jy durf nie die reëls van dié ongeskrewe eed oortree nie.

Maar hoewel dit sy vertellings oor seks, drank en dagga is wat tot die opspraak oor die boek aanleiding gegee het, handel die boek oor veel meer.

Jy lees ook onder meer oor sy vroeë jare, soos toe hy op 16 vir die WP se senior span gekies is, en die Noord-Transvaler Tertius Bosch hom in daardie kragmeting op Nuweland probeer bangpraat het met dié dreigement: “Today I am going to kill you.”

Jy lees oor sy vaderskap – en dié boodskap aan sy seun, Rashard: “If you continue to enjoy your sport and maintain your dedica­tion, hard work, and of course be a good boy, you’re going to go very far indeed.”

Jy lees verder oor sy groot wedstryde, soos die sogenaamde 438-oorwinning oor Australië, waartydens hy 175 lopies van 111 balle gemoker het – ten spyte daarvan dat hy tot in die vroeë oggendure smoordronk was.

En dan is daar die voorwoord, waarin Gibbs deur die legendariese Gary Kirsten as een van die wêreld se grootste, beste en mees gevreesde kolwers beskryf word, én as ’n opregte mens, wat wel ’n aweregse streep het en dikwels selfvernietigend optree.

Die oud-Protea Daryll Cullinan, oor wie onvleiend in die boek geskryf word, het egter ’n beroep op Gibbs en ander sportpersoonlikhede gedoen om “integriteit” te toon wanneer hulle omstrede voorvalle oorvertel.

Die krieketskrywer Colin Bryden, wat al ’n boek oor Gibbs geskryf het, huldig die mening dat dié 37-jarige speler blykbaar weier om die verantwoordelikheid vir sy eie lewe te aanvaar – en Gibbs, voorspel Bryden, kan maar vergeet om ná sy speeldae krieketwerk te kry.

Graeme Smith, die huidige Protea-toetskaptein, het Gibbs se vertellings oor seksorgies, drinksessies en ’n “kliek” van senior spelers wat die span sou beheer, nek-om probeer draai.

Maar hy gee onbewustelik juis ’n indruk van “baasskap” deur aan te dui dat Gibbs steeds in die span welkom sou wees, mits hy byvoorbeeld “bereid is om saam met elkeen van die spelers oor wie hy skryf, ’n eerlike gesprek te hê”.

Smith het nog nie die boek gelees nie, maar die span het glo geweet dat dit op pad is, en dit, aldus Smith, “het ’n paar van die manne senuagtig gemaak”. Hy sê nie waarom nie.

Daarom verbaas dit ’n mens dat Krieket Suid-Afrika se regsadviseurs nou opdrag gekry het om deur Gibbs se boek te lees en die krieketowerhede oor die inhoud te adviseer.

Indien Gibbs iets onwaars of veral iets lasterliks oor iemand kwytraak, is dit natuurlik daardie persoon se volste reg om regstappe teen hom en sy uitgewer te doen; om hom as’t ware kaal uit te trek.

Maar in die afwesigheid daarvan behoort die boek beskou te word vir wat ’n outobiografie nog altyd was: die perspektiewe van ’n individu, aanvegbaar of nie.

Die waarde van só ’n boek is dat dit die publiek ’n kykie gee in die binnewerkinge van byvoorbeeld ons nasionale sportspanne.

Te dikwels word spelers – kamtig in die gees van sportmanskap en lojaliteit teenoor hul spanlede – aangesê om nie “uit te praat nie”, nie die “geheime kode” te verbreek nie.

Is dit dalk waarom ­Hansie Cronjé die vrymoedigheid gehad het om daardie oggend om 06:30 in Indië aan Gibbs en Henry Wil­liams se hoteldeur te klop en hulle tot wedstrydknoeiery te probeer omkoop?

Dit kon tog nie wees omdat hulle as twee bruin spelers as maklike teikens beskou is nie.

– Oorspronklik verskyn in Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Heindrich

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.