Heindrich Wyngaard

Hierdie advertensies 'smokkel met jou kop'

2011-01-06 07:15
Tweets Share Share line Print

My eksperimentering met rook het in standerd 1 (nou gr.3) begin – en opgehou, omdat ’n klasmaat, Ro­chelle Adonis, my een Saterdagaand op straat gevang rook het.

Ek moes dringend ’n plan beraam om te keer dat sy my by ons klasonderwyser, juffrou Charmaine Swartz, gaan verkla, en druk toe die Maandagoggend my weeklikse spaargeld, seker maar ’n rand of so, in haar hand, terwyl ons die skooldag met die Onse Vader begin.

Die wyndrinkery het egter nie so maklik opgehou nie – selfs nie eens toe dit ’n mens járe later met die gereg laat bots het nie. Jy sou nou kon sê dit was destyds makliker wegsteekbaar – solank jy nie dronk geword en ’n skandaal in die openbaar veroorsaak het nie.

En skandale was daar van kleintyd af oorgenoeg. Soos dronk vroue wat mekaar op straat takel, en mans wat in ’n bakleiery “bystand inroep” in die vorm van messe, bottelkoppe en pikstele. Dit sou gewoonlik hulle wees wat deur die pyn van persoonlike ervaring – in die huis en ook, ja, weens hul velkleur – geweldenaars geraak en dan in verbeteringskole en oorvol tronke, die koninkryk van die bendes, beland het.

Hierdie onheilige drie-eenheid – rook, drank en geweld – is nou die onderwerp van advertensies wat die publiek maan teen die koop van onwettige sigarette en dronkbestuur.

Geharde misdadigers word in laasgenoemde geval uitgebeeld waar hulle in beknopte en deurmekaar tronkselle sit en plesier daaruit put om jou te vertel presies hoe gevaarlik hulle is.

Die hoogtepunt is wanneer ’n gesiglose stem jou meedeel dat dié “manskappe” nie kan wag om jou in hul midde te verwelkom nie.

In die ander advertensies, geborg deur die Tabakinstituut, nogal, verskyn ’n misdadiger met ’n vuurwapen in sy hand en ’n dreigende uitdrukking op sy gesig. Die boodskap is dat as jy onwettige sigarette koop, dié skarminkel die geld baie maklik vir ander geweldsmisdade kan aanwend.

Dit vertel jou darem ook dat jy moet let op die prys – soos as jy minder as iets soos R20 vir ’n pakkie van 20 betaal – en die nikotien-inhoud, as jy wil weet of die sigarette moontlik onwettig is.

Die boodskap is egter duidelik dat jy by implikasie ’n “medepligtige” aan moord, verkragting of gewapende roof kan word as jy onwettige sigarette koop van die boosdoeners wat óf die geld gebruik om misdade te pleeg óf die misdade gepleeg het om die sigarette te bekom.

Nou wonder ek: Maak dit my ook aandadig as ek weet my ma en broers en ander mense koop gereeld pakkies van 20 sigarette vir R9 of R10 by winkels wat deur swart, wit en bruin Suid-Afrikaners én immigrante besit word? Want teen daardie prys kan dit tog beswaarlik aan die bedryf se basiese voorskrifte voldoen.

My beswaar teen hierdie soort skoktaktiek is dat dit selde die verlangde resultate lewer. Wat die dronkbestuur-advertensie spesifiek wel regkry, is om die beeld van tronke as lewensgevaarlike plekke te bevestig – selfs al beskerm die Grondwet (of jy daarvan hou of nie) oortreders se menseregte en veiligheid. En hoeveel skade rig die advertensie aan aan die staat se strewe om plekke van aanhouding in rehabilitasiesentrums te omskep?

Jy loop hier eerder gevaar om die status van geharde misdadigers te verhoog – en dit kan lei tot die verdere verheerliking (of verafgoding) van tronkvoëls en bendes, soos ons dit al baie lank kry in die gemeenskappe waaruit die land se grootste tronkbevolking kom.

En word genoeg ag geslaan op die rol wat werkloosheid en chroniese armoede in dié “migrasie” na misdaad speel?

Dit sou veel beter wees om mense wat reeds aan die invoer van en handel in onwettige sigarette skuldig bevind is, bykomend te “straf” deur daardie mense in die advertensies te gebruik – en ook dié van ons wat al aan dronkbestuur skuldig bevind is, in die advertensies teen dronkbestuur.

Want net om oornag in ’n polisiesel aangehou te word, is al erg genoeg – en dan is jy nog nie eens gevonnis nie.

Om dus met ’n mens se kop te smokkel, soos in die genoemde advertensies gedoen word, getuig van swak smaak en twyfelagtige kreatiwiteit.

– Oorspronklik verskyn in Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Heindrich

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.