Heindrich Wyngaard

Bruines hét ’n bydrae tot dié gesprek te lewer

2011-08-18 08:12
Tweets Share Share line Print

Net die ander dag vra ek ’n mede-deelnemer aan die openbare diskoers in Afrikaans of daar werklik enige sin in “ons” (bruin mense se) deelname hieraan is?

Of word ons, soos bywoners op die Afrikaner-plaas, vriendelik en soms ook nie so vriendelik nie, geakkommodeer?

Die mede-deelnemer meen dat ons heel dikwels net verdra word, dat die deur net op ’n skrefie oopgelaat word vir ons menings; en die reaksie daarop, voeg ek daarby, is baie keer dieselfde, net so voorspelbaar soos wat my kritici my al soveel keer van beskuldig het.

Moet julle aljimmers, word geskel, oor apartheid en die Afrikaners en oor ras skryf? Oor hoe swaar die arme bruin mense tog kry, terwyl hulle aanwas en dronk word en “tik” en hulle kinders “jou ma se ....” leer vloek?

Die slotsom waartoe die kritici dan kom – ’n beskuldiging wat heel gereeld ook na my geslinger word – is dat “ons” aan ’n slagoffer-mentaliteit ly, verbitterd is, onvergewensgesind, weier om aan te beweeg.

Maar eintlik, dink ek, gaan dit hier oor wie oor die reg – en die mag – beskik om die agenda te bepaal, en of “ons” die reg het om daardie agenda te bevraagteken.

Die boodskap skyn te wees: dié van julle wat bevoorreg is om “gekeur” te word om aan gespreksforums deel te neem, mag slegs oor die “goedgekeurde” kwessies praat. Beteken dit dan, wil ek vra, dat die “bevoorregtes” kla as hulle kwessies opper wat saakmakend vir “ons” is? Of beteken dit jou deelname sal net aanvaarbaar wees as jy in ooreenstemming skryf met iemand soos Rhoda Kadalie, wat nog net eergister op Facebook deur die digter Diana Ferrus uitgekryt is vir “die champion van die wit mens”?

Die kritici verdra of verwelkom vermoedelik ook net die bruin (of swart) deelnemers se insette wanneer dié bruines of swartes pleit om begrip vir wat prof. Jonathan Jansen die “kennis in die bloed” van wit mense noem.

Hiervolgens word van jou verwag om te verstaan hoekom sommige wittes nog dink soos wat hulle dink, doen soos hulle doen, reageer soos hulle op dinge reageer – en dat jy hulle asseblief tog met diepe en opregte empatie moet hanteer.

Maar “houd-den-bek” (met apologie aan André P. Brink) is die verwagting blykbaar as jy durf verwys na “ons” lot en in watter mate dit meegebring is deur die feit dat sommige van ons tog meer voordeel uit die verlede getrek het as ander.

Selfs die liewe prof. Jansen beland dikwels aan die ontvangkant van dié sambok. Soos emeritus- aartsbiskop Desmond Tutu nou ook moet koes vir die klippe van kritiek nadat hy nuwe lewe gegee het aan ’n netelige kwessie: dat wit mense hulself moet afvra of dit nie tog sinvol sou wees as ’n welvaarttaks ingestel word nie.

En opeens, lyk dit, is Tutu se ondersteuning van die Springbokke vergete; ook sy ander uitsprake waarvoor hy gereeld uit wit geledere geprys (en uit swart geledere verguis) word, soos sy kritiek op die land se politieke leierskap.

Prof. Jakes Gerwel wil “ons” nou oorreed (as ek hom Sondag in Rapport reg gelees het) dat “ons” eerder moet uitbly uit gesprekke soos dié oor “(apartheid)skuld” omdat dit in wese ’n gesprek “tussen wit Afrikaanssprekendes (Afrikaners) oor wit Afrikaanssprekendes (is) en dus een waartoe buitestanders met groot omsigtigheid moet toetree omdat sulke toetrede alte maklik beskuldigend kan klink”.

En dit wil ons tog nie hê nie, reg? Newwermaaind die kennis in ons eie bloed.

Wel, hier volg die nuus: Té veel Afrikaner-saampraters gee die indruk dat hulle teer op hul verbeelde “bedreigde spesie”-status, ’n toestand wat hulle behoort vry te spreek van verantwoordelikheid aanvaar vir ’n geskiedenis wat nog vlak in die geheue lê.

Juis dáárom, meen ek, behoort “ons” tot die gesprek toe te tree om nuwe inhoud te gee aan hoe uit Afrikaner-geledere, soos Gerwel dit stel, “gepraat (en geluister) word”. Want het “ons” dan nie veel om ons taalgenote te leer oor hoe om te oorleef in die aangesig van vernedering en bedreiging nie?

Solank dit met liefde gedoen word, het Adam Small ons dit op die hart gelê, “hier en nou, en onvoorwaardelik”.

– Wyngaard is ’n skrywer en direkteur van kommunikasie by die visserye-tak van die departement van landbou.

– Oorspronklik verskyn in Die Burger.

Stuur jou kommentaar aan Heindrich

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.