Heindrich Wyngaard

Belydenis bring nie brood vir armes nie

2011-03-24 07:50
Tweets Share Share line Print

Dit was hoog tyd dat die NG Kerk en bepaald die Verenigende Gereformeerde Kerk daadwerklik die stryd teen armoede pak (of dat ten minste gesien word hulle doen dit).

Om hierdie rede was die versoeking groot om “halleluja” uit te roep toe ek van die kerke se armoede konferensie van verlede week hoor en boonop gevra word om daar aan ’n paneelbespreking deel te neem.

Ter voorbereiding het ek weer ’n bietjie deur prof. Sampie Terreblanche, bekende ekonoom, se boek Gemeenskapsarmoede gelees. Dit is ’n samevatting van die Erika Theron-kommissie se bevindinge oor “die ekonomiese posisie van Kleurlinge”, een van die aspekte wat die kommissie in opdrag van die regering moes ondersoek. Jy sou dink dat die inligting verouderd is omdat die kommissie al in 1973 in die lewe geroep is en in 1976 verslag gedoen het en omdat Terreblanche se boek daarna verskyn het.

Dit is hoegenaamd nie die geval nie – selfs al het dinge in sekere opsigte aansienlik verander wat betref “die ekonomiese posisie van Kleurlinge”, danksy onder meer swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie.

Veral die vergelyking tussen “die armblanke-vraagstuk en die armoedeprobleem in die Kleurlinggemeenskap” het betrekking. Onder meer word verwys na ’n houding by sommige wittes teenoor bruin armoede: “Wanneer die armoede van die Kleurlinge en die probleme om dit te bowe te kom, ter sprake kom, is blankes dikwels geneig om die kritiese en veroordelende vraag te stel: Maar as die Afrikaners hul armoede so suksesvol en binne ’n relatief kort tydperk met ’n eie ‘reddingsdaad’ te bowe kon kom, waarom kan die Kleurling dit nie ook doen nie?”

Die kommissie het gemeen dat daar wel “interessante ooreenkomste” tussen die twee stelle armoede bestaan het, maar dat die verskille so groot was dat dit nie “in algemene oppervlakkige terme met mekaar vergelyk kan word nie”. Hierdie verskille was hoofsaaklik: die Afrikaners het destyds oor baie groter en doeltreffender politieke bedingingsvermoë beskik; Afrikaanse (oftewel Afrikaner-) kerke en kultuurorganisasies het ’n belangrike rol gespeel in die “reddingspoging” waarmee Afrikaners vorendag gekom het; en Afrikanerleiers het hulle op elke gebied onbeskaamd beywer vir die belange van alle lae van die Afrikanerbevolking.

Die vierde faktor wat hiermee gelykstaan, of dalk selfs bo die ander uittroon, is dat Afrikaners destyds – en vandag steeds, reg? – ’n volk was “met ’n samehorigheidsgevoel, ’n saambindende geskiedenis en duidelik omlynde kulturele ideale”.

Hierdie faktore is afwesig onder só ’n groot gros van die bruin gemeenskap dat enige ini- siatief wat begin word om dit teen te werk tot mislukking gedoem is.

Sou dit die rede wees waarom die kommissie byna 40 jaar gelede tot dié slotsom gekom het: “Die inisiatief vir ’n gesamentlike poging ter opheffing van die verarmdes in (bruin) geledere sal en kan waarskynlik nie spontaan uit hulle eie geledere kom nie.” En dan (verdoemend?): “Die inisiatief daartoe sal klaarblyklik uit blanke geledere moet kom.”

Nou wonder ek of ’n mens durf vra of die armoede-konferensie die (wit) NGK of die (bruin en swart) VGK se inisiatief was. En hoe nou gemaak as kommentators soos ek tot nou aangevoer het dat dit gebiedend noodsaaklik is dat sodanige “reddingspoging” wel uit eie (bruin) geledere behoort te kom? Miskien spreek dit van ’n ontkenning van die werklikheid aan my kant omdat klaarblyklik nie genoeg wilskrag in die gemeenskap bestaan om dit te laat gebeur nie.

Die polities korrekte rede wat hiervoor aangevoer word, is dat ’n mens nie in vandag se Suid-Afrika nog na kwessies soos armoede deur ’n kleurbril moet kyk nie.

Maar die “steelkant” van dié redenasie is dat daar dan van hulle wat steeds gebuk gaan onder wat Terreblanche “die wydverspreide toestande van chroniese gemeenskapsarmoede” noem, verwag word om die oordrywing van wit armoede – in ’n samehorigheidsgebaar? – te aanvaar.

Die NGK het met hierdie konferensie ’n baie meer betekenisvolle stap gedoen as wat die aanvaarding van die teen-apartheid-Belydenis van Belhar vandag sal beteken. Belydenisse gaan, helaas, nie brood op armes se tafel sit nie.
 
- Oorspronklik verskyn in Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Heindrich

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.