Heindrich Wyngaard

Bees: Div moes wag voor mond gehad het

2010-09-02 08:04
Tweets Share Share line Print

Peter de Villiers glo dit is nie sy verantwoordelikheid om aan ander te verduidelik presies wat hy bedoel het wanneer hy verkeerd verstaan word nie, of wanneer hy mense laat kopkrap – of hulle skok – met sy uitlatings nie.

Die Springbok-afrigter het dit in soveel woorde gestel in ’n onderhoud vir my boek Die Gevleuelde Woorde en Wyshede van Peter de Villiers, uitgegee deur Lapa. “Ek het mos nie verwarring veroorsaak nie,” sê hy.

“Ek het mos nie vir hulle (joernaliste) gesê hulle moet die goed verkeerd verstaan nie.”

En in reaksie op ander se raad dat hy ’n wag voor sy mond moet sit, het hy in Julie verlede jaar in ’n onderhoud met Hanlie Retief van Rapport verklaar hy hét ’n wag voor sy mond. “Maar daai wag slaap verdomp heeltyd!”

’n Mens moet dan aanneem die wag het ook verdomp gesit en slaap toe De Villiers onlangs daarop gesinspeel het dat oorsese blasers die Bokke met opset in die Drienasies-reeks benadeel deur die wyse waarop dié blasers die ­reëls interpreteer.

Hierdie uitlating het hom by die Drienasies-beheerliggaam in die sop laat beland, maar hy het skotvry daarvan afgekom.

Nou berig ’n Engelse dagblad gister De Villiers is glo weer in die moeilikheid – dié keer omdat hy gesê het die Bok-span ondersteun Bees Roux “100%” nadat die Bulls-speler van die moord op ’n metropolisieman aangekla is.

Dit moet benadruk word dat die Bok-breier dit duidelik gemaak het dit beteken nie die span ondersteun Roux op grond van die daad waarby hy betrokke was nie, “maar eerder op grond van die omstandighede wat gelei het tot die situasie wat aan die ontwikkel is”.

Dié situasie is dat Roux tans op borgtog van R100?000 vry is. Die volle besonderhede van wat presies verlede Vrydagaand tussen hom en die betrokke metropolisielid gebeur het, sal egter eers – hopelik – in die hof duidelik word.

Maar wat het De Villiers gedink toe hy sy – en die Bokke se – steun toegesê het aan Roux, ’n speler wat nie eens deel van die Bok-groep is nie?

Hoekom het hy nie die risiko raakgesien dat dit (verkeerdelik) geïnterpreteer kan word dat die Bokke simpatiseer met ’n mede-rugbyspeler wat van moord aangekla word, maar nie met die familie van die polisielid wat in die voorval gesterf het nie?

Hoe hoop ’n mens nie nou dat die verbeelde wag voor sy mond hierdie keer wakker was om hom te wys op die emosies wat die voorval in ’n steeds rasverdeelde Suid-Afrika aan die losmaak is nie.

Jy lees die plofbaarheid van die situasie raak in die onbeskaafde – indien nie gewoon aanstootlike of kru rassistiese – kommentaar van onder andere weblesers op dieburger.com.

En heel opvallend vind sommige dit gepas om ook die koelbloedige moord op die AWB-leier mnr. Eugène Terre’Blanche vroeër vanjaar by te haal. Hoekom is die borgtog van ET se moordenaars veel laer vasgestel as dié van Roux word gevra. Wag vir die volle verhaal oor wat presies gebeur het voordat Roux veroordeel word, word bepleit.

Dit ontgaan die kommentators blykbaar dat ’n mens nie dieselfde stemme hoor opgaan het met die moord op Terre’Blanche nie – selfs nadat werkers, swart én wit, vertel het hoe hy glo oor die jare sy werkers mishandel het.

Maar laat ek onmiddellik byvoeg dat dié beweerde mishandelings steeds nie as regverdiging vir ’n gru-moord ingespan mag word nie.

Die punt wat gemaak moet word, is dat De Villiers aan al hierdie dinge moes gedink het vóórdat hy kommentaar op die Roux-voorval gelewer het; dit kon gehelp het om hom te lei in hóé sy reaksie geformuleer moes word én, vernaamlik, oor of hy hom enigsins hieroor moes uitlaat.

Onwillekeurig wonder ek dan of die Bok-afrigter se (misplaaste?) steun aan Roux dalk enigiets daarmee te doen kan hê dat Bees ’n Bul is en dat De Villiers die laaste tyd – bepaald uit die Blou Bul-kamp – oor sy spankeuses stormgeloop is?

Geen Bok-afrigter kan immers in dié pos oorleef as hy nie keer dat hy deur die “blou trop” vertrap word nie.

Maar ook hieroor moet ’n mens nie ’n verduideliking van sy kant verwag nie.

* Heindrich Wyngaard is ’n onafhanklike kommentator.

- Oorspronklik verskyn in Die Burger

 

Stuur jou kommentaar aan Heindrich

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Heindrich Wyngaard-kommentaar

sanet1234 sê... Wat sê jy nou van die gedokterde halfnaak foto van Helen Zille wat of Facebook is? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.