Harald Pakendorf

Komende verkiesing lyk droewig vir ANC

2011-04-18 07:31
Tweets Share Share line Print

Om ’n verkiesingsuitslag ’n maand voor die tyd te probeer voorspel is baie gevaarlik.

Tog is dit net moontlik dat 18 Mei die datum sal wees waarop die ANC sy eerste groot skrik gaan kry.

Dit sal ’n voortsetting wees van ’n tendens wat met die vorige algemene verkiesing reeds duidelik begin word het.

Die ANC het nasionaal swakker gevaar as voorheen, het nog slegter op provinsiale vlak gedoen en in die stede nog vrotter.

Hierdie verkiesing word juis op plaaslike vlak gevoer en dinge lyk nie goed vir die regerende party nie.

Maar eers: Natuurlik sal die ANC steeds verreweg die meeste stede en dorpe beheer ná die verkiesing.

Dit gaan hier egter oor ’n tendens – en dié is afwaarts vir die regerende party. Goed, die ANC het met vorige verkiesings gewys dat hy ’n formidabele veldtog kan voer en ’n verwagte slegte uitslag kan omkeer in een wat steeds redelik is.

Nogtans is daar ’n aantal dinge wat reeds duidelik is.

Die een is dat die DA met Helen Zille aan die spits daarin geslaag het om die kiesdebat te definieer. Daar is niks meer oor van die veg-terug-DA onder Tony Leon nie. Die party sê nou baie sober: Kyk na wat ons reeds gedoen het waar ons regeer en vergelyk dit met hoe die ANC die dinge doen.

Dat die ANC begin besef dat dinge nie goed verloop nie, kan gesien word in die emo-sionele oproepe aan kiesers om bevryding te onthou en desperate pogings om die DA se goeie werk af te maak as maar net vir mense wat in voorstede woon en nie vir die in townships nie.

Die geveg gaan dus oor dienslewering en daar dui marknavorsing duidelik daarop dat die kiesers nie meer glo in beloftes nie en dat die bevrydingsgevoel begin verdof. Verwag dus dat die ANC ál skriller sy eie rol in die bevryding sal besing en probeer benadruk dat 350 jaar se verdrukking nie in twee dekades reggestel kan word nie.

Die gebeure in Ficksburg kan dalk net een van daardie belangrike momente wees waar kiesers se emosionele band met die ANC geknip word. Gewis sal dit die wegblystem verhoog – wat goed is vir die kleiner partye.

Waar gaan die ANC sleg vaar? In die groot stedelike komplekse is daar ’n kans dat hy Pretoria en Port Elizabeth aan ’n DA-geleide koalisie kan afstaan. In al die ander stede, behalwe Durban, gaan die party waarskynlik agteruit boer.

In die Oos-Kaap, veral dié dele wat aan die Wes-Kaap grens, gaan die ANC sukkel. So ook in Noordwes en die Noord-Kaap, waar verliese verwag kan word.

In die Wes-Kaap lyk dit maar droewig vir die ANC. Kaapstad verloor hy gewis en die DA kan dalk die stad op sy eie wen – wat hy dan met sy koalisie-vennote doen, sal interessant wees. Baie belangrik vir die toekoms is dat die DA nie begin glo hy kan die ANC alleen aanvat nie.

Koalisie-vorming is die pad vorentoe. Geen arrogansie jeens kleiner partye, ’n oop gemoed ten opsigte van samewerking en die vermoë om nie net met een party in koalisie te gaan nie, is noodsaaklike strategieë ná die verkiesing.

– Oorspronklik verskyn in Rapport.

Stuur jou kommentaar aan Harald

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.