Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Gasrubriekskrywers

Woolworths benadeel wit én swart

2012-09-07 12:33
Tweets Share Share line Print

Met die Paralimpiese Spele in die agtergrond kom 'n boodskap op my Twitter deur. Dit is 'n skakel na Ferial Haffajee se artikel ter verdediging van Woolworths se diskriminerende posadvertensies wat volgens haar deel is van 'n kwansuis noodsaaklike rasgebaseerde regstellendeaksie-proses wat sal help om die land 'n beter plek te maak.

In hierdie omstandighede kon ek nie anders as om terug te dink aan die “gekleurde” Amerikaanse skrywer, Dinesh D’Souza, se beskrywing van regstellende aksie as 'n soort “Special Olympics” vir swartes nie.

Haffajee skets 'n emosionele prentjie van swart mense met skewe tande wat in haar klas ondergeskik was aan die wit mense wie se tande reguit was. Sy kom tot die gevolgtrekking dat die speelveld, 18 jaar ná 1994, steeds nie gelyk is nie en dat regstellende aksie 'n noodsaaklikheid is. Sy argumenteer dat regstellende aksie nie diskriminasie is nie omdat dit in die Grondwet verskans is ('n non sequitur-argument na my mening), en gaan dan voort deur Solidariteit en AfriForum as struikelblokke te tipeer en my met Julius Malema te vergelyk – eina!

Haffajee se perspektief dat armoede, werkloosheid en ongelykheid van Suid-Afrika se grootste probleme is, word nie betwis nie. Wat wel betwis word, is die sogenaamde oplossings wat voorgehou word. Haffajee is saam met die ANC in die denkskool wat glo in die bevordering van formele gelykheid, in teenstelling met substantiewe gelykheid.

Die verskil is eenvoudig.

Verskillende wegspringpunte

Dié wat glo in formele gelykheid, ondersteun regstellende aksie as oplossing. Dit is 'n uitkomsgebaseerde benadering waarvolgens die sukses van gelykheidsmaatreëls gemeet word aan die formele uitkoms van die proses – in hierdie geval, of die arbeidsmark “verteenwoordigend” (lees 90% swart) is.

In teenstelling daarmee glo die ondersteuners van substantiewe gelykheid in opleiding as oplossing. Dit is 'n insetgebaseerde benadering waarvolgens sukses gemeet word aan die vraag of mense op gelyke vlak met mekaar kan kompeteer en die arbeidsmark kan betree sonder dat hulle in groepe gekategoriseer moet word.

'n Uitkomsgebaseerde perspektief op gelykheid impliseer dat die wenpaal vir sommige mense verder van die wegspringpunt geskuif moet word om te verhoed dat die fiksste atleet wen. Dit is presies wat ons tans in Suid-Afrika beleef en Woolworths se onlangse “blacks only”-advertensie is 'n sprekende voorbeeld. 'n Meer gesonde benadering is om in opleiding te belê. Dit sou impliseer dat die onfikse atlete met deeglike toerusting (lees opleiding) toegerus moet word om te verseker dat almal op gelyke vlak kan kompeteer en dit nie nodig is om verskillende wegspringpunte (lees rassekwotas) te stel nie.

Ten spyte van wat Haffajee en ander kwota-ondersteuners, soos Jimmy Manyi sê, is die implikasies van hierdie wenpaalmanipulasie hoogs immoreel en kan dit selfs langtermyn katastrofiese implikasies vir swart Suid-Afrikaners inhou.

“Swart” of “benadeelde”?

As redakteur van City Press sal Haffajee sekerlik bewus wees van die feit dat 'n wit polisievrou haar onlangs tot die howe moes wend om die boodskap oor te dra dat dit verkeerd is om posreservering op grond van ras toe te pas.

Ek weet nie of sy ook bewus is van Basil Kourie, die voormalige Suid-Afrikaner, wat tans medies aan die Universiteit van Texas studeer nie. Basil het 7 onderskeidings en 'n gemiddeld van bykans 90% in matriek behaal. Hy is egter op grond van “onvoldoende akademiese prestasie” by elke mediese fakulteit in Suid-Afrika afgekeur om plek te maak vir swart matrikulante wat swakker presteer het. Om met die vereistes van regstellende aksie te strook, is die matrikulante nie goedgekeur omdat hulle benadeel is nie, maar uitsluitlik omdat hulle swart is. Basil aan die ander kant, is nie afgekeur omdat hy bevoordeel is nie, maar uitsluitlik omdat hy wit is.

Ek weet ook nie of sy weet van die wit studente wat by die Universiteit van Pretoria verbied is om ekstra klasse, wat as “black only” geoormerk was, by te woon nie, of van die lys van instansies wat op grond van ras weier om beurse aan wit studente toe te ken nie.

Die realiteit is dat wit mans net ongeveer 4,5% van die bevolking uitmaak. As alle wit mans dus summier uit die arbeidsmark verwyder sou word, sal 95,5% van die bevolking steeds nie geholpe wees nie.

Kortsigtig

Dit is kortsigtig om ten gunste van regstellende aksie te argumenteer in 'n tyd waar Suid-Afrika in 'n enorme onderwyskrisis gewikkel is. Verlede jaar het 348 117 leerders matriek geslaag, terwyl daar twaalf jaar gelede 1 055 397 kinders in graad 1 was. Dit beteken dat minder as 33% van 2000 se graad 1’s twaalf jaar later matriek geslaag het, om nie eens te praat van handboeke wat verbrand word, akademiese standaarde wat verlaag word en politieke inmengery in skole en universiteite nie.

D’Souza spreek sy kommer uit oor Amerika se swart minderwaardigheidskompleks en verwys na 'n soort Spesiale Olimpiese spele om te illustreer dat regstellende aksie daardie kompleks sal verskans, eerder as om dit te beveg. Dit is volgens hom 'n metode om vir swartes te sê dat hulle liewer nie met hul wit eweknieë moet kompeteer nie.

Woolworths kan dus wit personeel uitsluit totdat hulle blou word in die gesig. Dit sal nooit 'n bydrae lewer om hierdie land se ongelykheidsprobleem op te los nie.

– Ernst Roets is Adjunk Uitvoerende Hoof van AfriForum. Volg hom op Twitter by @ernstroets.
 

Stuur jou kommentaar aan Ernst

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
99 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: Chris Hani Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Sea Cow Lake Road
  • Tuesday Durban - 18:30 PM
    Road name: M7
    TRAFFIC LIGHTS not working at the Bellair / Wakesleigh Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.