Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Gasrubriekskrywers

Waarheen nou met Instagram, Facebook?

2012-05-04 13:38
Tweets Share Share line Print

Toe Instagram-gebruikers 'n maand gelede hoor die sosialemedia-reus Facebook het hulle gunsteling-fototoepassing gekoop (en dit nogal vir 'n aardige $1 miljard, oftewel R7,7 miljard), het die meeste van hulle semi-histeries op die nuus gereageer.

"There goes the neighbourhood," was die onderskrif van 'n gewilde prent wat op sosiale netwerke die ronde gedoen het.

Dit was natuurlik nie die eerste keer wat Instagram-liefhebbers so op nuus oor hulle heligdom reageer het nie. Enkele weke tevore het Instagram hulle toepassing, wat voorheen net op die iPhone, iPad en iPod Touch beskikbaar was, ook aan Android-gebruikers beskikbaar gestel (Android-gebruikers het die toepassing 'n miljoen keer in net 24 uur afgelaai!). Ou Instagrammers het toe ook gesteun en kreun oor die onwelkome nuus dat die Instagram-heelal groter word.

Dié emosionele reaksie is natuurlik te verstane. Instagram het daarin geslaag om 'n lewendige gebruikersgemeenskap op te bou, en dis voorwaar 'n aangename produk om te gebruik. Dis veral lekker om te wag vir jou vriende om te reageer op die foto's wat jy geneem het, en dis pret om spogfoto's te kan neem selfs as jy maar power vaar met 'n regte kamera.

Dis presies wat Instagram is: 'n unieke ervaring wat vir jou 'n wêreld oopmaak waarvan jy nie noodwendig voorheen 'n deel was nie. En soos enigiemand met 'n iPhone jou sal vertel – die toepassing werk regtig goed. Dis eenvoudig, maar elegant. Dis 'n fantastiese speelding. En net soos enige stout kind wil 'n mens nie jou gunstelingspeelding met die hele wêreld deel nie.

Die probleem is natuurlik dat daar 'n paar ongeskrewe reëls op Instagram is. Gebruikers laai nie sommer tientalle foto's op 'n slag nie – jy laai net een op 'n slag; gewoonlik jou heel beste. Dis deel van die DNS van Instagram. Dié manier van doen is natuurlik heel anders as op Facebook, waar gebruikers sommer 'n hele klomp foto's laai. Die feit dat gebruikers by ongeskrewe reëls soos dié gehou het, is wat Instagram se gemeenskap gemaak het wat hy is.

Wat my terugbring na die reaksie van Instagrammers: Dié lot is met reg bang dat Facebook-gebruikers dié ongeskrewe reëls nie sal verstaan nie, en die gebruikersgemeenskap op horings sal neem. Meer nog: hulle is bang Facebook se ontwikkelaars sal nie dié reëls verstaan nie, en die program verander op maniere wat die elegansie en doeltreffendheid van die toepassing vir almal sal bederf. Dan is daar natuurlik ook die grootste vrees: dat Facebook net die tegnologie ágter die toepassing gekoop het, en dit binnekort sal sluit.   

Met die eerste aanhoor is hierdie natuurlik geldige argumente. Facebook skuld Instagram-gebruikers niks, en kan enigiets verander wat hulle wil. Maar ek dink ek verskil van dié siening. En daar is 'n paar redes voor.

Eerstens het Mark Zuckerberg, miljardêr-grootbaas van Facebook, dit duidelik gemaak dat hulle nie beplan om Instagram self te sluit nie. Dié toepassing sal soos voorheen beskikbaar wees. Ook Instagram se uitvoerende hoof het dieselfde belofte gemaak.

Maar daar is ook 'n ander voordeel ter sprake: Facebook het nou 'n kommersiële motivering om Instagram nie net lewend te hou nie, maar te verbeter. Met die Instagram-gemeenskap wat al groter word (onthou, miljoene Android-gebruikers is ook nou aan boord), sal die waarde wat Facebook tot die toepassing toevoeg, fyn dopgehou word. Jy kan seker wees gebruikers sal dadelik hulle ontevredenheid duidelik maak as Facebook enige veranderinge maak wat hulle nie aanstaan nie. Boonop sal Instagram nou baat by die werk van 'n enorme span ontwikkelaars (pleks van die 13 of so wat tot dusver daaraan gewerk het). Daar is geen perk op wat jy uitrig wanneer jy een van die grootste en waardevolste internetmaatskappye ter wêreld is nie.

Dan is daar ook natuurlik die voordele vir Facebook-gebruikers. Facebook sal sonder twyfel baat by die ervaring van die Instagram-span en hulle tegnologie. Verwag dat jou foto-ervaring op Facebook in die nabye toekoms gaan verbeter. Die eerste tekens is klaar te sien. Ten spyte van bewerings dat dit niks met die Instagram-kopie te make het nie, het Facebook Vrydag aangekondig dat gebruikers sonder slimfone nou twee foto-filters op die mobiele weergawe van Facebook sal hê.

Dit het dalk niks met Instagram uit te waai nie, maar dit is 'n aanduiding dat Facebook ernstig is oor tegnologie en gebruikerservarings soos dié wat Instagram bied.

Dié stap is maar 'n kleintjie; maar dit is ongetwyfeld die eerste in 'n rits verbeterings aan die foto-aspekte op Facebook. Facebook sal ongetwyfeld nog 'n paar truuks by hulle nuwe Instagram-vriende leer. 

Beide Instagrammers en Facebook-gebruikers kan op die ou end by dié kopie baat. Wag maar net – jy sal sien.

Stuur jou kommentaar aan Gigaben

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Parts Controller

Mpumalanga
ALOS Holdings Pty Ltd
R200000 - R220000

Sales Representative

Cape Town
DAV Professional Placement Group
Market Related

Sales Director: Post Schools

Cape Town
DAV Professional Placement Group
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.