Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Gasrubriekskrywers

Soms mis ek Londen...

2012-04-18 11:52
Tweets Share Share line Print

Soms, net soms, mis ek Londen.

Die treine wat (die meeste van die tyd) betyds was, en altyd silwerskoon.

Die salaris wat selfs vir my, in 'n relatief junior pos, toegelaat het om die wêreld plat te reis.

Die vliegkaartjies wat ek gekoop het asof dit 'n brood by die kafee is. Die naweekuitstappies na grênd hotelle en eksotiese plekke.

Die vullisverwyderaar wat elke week Woensdag, amper klokslag om 10:00, die week se afval opgetel het. Wat nie 'n enkele week oorgeslaan het nie en my nooit lastig geval het vir 'n Krismisboks nie.

Die spotgoedkoop internetverbinding waarmee ek teen die spoed van wit lig ontelbare rolprente, musieksnitte en speletjies kon aflaai.

Die belaglik bekostigbare motor waarmee ek rondgerits het – 'n model wat ek nooit hier in Suid-Afrika sou kon bekostig nie.

Die netjiese hoofstraat van die distrik waar ons gewoon het. Nie 'n enkele slaggat of papiertjie nie.

Die gewoel op Leicester Square en in Oxford-straat, die musiekwinkels op Tottenham Court Road en die opwinding van die Weseinde.

Die kliniese doeltreffendheid van die polisie en die indrukwekkende manier waarop die plaaslike munisipaliteit my sake hanteer het. Nie 'n enkele fout op 'n rekening in dié geweste nie.

Die voordeur wat in twee jaar nooit behoorlik kon sluit nie, en die feit dat ons ons nooit eintlik daaroor bekommer het nie.

Aflewerings van e-Bay en Amazon en die plaaslike supermark...

Soms, net soms, mis ek Londen.

Maar ander dae, soos vandag, teug ek aan die Karoo-lug, kyk uit tot waar die bloed-rooi son oor die eindelose vlaktes sak en sny nog 'n stuk biltong af. Dan luister ek hoe die wind deur die doringbome huil en besef opnuut: al die ponde, eerstewêreld-luukses en eksotiese uitstappies in die wêreld is nie genoeg om die betowering van Afrika te laat vervaag nie.

Ek hoort hier. En dít kan níks verander nie.

Stuur jou kommentaar aan Reisiger

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.