Gasrubriekskrywers

Nee, ten spýte van Zuma

2011-10-28 07:35
Tweets Share Share line Print

Dis op die beste van tye vrek moeilik om iemand soos pres. Jacob Zuma of Mac Maharaj, sy gladde segsman, vas te vra. Op die kere dat Zuma voor joernaliste verskyn – ook die min kere dat hy ’n volledige onderhoud toestaan – flits die opsies baie vinnig voor die vraesteller verby.

Begin jy met ’n aanloop om konteks aan jou vraag te kan gee? Sodat die éintlike punt waarby jy wil kom nie misverstaan kan word nie? Baie volg dié opsie; die geneuk is net dat die punt wat jy as vraesteller wil maak baie vinnig kan verdwyn in ’n lang, lomp vraag.

Die ander opsie is om dit kort en reguit te hou; nie heeltemal ’n ja- of nee-antwoord nie, maar ’n vraag wat nie misverstaan of verkeerd vertolk kan word nie. Die doel is om ’n skerp, ondubbelsinnige antwoord te kry. Partykeer kry jy egter ’n bot, kort antwoord wat geensins verband hou met die vraag nie en dan’s dit te laat.

Sedert adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), die eerste van haar bevindings oor wanbestuur, ongerymdhede en vermeende misdadigheid onder lede van die uitvoerende gesag in Februarie vanjaar bekend gemaak het – oor die geskorste genl. Bheki Cele se verdagte rol in die sluit van die nou berugte huurooreenkomste vir ’n nuwe polisiehoofkwartier – was dit haas onmoontlik om ’n sinvolle antwoord te kry uit enigiemand wat tel.

Nie een van die genoemde tegnieke het gewerk nie. Ook nie mooi praat, smeek, dreig of enige ander poging was suksesvol om te bepaal of Zuma dit hoegenaamd oorweeg om teen Cele en later Gwen Ma­hlangu-Nkabinde (pas afgedankte minister van openbare werke) of Sicelo Shiceka (samewerkende regering en tradisionele sake) op te tree nie.

Maar skielik vandeesweek doen Zuma sy aankondiging: agt skuiwe in die kabinet, Shiceka en Mahlangu-Nkabinde afgedank, Cele geskors én besonderhede uitgereik oor die regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie.

Dít, ná maande se doodse stilte en vrae oor Zuma se verbintenis tot skoon regering. Nou word in talle kringe gemeen Zuma “het die leisels vasgevat”, hy “wys hý is in beheer” en “wys hy is ernstig oor korrupsie”.

Maharaj se gepoleerde antwoord – ook Dinsdagoggend toe hy sy poetsery op plaaslike en nasionale radiostasies voortgesit het – was: “Sien julle, die president moes net die ruimte gegun word om die proses behoorlik te laat ontvou.”

Die werklikheid, ongeag wat Maharaj sê, is dat Zuma geen ander keuse meer gehad het as om te doen wat hy gedoen het nie. Die betrokke prinsipale se gedrag kon, ondanks talle pogings om hulle te verontskuldig – om nie eens van die intimidasie van die OB te praat nie – net nie langer geïgnoreer word nie.

Zuma het nie uit eie beweging opgetree nie. Hy is deur Madonsela se uiters bekwame ondersoek, haar helder en ondubbelsinnige bevindings en sy eie aanstellings se arrogansie gedwíng om dit te doen.

Sy besluit om die albatros om demokratiese Suid-Afrika se nek – die wapentransaksie – te laat ondersoek, was ook nie die gevolg van ’n nuut ontdekte verbintenis tot bestryding van korrupsie en deursigtigheid nie, dit is afgedwing danksy die kruisvaarder mnr. Terry Crawford-Browne, wat al die pad na die konstitusionele hof is om Zuma te dwing om dié katnes oop te vlek.

Sekerlik is die land ná vandeesweek se gebeure beter daaraan toe: ’n baie swak minister (Shiceka, wat terloops nie so ’n slegte LP was nie) en ’n aaklige minister (Mahlangu-Nkabinde, wat as adjunkspeaker en speaker selfs swakker was) is weg, terwyl Cele bes moontlik sy laaste medaljeparade bygewoon het.

Dít is egter nie danksy Zuma se besliste leiding nie, maar eerder danksy ander se vasbeslotenheid.

Joernaliste sukkel dalk om antwoorde by Zuma en Maharaj te kry, maar dis duidelik Madonsela weet presies hoe om die vrae te stel. 

- Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Pieter

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.