Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Gasrubriekskrywers

Hoe lyk dié jonges se toekoms?

2012-09-13 09:34
Tweets Share Share line Print

'n Mens kan baie leer van 'n land (en 'n land se toekoms) deur net na sy jongmense se houding en optrede te kyk, het ek nog altyd geglo.

Dit was destyds, toe ek in Londen gewoon het, vir my veral opvallend.

Ek het baie gedink oor dié land se jongmense, wat vir my oor die algemeen buitengewoon traag en boonop bederf was.

Ek het dikwels gesit en wonder wat jongmense hier in Suid-Afrika sou kon doen met die geleenthede en rykdom wat jongmense in Engeland geniet. Ek het dikwels net my kop geskud as 'n bedorwe, chronies depressiewe Engelse tiener kla oor sy lot in die lewe.

Dáár het ek, wanneer 'n tiener in die straat aangestap gekom het, eerder na die ander sypaadjie oorbeweeg – boewery onder tieners is 'n groot probleem in dié land – iets wat in die onluste in Londen in 2011 sterk na vore gekom het. 'n Meer rigtinglose klomp het ek nog nooit teëgekom nie.

Maar dis nie Londen se jongmense wat my dié week twee keer laat dink het nie. Dit was 'n groepie jongmense in goeie ou Kaapstad wat my bekommerd gelaat het.

Terwyl ek naby die ingang van 'n winkelsentrum gestaan het, het ek toevallig gehoor hoe vier tieners opgewonde gesels oor 'n groep jong mans wat hulle onlangs leer ken het.

Uit die gesprek kon ek aflei dat die jong mans waaroor hulle so opgewonde gepraat het, in hulle laat twintigs was, en waarskynlik 'n jaar of drie gelede begin werk het.

Ek het geluister hoe een seun in die groep opgewonde vertel hoe een van dié manne so vinnig ryk geword het uit 'n enkele kontrak dat hy nie die einde van sy skatte ken nie. So het hy met groot smaak vertel hoe dié jong ryke by partytjies soms sommer vir die grap 'n ontwerper-baadjie op die braaivliesvuur gooi – sommer omdat hy kan.

Een van die ander het ook ingespring, en vertel hoe dié einste Blink Stefaans 'n bottel duur sjampanje vir die grap oor sy potplante uitgegooi het.

Die groepie was in vervoering. Die een storie na die ander oor Blink Stefaans is vertel – een meer uitspattig as die ander.

Of al dié stories waar is, weet ek nie, maar die jonges se bewondering vir dié vent was duidelik. Hulle het hom, en sy uitspattige optrede, bewonder. Hy was vir hulle 'n rolmodel.

"Dis ék daai... binnekort," het een van hulle vasbeslote laat hoor. Die ander het entoesiasties geknik.

Ek het na dié groepie gekyk – duidelik nie van 'n hoë sosio-ekonomiese stand nie (só kon ek uit hulle voorkoms, klere en maniere aflei). Ek het begin dink aan hulle verwagtinge, en opnuut begin wonder oor die "rolmodelle" wat vandag aan Suid-Afrika se jongmense voorgehou word.

Dink daaraan: Skakel gerus jou televisie aan, of lees jou koerant. Wie is die voorbeelde van sukses vir die meeste van Suid-Afrika se jonges vandag? Na wie kan 'n seun in jou plaaslike township opkyk? Wie dien as rolmodelle vir die jong, voornemende sakemanne in ons voorstede? Watter gedrag dien vir dié jonges as model?

Is dit die groeiende stroom jong tenderpreneurs – 'n nuwe klas wat ons jongmense geleer het sukses kom oornag? Is dit die vermaaklikheidsterre, met die onrealistiese lewenspeil en sakke vol skatte? Is dit die enkele sportsterre wat miljoene verdien vir hulle talente?

Ek kyk na hierdie rolmodelle, en die gebrek aan stabiele, realistiese, waardige mense om hulle plek in te neem as voorbeeld vir ons land se jonges, en kan nie help om onrustig te voel nie.

Is ons nie besig om 'n generasie op te hef wat totaal onrealistiese verwagtinge het nie? Is ons nie besig om jongmense die wêreld in te stuur wat oornag-sukses en miljoene in die bank as 'n gegewe, as 'n rég beskou nie?  

En wat gaan dié jonges doen as die werklikheid van die lewe hulle inhaal?

Stuur jou kommentaar aan Reisiger

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Overborder Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Durban
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.