Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Die Klubhuis

Die vryste mens op aarde

2012-05-25 09:16
Tweets Share Share line Print

Micah True het verdwyn.

Die 58-jarige Amerikaner het op 'n Dinsdagoggend in Maart opgestaan, 'n oefenbroek en T-hemp aangetrek en alleen op die voetpaadjies van die Gila-wildernis in die wilde suidweste van Nieu-Mexiko gaan draf. Hy's nie weer gesien nie.

Dit het nie lank geneem voordat vrywilligers begin opdaag het om te help soek nie. (True was 'n alleenloper, maar hy het baie vriende gehad.)

'n Helikopter en vliegtuig is die lug in gestuur en reddingspanne het die digte bosse gefynkam.

Onder die vrywilligers was Ray Molina, een van die Amerikaner se beste vriende. Toe hy van True se verdwyning hoor het Molina dadelik in sy 1979 Mercedes gespring om met die soektog te help.

Micah True is beter bekend as Caballo Blanco (die Wit Perd). Hy was 'n bekende atleet – 'n ultra-hardloper wat oor berge gevlieg het en aan wedrenne deelgeneem het wat dubbel die afstand van 'n marathon was. Dit was niks vir True om die oggend wakker te word en 50 km te draf nie. Voor slaaptyd het hy gou weer 20 km om die blok gehardloop.

Maar mense het hom nie bewonder vir sy talent om lang afstande in die wildernis af te lê nie – dit was sy vermoë om te inspireer wat van hom 'n legende gemaak het.

True was 'n vrye siel wat van mieliemeel, boontjies en drome in die afgesonderde Copper-vallei in die noorde van Mexiko geleef het om naby die Tarahumara Indiane te wees.

Die Tarahumara-stam word beskou as die beste natuurlike hardlopers in die wêreld.

In kleurvolle bloese (ja, bloese), 'n lap om die heupe en sandale aan hul voete kan die Tarahumara soms soveel as 'n honderd kilometer 'n dag aflê. Die stam is menssku en leef in afsondering, maar die Indiane het Caballo Blanco verstaan. Die Wit Perd was een van hulle.

True se verhaal word breedvoerig vertel in die top-verkoper deur Christopher McDougall, Born to Run.

McDougall wou aanvanklik 'n boek oor vier ultra-atlete skryf, maar sy tyd in die Copper-vallei het 'n ander idee laat posvat.
 
Hier was 'n Amerikaner wat tussen die skaam Tarahumara Indiane gewoon het – 'n geheimsinnige alleenloper. En Micah True was boonop nie sy regte naam nie.

Die naam Micah is uit die Bybel geneem en True was die naam van sy getroue hondevriend van lank gelede, True Dog.

True is Michael Randall Hickmann gedoop. Sy familie was konserwatief en Rooms-Katoliek, maar hyself was 'n kind van die 70's. Sy lang, blonde hare het tot by sy skouers gehang en Ernest Hemingway en Franse filosofie was op sy boekrak.

As jong man het True 10 maande lank in 'n grot in Hawaii gewoon. Vir ekstra geld het hy begin boks en 'n los werkie hier en daar opgetel.

Hy het alleen deur Amerika geswerf en ‘n tyd lank in Boulder, Colorado, gewoon waar hy sy passie vir hardloop waarlik kon uitleef.

'n Paar jaar later het hy sy huis in die Copper-vallei gebou met klippe wat hy vanuit die rivier aangedra het.

True se lyk is drie dae nadat die soektog na hom begin het, deur Molina en twee ander vrywilligers langs 'n waterstroom gevind waar hy half agteroor gesit het met sy arms teen sy bors, een skoen uitgetrek en 'n waterbottel wat daar naby gelê het.

Sy dood was onverwags en hartseer, maar op 'n manier was dit ook volmaak. Want Micah True het gesterf terwyl hy deur 'n ongelooflike landskap beweeg het, terwyl sy vriende deur valleie, woude en strome gestap het en sy naam uitgeroep het.

Vir baie het hy die onbekende paaie verteenwoordig, die bergpadjies wat wegswenk van geld en ‘n alewige kyk na die horlosie.

Hier is wat Micah True ons kan leer: Vergeet vir ‘n oomblik van Zuma se Spear, Facebook-updates, die petrolprys wat jou doodwurg.

Draai ‘n bietjie van die hoofpad af en hardloop, hardloop vinnig. Dalk sien jy vir Micah True langs jou raak. 

Bronne:
Born to Run – Christopher McDougall
The Michah True Story – Barry Bearak, NY Times
 

Stuur jou kommentaar aan Klubhuis

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R720000 - R800000

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.