Dana Snyman

’n Brief, met die datum regs bo

2011-11-11 07:13
Tweets Share Share line Print

Skryf mense nog briewe vir mekaar?

Ek praat van ’n propperse brief, wat met ’n pen op ’n vel papier geskryf is, met die datum waarop dit geskryf is bo aan die regterkant.

’n Brief wat begin met die woord “Liewe” of “Beste” of “Hallo”.

’n Mens ontvang deesdae aanhoudend e-posse van mense, ja. Jy kry ook SMS’e en boodskappe oor Facebook.

Maar dikwels begin so ’n e-pos of ’n SMS of ’n Facebook-boodskap nie eens met “Liewe” of “Beste” of “Hallo” nie.

In hierdie haastige tye waarin ons leef, dit weet ek, is daar seker nie regtig meer tyd vir die tydsame ritueel van briefskryf nie: Gaan koop ’n skryfblok, skryf die brief, skeur die velletjie uit die skryfblok, vou dit op, plaas dit in ’n koevert, lek die gomstrokie agterop die koevert nat, plak die koevert toe, skryf die adres voorop, gaan na ’n posbus, pos dit, en wag en wag op ’n antwoord.

Deesdae is dit: tik jou mening, wense of behoeftes vir iemand op die rekenaar se skerm, druk ’n knoppie en verwag ’n antwoord terug.

En, ja, dis seker nie ’n slegte ding nie. Maar is daar deesdae, ondanks die spoed van hedendaagse kommunikasie, minder misverstande, vooroordele en wantroue tussen mense? Dit is seker moeilik om so iets te bepaal.

Gaan mense deesdae, danksy e-pos, teksboodskappe en Facebook, nie meer slordig met taal te werk nie? En lei dít nie weer tot slordige denke nie?

Om ’n propperse brief vir iemand te skryf, was nog altyd vir my ’n manier om ’n rustige gesprek met iemand te voer. Jy kan jou woorde sit en kies.

Daar is iets formeels en verfynds aan die skryf van ’n brief. Selfs wanneer jy vir iemand kwaad is, sal jy hom of haar nie sommer op papier vloek of op ’n plat manier slegsê nie. Jy sal meer beredeneerd te werk gaan. Jy sal beskaafd en verdraagsaam wees.

Jou woorde is in ink op papier vasgevang, daarom kies jy hulle mooi.

O, en hoe lekker is dit nie om ’n brief in die pos te ontvang nie! Dis ’n klein ritueel. Eers kyk jy of jy die handskrif op die koevert kan herken.

Herken jy dit nie, loer jy na die poskantoorstempel. Selfs al ken jy die handskrif, skeur jy daardie koevert met ’n ligte gevoel in die hart oop. Of, wel, soms skeur jy dit net oop.

Wie het nog nie daardie velletjies papier uit ’n koevert gehaal en daaraan geruik nie? ’n Brief dra iets van die een wat dit geskryf het met hom saam.

Dis waarom dit moeilik is om ’n brief, selfs een wat slegte nuus gebring het, weg te gooi. Daar is iets permanents aan ’n brief. Dit maak gevoelens formeel, byna asof daardie gevoelens nie bestaan het nie voordat dit woorde op die papier geword het.
Net om ’n skryfblok te gaan koop, was eens op ’n tyd nogal ’n gedoente.


Jy kon kies tussen verskillende soorte. In sommige skryfblokke was selfs ’n klein wit-en-blou springbokkie op
elke velletjie papier gedruk.

Dit was vir wanneer jy ekstra geld by die poskantoor betaal en die brief per lugpos gestuur het.

Jy het ook sulke kleinerige skryfblokke gekry met sulke sketse van blommetjies hier onder in die hoek.

Die velletjie papier waarop jy geskryf het, het nie lyne opgehad nie. Jy het so ’n kartonblad waarop lyne was onder die velletjie ingedruk. Dan het die lyne deur die papier geskyn en kon jy in ’n reguit lyn skryf.

Leer kinders nog op skool hoe om ’n brief te skryf? In Afrikaans en Engels, onthou ek, is ons geleer hoe om verskillende briewe te skryf: die persoonlike brief, die sakebrief...

Dit was ook die tyd toe jy nog, wanneer jy klaar met matriek was, ’n getuigskrif van die skoolhoof en die predikant ontvang het. So ’n getuigskrif is ook in briefformaat geskryf.

Eintlik is elke brief wat ’n mens skryf ’n getuigskrif van jouself.

Ek kan nie onthou wanneer laas het ek ’n regte brief vir iemand geskryf nie, een op ’n vel papier, een met die datum bo in die regterkantste hoek.

– Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Dana

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.