Dana Snyman

Ope brief aan die minister van vervoer

2011-11-04 07:30
Tweets Share Share line Print

Geagte minister Ndebele,

Ek het in die koerant gelees hoe u in die afgelope jaar of wat sowat R1,4 miljoen van die staat se geld aan luukse hotelverblyf bestee het.

U het onder meer 25 nagte in ’n hotel in Johannesburg oornag, terwyl u as die minister van vervoer oor ’n ampswoning in Pretoria, minder as 100 km daarvandaan, beskik.

Baie mense is kwaad vir u daaroor. Dis belastinggeld daardie wat vir beter dinge gebruik kon gewees het, sê hulle.

Ek vermoed ek is ook vies vir u daaroor, maar – en vergewe my as dit neerbuigend klink – ek voel ook jammer vir u.

Is dit dan regtig vir u lekker om in ’n hotel tuis te gaan?

Ek moes in my lewe ook al dikwels in hotelle tuisgaan.

Ja, eers was dit nogal ’n aardigheid: al die skoon handdoeke, die bedliggie wat werk, die digte gordyne.

Maar toe begin ek agterkom: Ná ’n dag of twee in ’n hotel begin ek bedruk voel.

Ken u daardie gevoel?

Jy kry daardie plastiek-deurkaart by ontvangs. Jy stap in die gang af, en nêrens is ’n foto of ’n skildery wat jou aan iets van jouself herinner nie.

Jy druk die kaart in die gleufie, maar eers flikker die liggie rooi. Jy probeer weer. Aaa! Groen!

Jy stoot die deur oop en stap in, sonder dat ’n hond teen jou kom opspring. Nêrens lê ’n kat opgekrul op ’n bank nie, nêrens is ’n kind se speelding op die grond nie.

Jy gaan sit op die bed, onder begeleiding van die dowwe gemor van die lugreëling. Die matras is perfek geveer, maar dit ken nie die kontoere van jou lyf nie.

Jy maak ’n kas oop, en nêrens hang jou ou skooldas nie, nêrens is die vae reuk van motbolle nie.

Jy kyk by die badkamer in. Daar staan die botteltjies met die sjampoe en die lyfroom in. Daar lê die sepie, met die omhulsel wat jy later met jou tande sal oopskeur, want met die hand kry jy dit nie oop nie.

Jy maak nog ’n kasdeur oop, en, sowaar, daar staan jy lewensgroot na jouself en kyk.

Herinner ’n hotelkamer u nie knaend aan iemand wat u nie is nie, minister Ndebele?

Ek glo nie dis toeval dat soveel bekende mense in hotelkamers dood is nie, dikwels in desperate omstandighede: Oscar Wilde, Janis Joplin, John Belushi, die bokser Sonny Liston...

Het u al ooit na ’n hotelrekening gekyk en effens afgehaal gevoel en vir uself gesê: Eintlik het ek maar net ’n paar ure lank in die bed geslaap, in die bad gebad en ’n bietjie TV gekyk – nou moet ek al hierdie geld daarvoor betaal.

Al wat jy op die ou end oorhou, is die sepie wat jy in jou tas gepak het.

Doen u dit ook, mnr. Ndebele? Vat u ook elke keer die sepies en goed saam?

As u dit doen, wat doen u daarmee, as ek mag vra? Gee u dit vir iemand? Uit R1,4 miljoen se hotelverblyf behoort daar nogal ’n hele klomp sepies en botteltjies sjampoe te kom. Of hoe?

Groetnis en bon voyage.

– Oorspronklik verskyn in Die Burger.

Stuur jou kommentaar aan Dana

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.