Carryn-Ann Nel

’n Tyd om te gaan

2011-09-15 07:28
Tweets Share Share line Print

Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan.

Die kom-gedeelte is gewoonlik easy-peasy. Maar wanneer jy voel jy het nou genoeg gehad en dat die mense moet gaan…weet jy net nie hoe om dit te doen nie. Dis soos om vir iemand te sê hulle mond stink, sonder om hul gevoelens seer te maak: Daar is net nie ‘n mooi manier om dit te doen nie.

Scenario een (met my suster gebeur):

Jy en jou boyfriend is albei in standerd 8 (graad 10 vir die jonger generasie). Jy en jou boyfriend het pas ontdek dat julle twee nogals lekker in mekaar se ore kan fluister. Probleem is, jy en jou boyfriend kan net vry onder jou ouers se dak. En al moet jou boyfriend 22:00 die huis verlaat, vergeet mens mos soms van die tyd as mens besef hoe lekker dit is om in ander se ore te kan fluister. Wyl julle nog liefdevol fluister, verskyn Goliath agter jou boyfriend, in ‘n ontie en een stukkende toon in die sokkie met die woorde: “Nag Earl.” Dan weet jy. Dis tyd om te gaan.

Scenario twee (het al met my gebeur):

Jy braai op ‘n Saterdagaand by jou pêlle, Henry en Susan. Die Stormers het vroeër die Bulle se gatte geskop. Jou mondhoeke blink nog van die tjoppie wat jy so pas geëet het. Die huis is vol mense se stemme wat praat en in die agtergrond kan jy hoor hoe Roxette begin speel. Jy besef terstond dat jy lanklaas ge-air-guitar het. Voordat jy nog jou skoene kan uitskop, sê Natalie vir Henry: “Komaan Henry, die mense is seker al moeg. Hulle wil seker al gaan slaap.” En dan weet jy. Dis tyd om te gaan.

Scenario drie (wat ek by ‘n vriendin gehoor het):

Sonder om in te veel detail in te gaan, jy het ‘n one night stand. (Dis nie ek nie, Moeks.) Die volgende oggend skrik julle wakker, jy klim uit die bed, gaan kombuis toe, sit die ketel aan, Mansmens verskyn in die kombuis en jy sê: Ja, ek het net koffie vir ‘een’ gemaak. Dan moet hý weet: Dis tyd om te gaan.

Ons was al almal aan die ontvanger kant hiervan. En soms, soms wil ons net régtigwaar hê dat die mense nou huiswaarts moet verkeer. Hulle dink nooit aan die skottelgoed wat gewas moet word, of hoe jy al héélaand jou oë net toegeknyp het wanneer jy daardie vuil badkamervloer gesien het nie.

My redenasie in my kop is altyd: Ek wil op niks uitmis nie. En ek voel as ek vroeg waai, dat iets gaan gebeur wat ek nie wil mis nie.
 
Hier is ‘n lysie waarna ons elkeen (ek sluit myself in) moet kyk as ons na iemand/ mense toe gaan en moet weet wanneer dit tyd is om spore te maak:
 
- Iemand begin was die skottelgoed ‘n bietjie te hard.
 
- Al die songs waarna jy soek om op te dans, “het ek nie op ons laptop nie”.

- Die persoon by wie jy kuier kyk die heeltyd na die horlosie teen die muur.

- Niemand weet nie meer waaroor om te praat nie, en kyk na die televisie.

- Een van die huismense mompel iets soos “ek mis my bed”.

- Die drank of koffie is op.

- Die polisie daag op.

– Carryn-Ann Nel is 'n verslaggewer vir Die Burger.

Stuur jou kommentaar aan Carryn-Ann

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.