Carryn-Ann Nel

'n Aandjie saam met Meneer Perfek

2011-09-23 08:02
Tweets Share Share line Print

Ek het nog nooit van modelle gehou nie.

Hulle is net ‘n klomp mooi gesiggies en mooi lywe wat eintlik niks indrukwekkend gedoen het, behalwe om nee dankie te sê vir seconds by ‘n partytjie nie.

Mense wat dit hulle loopbane maak gee my die creeps. Seriously.

Dis nie eens asof hulle noodwendig die “mooiste”  is of alleenreg op skoonheid het nie, maar hul gesigte verkoop handsakke en sjampoe…dis net vir my ‘n bietjie, wel, weird.

Ons almal is mooi. Op ons eie manier. Sommiges is net harder op die oog en minder vleiend, maar ek glo daar is ‘n uniekheid in ons elkeen se voorkoms. Iets wat jy het, wat die volgende persoon nie het nie. Paris Hilton wens sy’t kleiner voete gehad en Megan Fox wens haar duime was mooier. Ek is byvoorbeeld mál oor my lippe (ek sou myself graag wou soen). En my ore.

Toe ontmoet ek hom. Mnr. SA.

Net soos dit enige meisie se droom is om eendag as mej. SA gekroon te word (daardie droom spat aan skerwe wanneer jy op 16 die eerste rekmerke op jou bobeen gewaar en vir jouself sê “It's not gonna happen”), wonder ek soms of dit elke mán se droom is om as die land se mooiste man gekies te word.

Ek het Mnr. SA die oggend ná sy kroning oor die telefoon ge-interview. Sy foto’s, wat deur sy bestuurder vir my aangestuur is, is op my skerm vergroot en kollegas is nader gewink om sy blou oë en six pack te kom bewonder. Glád nie sleg nie. Ek wil jou aan my ma gaan voorstel.

En toe ontmoet ek die mansmens. By die kroning van Mnr. en Mej. SA Fiksheid.

Watter ironie, het ek gedink. Hoe k-k moet my lewe wees dat ek hom moet ontmoet by ‘n plek waar die een liggaam meer perfek as die volgende een is. Die een plek waar ek seker die dikste en rondste en mees selluliet-belaaide mens is. Watter kaaaaans het ek met dié blou-oog man?

Hy’t homself eerste voorgestel. En toe’t ons besef dat ons al oor die foon gesels het.

“My jinne, klein wêreld,” het hy gesê, en so op my been geklap. My wange het sommer gegloei soos ‘n tiener wat op haar meneer verlief is.

En so’t ons gesels. Soms in mekaar se oor gefluister. En toe begin die kompetisie met al die stupid perfek geboude mense. En hy, wie se liggaam natuurlik perfek onder daai hemp van hom loer, gee komplimente, en ek, soos ‘n wafferse kenner self, maak of ek nie juis beïndruk is nie. “Nee, daai girl se boude is te pap.” (Sê sy, met haar stewige-iets-in-die-80-kilos-figuur).

Maar ek drink. En rook. En het selluliet. En burp hardop na ‘n glasie Coke. Dié ou sal nóóit na my kyk nie.

Ek het in ‘n stadium my foon uit my handsak gehaal en baie diskreet aan die wêreld op Facebook verkondig langs wie ek by die geleentheid sit, en hoe my soektog uiteindelik verby is. Alle kritiek wat ek voorheen teen modelle gehad het, het verdwyn soos daai Steers Burger wat ek vroeër die aand in my kieste gebêre het.

En toe loop daar ‘n girl verby. Jy moes al iewers ‘n soortgelyke meisie gesien het: Die rokkie só kort, ek sweer dis eintlik ‘n toppie wat met ‘n jean gedra moet word. Sy stap verby hom en “I hope you’re enjoying your evening” vir hom.

Hy het net liggies ge-smile en verder met my, twee keer die breedte van Boobs, gepraat.

Hy is net van daardie nederige ouens wat nie die wêreld oor homself dink nie (al het hy die wêreld aan sy voete). Hy droom verder as die nou. Hy praat oor impak deur sport maak. Hy weet hy’s jonk, maar weet juis dat dit nóú sy kans is. Hy is beleefd. Hy swot steeds. Saans nogals. Hy praat met die dik girl.

Alle modelle is seker nie so sleg nie.

Seriously.

– Carryn-Ann Nel is 'n verslaggewer vir Die Burger.
 

Stuur jou kommentaar aan Carryn-Ann

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.