Carryn-Ann Nel

Sê dan eerder net nee

2011-10-20 07:57
Tweets Share Share line Print

Ons almal het al so ‘n mens teegekom: Hy lyk soos ‘n verlore lid van ‘n band, met sy lang olierige hare en vuil jean.

Hy kom reguit op jou afgepeil, so asof hy jou al lank dopgehou het en uitgekies het.

Maar nee. Hy soek nie ‘n hoofsanger nie. Hy soek geld.

Die storie is altyd dieselfde: Hy het dringend geld nodig vir ‘n taxi/ bus/ trein huis toe en hy is régtig jammer om jou te vra en hy is nié ‘n bedelaar nie en besef hoe snaaks dit mag lyk, maar hy gebruik elke laaste greintjie in sy binneste om jou dit te vra, en sou nie gevra het indien dit nie ‘n noodgeval was nie.
 
“Maar het jy assebliéf ‘n R10 vir my?”

Dan staan jy daar met twee opsies: Gee geld, of hou aan loop en maak asof jy hom nie gehoor het nie.

Ek kies altyd opsie twee. Die rede is eenvoudig: ek wil konsekwent wees. Ek wil nie vir een ja sê en die ander nee sê nie, so ek maak altyd net asof ek regtig nie die vraag gehoor het nie en “vinnig by die werk moet kom” voordat ek die hasepad kies.

Sjit man. Is dit nou regtig nodig om myself deur al dié skuldgevoelens te sit?, dink ek elke keer wanneer ek wegstap.

Ek weet ek kom uit ‘n huis waar daar elke aand kos op die tafel en ‘n dak oor my kop was. My ma-hulle kon bekostig om my ná skool te laat swot. Ek het ‘n werk. Ek het ‘n kar. Ek het sigarette in my sak.

Dis egter moeiliker om nee te sê by ‘n verkeerslig. By ‘n oop venster kan jy nie “maak asof jy nie gehoor het nie” want hier staan hy dan nou langs jou venster. Kaalvoet.

My vriendin het my een keer vertel dat iemand ook so by haar venster gestaan het en toe sy geweier het om na hom (uit haar oop venster) te kyk, het hy geantwoord: Sê dan net nee.
 
Ons het dalk nie ‘n verpligting om geld te gee nie, maar ek voel ons het ‘n verpligting om menslik te wees. En ek stem dus saam, ons kán dan net nee sê.

So het ek onlangs een oggend by ‘n verkeerslig gestaan waar die koerantverkoper langs my venster kom staan het. Nee, ek stel nie belang in ‘n koerant nie, sê ek en beduie na my koerant op die oop passassierssitplek.

“Maar marram lyk dan so mooi vandag”, kom dit van die verkoper se tandlose en glimlaggende mond.

Ek wil nog ongeërg iets mompel, toe hy sy ware vraag vra: Of hy maar ‘n sigaret kan kry. Ek gee dit toe dikbek aan. (Want langs my koerant waarna ek pas beduie het, lê my pakkie Rothmans).

Die volgende oggend is die verkeerslig weer rooi. Koerantverkoper glimlag weer sy tandlose smile.

“Kan marram my weer sponsor met ‘n entjie asseblief.”

Ek: “Gaan dit nou elke oggend gebeur?”

“Ja marram. Want marram is dan my nartjiepit.”

En blyer om ‘n sigaret uit te deel was ek nog nooit.

– Carryn-Ann Nel is 'n verslaggewer vir Die Burger.  

Stuur jou kommentaar aan Carryn-Ann

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.