Carryn-Ann Nel

Om ‘n gemerkte vrou te wees

2011-10-13 07:19
Tweets Share Share line Print

Ek het altyd mense met tatoeëermerke veroordeel.

Wanneer ek iemand met een of ander arend op sy skouer of 'n tribal sign op sy arm gesien het, het ek altyd gedink: God gaan jou straf wanneer jy eendag in die hemel kom (dis nou as jy dit tot op daardie punt maak, wat ek in elk geval betwyfel).

Tatoeëermerke is net so onnodig. Dis net daar vir die show. Om te bewys dat jy pyn kan verduur. Maar ‘n mens se liggaam is mos nie ‘n canvas nie?

Ek gril altyd so ‘n bietjie wanneer ek mense sien wie se hele been of arm swart en rooi van die ink is – om nie eens te praat van die mode-neiging onder sporthelde nie.
 
Dit noop my altyd om die vraag te vra: But why? Jy hoef jou nie te beseer om uit te staan nie.

Ja. Julle weet wat volg: Toe kry ek een.

Sommer so 'n impulsiewe kom-ek-doen-iets-exciting-vir-2007-oefening waaraan ek myself blootgestel het. Net om te bewys: Ek kan ook.

My merk? ‘n Strepieskode met my geboortedatum. Waar, vra jy? Sommer daar onder my nek.

Ek onthou die dag vaagweg. Dit was vroeg in Januarie 2007 en dit was vakansie. Ek en Sus was iewers op ‘n road trip in die Oos-Kaap, waar ons dié dag olifante gesien het.

Op pad terug na ons hotel toe, het ek net gevoel dis tyd. My ma-hulle sit doer in die Kaap en sal in elk geval niks daaraan kan doen nie.

My kredietkaart moes die onkoste dek – want ek het mos nie vir die blou ink op my lyf begroot nie!

My kunstenaar was nie eens 'n rowwe man in ‘n leerbaadjie met gesigte van duiwels oor sy liggaam verewig nie. Nee, ek het ‘n 24-jarige blou-oog blondine-meisie gehad met “slegs” een tatoe op haar maag. (Ek het daarop aangedring om dit te sien.)

Die pyn was erg. Mense jok vir jou wanneer hulle sê dis nie so erg nie. Ek het my suster se hand vasgehou soos ‘n vrou wat in kraam is. Boonop moes ek stilsit, anders het my reguit lyne soos zig-zag-strepies gelyk, wat nie eintlik die plan was nie.

Terwyl ek daar gesit het, het ek ‘n paar keer gewonder of ek nie gék is om dié vrou te vertrou wat my permanent gaan merk (iets wat saam met my tot die dood gaan) omdat ek niks van agter kon sien nie.

Dit was so ‘n halfuur later klaar. Rooi van die swel, en glad nie so sexy soos wat ek gedink het dit sou lyk nie. Dit het selfs gebloei, en die ou in Mr. Price agter my het heeltemal uitgefreak van die bebloede strepieskode onder dié girl se nek. Shame. Arme ding.

Toe begin die opmerkings: “Hoeveel kos jy?” En. “Kan ek jou scan?”

En selfs meer angswekkend: “Jy het die merk van die dier.”

(Nee, ek het nie daaraan gedink nie. En ja, dit gebeur steeds.)

Ek’s nie spyt nie. Mense kan dit sien wanneer ek so voel. En daar sal altyd ‘n cute ou wees wat navrae daaroor doen.

Oor die hemel toe gaan-storie, weet ek egter nie meer nie.

Gaan ons nie almal uiteindelik die merk van die dier kry nie?

Ek’s julle seker maar net een voor.

– Carryn-Ann Nel is 'n verslaggewer vir Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Carryn-Ann

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.