Carryn-Ann Nel

Ek wens...

2011-11-17 09:40
Tweets Share Share line Print

Ek wens iemand kon my op die ouderdom van 10 vertel dat dit heeltemal okei is om briefies vir jou klasmaats na hul huis te pos.

Wanneer sal ek ooit weer ‘n handgeskrewe brief van ‘n vriendin kry met die datum, plek, en liedjie wat in haar kop speel, so mooi in ‘n handskrif wat ek onmiddellik gaan weet is hare, nog selfs voor ek die einde van die brief bereik...
 
Ek wens iemand kon my op 11 vertel om nie my ouers se stompies op te tel en te rook nie. Dis as gevolg van hierdie nuuskierigheid wat ek vandag steeds nie van die gewoonte ontslae kan raak nie.

Ek wens iemand kon my op 12 vertel hoe simpel dit was om te bid dat my period sou kom. Vandag haat ek dit met ‘n passie. Wel, soms is ek ook bly. Maar ek dink jy weet wat ek bedoel.

Ek wens iemand kon my op 13 vertel dat my puisies nié vir ewig op my gesig gaan bly nie. Ek wens ek het dit nie uitgedruk sodat dit ‘n stadige dood teen die badkamerspieël sterf nie. Ek wens ek het geluister en minder daaroor gestres. Dit het weggegaan.

Ek wens iemand kon my op 14 vertel dat ek aan meer sport moet deelneem. Vandag kla ek oor die twee stelle trappe wat ek by die Sars-gebou moet klim.

Ek wens iemand kon my op 15 vertel dat dit okei is dat my grootste bekommernis was watter Spice Girl ek wou wees. Al vyf van hulle het iets spesiaal gehad wat ek graag wou hê. Posh se kleresmaak, Baby se glimlag, Sporty se lyf, Scary se dans-moves, Ginger se attitude. Decisions, decisions.

Ek wens iemand kon my op 16 vertel het dat dit nie so ‘n slegte ding is om jou naam gat te maak nie. Dat dit okei is om te lag wanneer jy by die skool se trappe afbliksem die oggend nadat jy op die verhoog was vir ereklere. Jy sal in die skoolkoerant verskyn.

Ek wens iemand kon my op 17 vertel om meer aandag in die rekeningkunde-klas te gee. Ek sou vandag beter met my salaris kon werk en nie klokslag die 5de van elke maand my kredietkaart gebruik nie.

Ek wens iemand kon my op 18 vertel om meer te luister en minder te praat. En aan daardie vriendskappe van die pouse-kring vas te klou. Ek is net met één van my vriendinne nog vriende. Net een.

Ek wens iemand kon my op 19 vertel dat hý altyd 19 sou bly.

Ja, ek wens ek was nog op skool, man. En ek wens dit was nie so vinnig verby nie. Al was dit net vir een rede: Die skoolvakansie wat die kinders kry. Die meeste van alles wens ek ek het dít ter harte geniet. Vandag kry ek net 20 af dae die hele jaar.

Maar ons wil mos nie luister nie. Wie luister dan ooit?

– Carryn-Ann Nel is 'n verslaggewer vir Die Burger.    
 

Stuur jou kommentaar aan Carryn-Ann

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.