Carryn-Ann Nel

Aandag, asseblief

2011-11-24 07:46
Tweets Share Share line Print

Daar is 'n lewensgrootte advertensiebord wat ek elke aand by verbyry op pad huistoe.

Dis een van daardie American Swizz-borde met die slim woordspeling.

Die mees onlangse een, met ‘n foto van ‘n horlosie, het my oog getref. Dit lui: There is no present like the time.

Hoewel ek ‘n bietjie van ‘n weird verhouding met tyd het (ek het myself op die ouderdom van 14 gedwing om my horlosie op my regterarm te dra omdat ek nog altyd links wou wees) is ek altyd laat.

Al is my horlosie opsetlik vyf minute vroeër gestel.
 
Ek maak in die bed al in my kop verskonings oor hoekom ek laat by die werk gaan wees, net om daardie vyf minute later te lê. En ek sál daardie laaste minuut of twee in die badkamer voor die spieël deurbring om my maskara aan te sit, al blaas jy die toeter onophoudelik.

Ag wat, mense vergeet, en shit happens.

Maar as daar één geval is waar niemand mý tyd moet mors nie, is dit wanneer jy op jou selfoon besig is terwyl jy met my praat, en my dan vra om te herhaal wat ek gesê het.
 
Julle mag my dalk kruisig hiervoor en ek blameer julle nie aangesien ek nou die onvergeeflikste ding in die geskiedenis van morele waardes doen... maar laat ek gou uit ‘n episode van Keeping up with the Kardashians aanhaal:

Kourtney en Kim is op ‘n middagete-afspraak en Kim is die heeltyd op haar foon doenig.

Kourtney probeer haar aandag kry: “Like oh my gaaaawd, like Kiieeem, like seeeerriioujisleey, that GORGE handbag is just so like GORGE”, vertel sy, maar Kim sit en glimlag vir haar BlackBerry terwyl haar swart naels oor die sleutelbordjie tik.

Sy’t g’n saak met wat haar suster met haar wil deel nie.

En toe los Kourtney net daar haar slaaibordjie en wip op haar stilettos en besluit genoeg is genoeg – sy waai nou.

Slaan my met ‘n nat waslap, maar ek staan saam met ou Kourts.

Ignoreer my, en ek sal myself uit die voete maak. Dit voel asof jy permanent in kompetisie is met 'n toestel wat met gom aan iemand se hand vasgeplak is.

‘n Foon kan maklik ‘n groot tydverdryf word: Dis jou go-to-toestel as jy verveeld is en snakes op jou foon speel in ‘n vergadering, maar ook die toestel wat jy gebruik om met die mense daar buite via oproepe, SMS’e, Facebook, Twitter, Gmail, BBM en WhatsApp en Watsnog te kommunikeer.

Die versoeking van daardie rooi liggie wat flash word net te veel vir die gewone mens.

Maar dis asof ons alle respek verloor wanneer ons in geselskap is. “Praat aan, ek luister” sê my vriendin nog terwyl sy voort tik sonder om op te kyk.

En wat sy eintlik indirek sê is dat my tyd nie so belangrik vir haar is nie.

So jy’t ‘n keuse: Sit jou stiletto – of jou foon – neer.

Tye verander.

– Carryn-Ann Nel is 'n verslaggewer vir Die Burger.    
 

Stuur jou kommentaar aan Carryn-Ann

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 149,995.00

ISUZU

KB250 DTEQ D-Cab LE Dsl PU MY07
2010
R 229,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 112,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.