Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Amo O'Kennedy

Waar is ons vredemakers?

2012-08-22 08:13
Tweets Share Share line Print

Dit is Woensdag, 15 Augustus net na 20:00.
 
‘n Egiptiese man staan op en vra, “Wat is die één sekerheid van menswees?”.
 
Hy loop na die skryfbord en skryf “dood” in sy eie vorm van die hiërogliewe, amper onleesbaar, neer.  “Wie het al die dood ervaar?” Omdat niemand seker is waarheen dr. George Malek op pad is nie, huiwer almal. Niemand wil sy vraag beantwoord nie. 

Na ‘n paar sekondes van stilte breek dr. Malek self die stilte deur met sy wysvinger na ‘n niksvermoedende student te skiet. “Het jy al die dood ervaar?”, vra hy. “Ja...” begin die student antwoord. “Nee”, val dr. Malek hom soos die interrupting cow van daardie knock knock who’s there-grappie in die rede. “Niemand kan sy eie dood ervaar nie.”

Die lede van die gespreksgroepie oor diversiteit by die Universiteit van Stellenbosch is bekstil. Ek ook.

Dr. Malek wou die volgende punt maak: Sekerheid bestaan selfs buite ons eie ervaring. Hy het dit meesterlik oorgedra deur ons te konfronteer met ons eie verganklikheid, die dood.

Die dood vra altyd harde, maar goeie vrae.

Dit is Donderdag, 16 Augustus net na 16:00.

Op ‘n heuwel naby Marikana in Limpopo bestorm ‘n groep gewapende betogers die polisie. Iemand begin skiet. Skote klap. Betogers slaan neer. Altesaam 34 dood.

Die een sekerheid van menswees was lank laas só wreed in ons gesigte gedruk. Ons lees – die koerante. Ons kyk – na die videos. Ons sien – die foto's. ‘n Myner wat sy mes aflek (sensasioneel, moet ek byvoeg). Groepe mans gewapen met pangas en tradisionele wapens. Die frustrasie skreeu rooi in hul oë. Traangas. Die stormloop. Geweerskote. Dood. Die polisiemanne wat bangerig nader gaan om ondersoek in te stel. Een polisieman verwyder ‘n vuurwapen.

Ons het die dood gehoor en gesien. Ons het dit ervaar. Nie ons eie nie, maar die van ons mede-Suid-Afrikaners. Dit is wat Marikana so hartseer maak.

Dit was óns!

Ons het min betaal en ons het in armoede geleef. Ons is frustreer. Ons het opgestook en ons het twee polisiemanne doodgemaak. Ons het gestormloop en ons is platgeskiet.
 
Oral oor word die gees van Sharpeville opgeroep. Marikana was nie Sharpeville nie! Sharpeville was "ons" teen "hulle". Marikana was ons teen onsself. Almal op daardie koppie was sonder ‘n pas.

Dit was ons!

Die aanloop tot die hartseer gebeure het egter alles behalwe dié soort “ons”-solidariteit uitgespel waarvan ek praat. Dit was die mynbestuur teen die mynwerkers. Die mynwerkers teen die polisie. Die mynwerker-vakbonde teen mekaar, Amcu (Association of Mineworkers and Construction Union ) teen NUM (National Union of Mineworkers).

Amcu teen die media. Die Sowetan Live (17-08-2012) berig dat Vusimuzi Mathunjwa, president van Amcu, joernaliste die skrik op die lyf gejaag het toe hy aan sy gewapende gevolg gesê het dat die joernaliste wat die optogte dek deur NUM beheer word. Die lede van die media wat in daardie stadium slegs ‘n paar meter van optoggangers was, het almal terugbeweeg – almal behalwe diegene wat nie Xhosa verstaan nie.

Selfs na die afloop van die groot skietery het die “ons”- en “hulle”-sentiment hoogty gevier. Malema (dié man, al weer) teen Zuma. Malema vra, of eerder dreig, Zuma om te bedank. Soos ons almal ook kon voorspel word rasselyne met die pangas en die knipmesse van die verlede oopgekerf om so sin te maak van die gebeure. “Apartheid’s legacy” noem die Al Jazeera-nuusleser dit. Sharpeville en Boipatong, skree die vryheidsvegters. “Skiet hulle almal!” skree die voorheen bevoordeeldes. 

Soveel “ons”- en “hulle”-scenarios.

Waar was die leiers wat tussenbeide kon tree? Hulle wat die opregte frustrasie van die mynwerkers kon hoor en hul menslikheid agter die glans van machete-lemme kon sien? Om daagliks jou brood en botter gebukkend in donker, gevaarlike tonnels te verdien is veeleisend. So ook hul gevraagde verhoging na R12 000. Waar was die leiers wat mooi kon verduidelik dat R4 000 'n bietjie té min is, maar ook bereid is om te luister na die rykman se kant?

Ons land is geseën met opstokers. Sommige meer bekkig as ander. Sommige stook met nepotisme en elitisme, ander met haatspraak en opsweping. Almal opstokers. Hoe ken jy hulle uit? Nie aan die geraas wat hul maak nie (al is dit soms ‘n waardige maatstaf), maar eerder aan die manier wat hulle ondeurdringbare lyne (en in baie gevalle bloedlyne) tussen “ons” en “hulle” trek.

Waar is die vredemaker? ‘n Leier wat uitstyg bo die meesleurende krete van sy eie begeertes, sy finansiële state, sy status, sy ras en sy kultuur. ‘n Leier wat hierdie geskreeu kan stil maak met oudtydse geregtigheid. ‘n Leier wat gedryf word deur ‘n visie vir die toekoms... ons toekoms. ‘n Leier wat Marikana se noodkreet kan ontsyfer.

Waar is die vredemaker wat “ons” met “hulle” kan versoen?

Vrede!
 
 – Amo is ‘n vryskutskrywer en studenteleraar by Shofar in Stellenbosch. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Amo

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Langlaagte - 17:48 PM
    Road name: De Ville Street
    TRAFFIC LIGHTS not working at Du Toit Street
  • Thursday Northwold - 17:47 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.