Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Amo O'Kennedy

Soos ‘n tsoenami oor my verskrikte hart

2012-09-18 08:30
Tweets Share Share line Print

Die prentjie van ‘n weerlose vet-bedekte lyfie wat styf en so natuurlik teen my vrou se bors lê is ingeëts in my geheue. 

Ek onthou nog hoe liefde soos ‘n tsoenami oor my verskrikte hart gestroom het, golf op golf – die een sterker as die vorige een. Dit is my kind. Dit is my kind. Dit is my kind, het my hart hakkelend aan my brein gekommunikeer. Die tsoenami het ook my oë bereik – ek het gehuil.

Die beelde en skril gille van pyn en lyding van ‘n paar minute vantevore was heeltemal uitgewis. Niks kon my aandag weglei van die rooilip-dogtertjie wat so vreedsaam op my vrou se bors lê nie. Ook vir my vrou het die seer verdwyn. Die anderkant van die pyn het te ryklik beloon – ‘n dogtertjie, óns dogtertjie.

By vaderskap (moederskap) word iets van ons menslikheid aangeskakel – ons weerloosheid.

Daar is iets in die liefde wat in jou gebore word met daardie eerste skree van jou kind wat die broosheid van ons menslike bestaan blootlê. Eers is dit ‘n gevoel van ontsettende trots wat ontplof in jou vaderhart en dan sulke interessante toertjies in jou maag doen. Ek het deel gehad aan die skepping van dié kind, my kind. Elke DNS-deeltjie van hierdie baba dra my naam.

Maar dan volg die Dean Greyling-oomblik, wat jou ongevraagd aan die anderkant van jou euforiese gemaal kom platduik. Hierdie dogtertjie is gebore in ‘n stukkende wêreld. 

Daar voor jou lê ‘n bondeltjie mens wat nie gekies het om in die wêreld te wees nie, maar nou gebore is in ‘n wêreld waar ongeregtigheid uittroon bo geregtigheid. ‘n Wêreld waar verkragting ‘n groter sekerheid as geletterdheid is. ‘n Wêreld waar elke goeie pa sy dogter moet waarsku teen omies wat onder die rokkie wil peuter. Bewaar daardie man se siel (en van sy ander liggaamsdele ook)!

Die baba wat die nare wêreld moet trotseer is ook nie ‘n arbitrêre kind nie, dit is mý kind. Dit is die besitlike voornaamwoord wat die weerloosheid soos ‘n groot geboortemerk ontbloot. Dit wat ouers broos maak is die liefdesband wat tussen ouer en kind ontstaan – ‘n eienaardige band as ons na die empiriese invloed daarvan kyk.

Daardie bloedjie wat daar op my vrou se bors lê en sukkel om haar ogies deur die vet te laat breek kan in die eng sin van die woord geen “bydrae” tot my lewensgeluk lewer nie. Sy kan nie kos maak nie, sy kan nie my rug krap nie, sy kan nie agter my skoonmaak nie en gaan ook nie vir my sê waar my beursie en my selfoon is wanneer ek haastig op pad uit is nie. 

Inteendeel – sy neem van jou lewensgeluk weg. Ek kan minder of geen fietsparte op Ebay koop nie, want doeke en NAN-melk is duur. Jou nagrus word versteur deur skreegeluide of ‘n elmboog in die rib wat jou beurt om op te staan aandui. En wanneer die tande kom word die elmboog in die rib opgevolg met huwelik-onderonsies sonder enige takt.

Maar ek sal dit enige tyd weer doen. Ek sal ‘n Heyneke Meyer op myself trek en weer vir Morné Steyn kies, want my hart is verbind aan die een wat ek “my kind” noem. Ek sal huil as sy seerkry en skree as ongeregtigheid haar besoek, maar vir “my kind” is weerloosheid of enige vorm van lyding geen opoffering nie. 

Liefde maak die nare wêreld stil en die mens menslik.

Nou gaan ek my rekenaar afsit, gaan inkruip langs my vroutjie en weer my daaglikse gebed bid. Here, gee my ‘n goeie nagrus, Of maak ten minste net haar elmboog stomp.

Amen.

 – Amo is ‘n vryskutskrywer en studenteleraar by Shofar in Stellenbosch. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Amo

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Costing Manager

Midrand
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.