Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Amo O'Kennedy

Meer as een kan dié wedloop wen

2012-07-23 07:00
Tweets Share Share line Print

Die meeste mense kan daarop aanspraak maak dat hulle ten minste een wedloop gewen het. 

Die biologiese wedloop na die eiersel.

As ‘n mens net na die afstand kyk lyk dit na ‘n baie kort naelloop. Relatief tot die grootte van die spermselletjie lyk dit egter meer na ‘n Tour de France .

Hoe dit ook al sy, die meeste mense maak dit tot by die biologiese Arc de Triomphe as alleendraers van die geel trui. Ek sê “meeste mense”, want vir ‘n klein groepie mense is dit nie die geval nie. En dit is aan hierdie biologiese minderheidsgroep waaraan ek behoort. Tweelinge. 

Ek en my broer is van die monosigotiese of identiese soort. Ons voorsaat (ek dink dit is ‘n gepaste titel), die superspermselletjie, is aangewys as die wenner met geeltrui, trofee en die works, maar die organiseerders (noem hulle maar pa en ma) van hierdie resies moes toe agterkom dat die mannetjie op ‘n eienaardige manier gekroek het. Hy het die genetiese materiaal van twee mense in sy lyf versteek. Vervolgens het hy ‘n ontploffing in die bevrugte eiersel veroorsaak wat ons voortgebring het.

So wie het nou gewen? Ek of Kenney (my tweelingbroer)? “Julle was altwee eerste,” hoor ek my ma sê. Dit maak nie sin nie. 

Daar is net een geel trui. Daar is net een goue medalje. Daarom het ons elke geleentheid gebruik om hierdie gelykop-nonsens te verdoem.

Terloops, daar is twee breë kategorieë vir tweelinge, identies (monosigoties) en nie-identies (disigoties). Laasgenoemde kom voor wanneer twee bevrugte eierselle tegelyk in die baarmoeder ingeplant word.

Ons eerste wedstryd was na nege maande se voorbereiding in ons moederskoot. Dit het die vorm van ‘n naelloop aangeneem en Kenney het met drie minute gewen. ‘n Aansienlike oorwinning, inaggenome die afstand van die naelloop – ‘n paar sentimeter. Skreeuend het hy dit gevier. 

Ons genetiese affiniteit vir gelykop-uitslae het egter telkemale met ons wedstryde geknoei. Soos by ons eerste skooleksamen in Std. 2 by Hoërskool Goudini op Rawsonville, toe ons met 87% gelyk eerste gestaan het. Nee, telepatie werk nie. In dieselfde jaar het ons die verspring met 3,12 m gewen. In matriek het ons in beide die 800 m en 1500 m gelyk eerste oor die lyn gegaan. En daar is nog vele ander voorbeelde. Blote toeval? Of ma se gebedsverhoring?

Die interessantste wedstryd was definitief die stoeigeveg in Bloemfontein. Na die wedstrydloting vind ons uit dat tweeling-O’Kennedy mekaar in die eerste geveg in die 0/41 kg-kategorie aanvat. Ons ouers het 1000 km gery in ‘n Geel Ford Shapphire met ‘n wing om na dit te kyk wat hulle gereeld in die pastorie se sitkamer kon sien? Hierdie keer net met reëls. Die skare was tjoepstil. Want sien, daar is ‘n ongeskrewe reël wat sê dat niemand kant kies wanneer ‘n tweeling kompeteer nie. Ouboet het stil-stil met die louere weggestap. 

Ek was beter in die ongereguleerde weergawe. Die laaste ongereguleerde stoeigeveg wat ek kon onthou, was oor ‘n grys sportsak wat hy geglo het syne is. Dit was myne. Syne was blou. Hy was nog altyd die blou tweeling. Daarom moes hy maar saamleef met die gevolge van ‘n onortodokse kopklem-offensief op ons slaapkamermat. Ek moet sê, ek het nogal sleg gevoel na die tyd. 

Ek is jammer Kenney.

Om te wil wen is goed. Ek geniet dit om te wen, of dit nou Settlers of Catan (uitstekende Duitse bordspel) of fietsry of matstoei is, maar soms raak hierdie dryfveer ‘n Frakenstein –‘n stupid monster. Soos wanneer dit jou dring om jou natuurlike talent aan te vul met verbode middels. Stupid. Soos wanneer dit jou oortuig dat jou mede-deelnemers die vyand is, met die gevolg dat jy alles in jou vermoë doen om hulle te elimineer. Stupid. Jou begeerte om te wen raak dan ten koste van mede-deelnemers en ook jouself. Net plein stupid.

Dit is daarom dat ek deesdae vir God dank vir my tweeling-krisis en menige gelykop-uitslag. 

Ek het besef (is geneties gedwing): Ek het nie gewen nie, maar ons het gewen. My broer het nie teen my gekompeteer nie, maar saam met my.

Die lewe het soveel meer betekenis wanneer dit vir óns gelewe word – ‘n moeilike een om te sluk in ons Westerse kultuur van oordrewe individualisme.  

En miskien is dit wat Christopher Mcandless, wat alles prysgegee het (later ook sy lewe) om sy heil in die wildernis van Alaska te soek, bedoel het toe hy die volgende woorde neergepen het:

“Happiness [is] only real when shared”.

– Amo is ‘n vryskutskrywer en studenteleraar by Shofar in Stellenbosch. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Amo

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.