Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Amo O'Kennedy

Harde les te leer uit Arabiese opstande

2012-12-10 09:09
Tweets Share Share line Print

Ons was in ‘n agterplaas-oorlog gewikkel.

Soos in enige ander oorlogstyd, was hierdie laerskool-oorlog gekenmerk deur innovasie en groot tegnologiese vooruitgang.

Dit was in die hitte van die geveg toe my broer ‘n wapen wat nog nooit in hierdie soort skermutseling gebruik is nie, onwettig na vore bring – die tuinslang.

Tot in hierdie stadium was dit onskuldige cowboys and crooks met speelgewere wat gevuur word, en geweerskote-klanke wat sommer uitgeroep word.

My broer het egter die onskuld uit die pyp geskiet en water op ons laat neerreën. Sy verhewe wapentuig het my en my geallieerde vriende heeltemal oordonder. Daar was geen uitkomkans nie. Instinktief het ons die voorbeeld van ons Afrikaner-voorouers gevolg en oorgegaan tot guerrilla-oorlogvoering.

Hy het dit nie sien kom nie. Ek het hom van agter bekruip terwyl hy gewetenloos aanhou vuur. Daar, terwyl ek agter hom staan, maak ek toe die monster van alle wapens los – en skiet hom met ‘n straal geel piepie teen sy rug.

Dit was die einde. Ek het te ver gegaan. Iemand het my ma geroep.

Al wat ek verder onthou is hoe ek met my eie hande urine uit ‘n broek en hemp was. ‘n Vernederende ervaring.

Die les wat ek geleer het: jy beveg nie water met piepie nie. Water hoef nie uitgewas te word nie, piepie moet wel.

Nuus uit Arabië se stowwerige agterplaas het hierdie ondeunde, maar tog leersame, ervaring by my opgeroep. 

‘n Vlaag opstande het die Arabiese wêreld sedert Desember 2010 getref. In Tunisië, Egipte, Libië en Jemen is staatshoofde onder dwang onttroon – en dit lyk of Bashar al-Assad van Sirië se diktatorskap ook naby aan ‘n einde is. Groot dele van Noord-Afrika, Wes-Asië en die Midde-Ooste is en word steeds deur hierdie wydverspreide opstande geraak.

Die opstande volg ‘n kenmerklike patroon. Massa-optogte word gereël deur landsburgers om uiting aan hul mishaag met die regering te gee. Die owerhede reageer en dit loop uit op gewelddadige skermutselings. Mense sterf en word beseer aan beide kante. In sommige gevalle gaan die skermutselings oor in ‘n volwaardige burgeroorlog tussen rebelle en owerhede, soos in Libië en Sirië – dit alles in die naam van vryheid.

Die opstande was en is in die naam van vryheid – ‘n edele einddoel – maar iewers ruik ek alreeds die reuk van urine. Iewers is daar te ver gegaan.

Hoe lyk (of ruik) die Arabiese wêreld nou? Wat is die vrug van die Arabiese lente?   

‘n Paar demokratiese verkiesings het plaasgevind. So is Hosni Mubarak met Mohamed Morsi van die Moslem Broederbond vervang. Die nuutverkose Egiptiese president het nie op hom laat wag nie en op 22 November reik hy ‘n uitvaardiging uit wat hom in staat stel om “enige besluit [te] neem of wet in te stel wat finaal is en nie geapelleer kan word nie”.  Morsi het intussen die uitvaardiging herroep.

Libië ná Gaddafi is besaai met Amerikaans geborgde wapentuig. Nie net die goeie manne is bewapen nie, maar soos ons met die onlangse aanval op die Amerikaanse konsulaat in Benghazi besef het, het militante hulleself ook gehelp.

Sirië se burgeroorlog stuur waarskynlik die urine-reuk die sterkste die lug in. Daar is soveel partye in hierdie geveg gewikkel, wat beteken dat die einde van die oorlog nie noodwendig saam met die onttroning van die president met die Hitler-snorretjie gaan kom nie. Die rebelle, die aktiviste, al-Assad se weermag en ook militante en ekstremistegroepe is almal rolspelers, en sal almal hul aandeel in ‘n “demokratiese” Sirië wil hê.

Die rebellegroepe funksioneer onder die mantel van die FSA (Free Syrian Army). Die wantroue in die FSA groei egter daagliks weens verskeie ongerymdhede in hul optrede. Magsbeheptheid, verkwanseling van buitelandse hulpfondse en roekelose oorlogvoering is van die redes vir die groeiende misnoë. 

Intussen het die Arabiese lente se groot vriende, die jihadiste, ook hul verskyning gemaak in die vorm van die Al-Nusra Front, wat Sirië nog meer polariseer. In hierdie stadium van die geveg in Sirië, die land waar Paulus die verblindende lig teëgekom het, is dit slegs die lig van gevuurde ammunisie wat die diep donker breek.

Iets ruik nie lekker nie. Iemand gaan baie piepie (en bloed) uit klere ná hierdie Arabiese lente moet was.

– Amo is ‘n vryskutskrywer en studenteleraar by Shofar in Stellenbosch. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Amo

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.